Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 September 201021 September 2010

Jimmy die onbeskostigbare

Jimmy Page
Jimmy Page & Robert Plant

Groot ontsteltenis heers in Engeland rondom die 66-jarige kitaarlegende van Led Zeppelin, Jimmy Page, se visuele outobiografie wat later vandeesmand gaan verskyn. Die rede? Wel, die allemintige boek van 512 bladsye se aanbevole verkoopsprys beloop £445 (R6,675!) Volgens die uitgewers se persvrystelling is die rede hiervoor dat hierdie visuele dokument van Jimmy Page se loopbaan en lewe uit 700 foto’s bestaan wat op spesiale papier gedruk is. Vir hierdie rede is daar ook op ‘n beperkte oplaag van net 2,500 besluit. Catherine Roylance, mede-eienaar van Genesis Publishers, se antwoord was kort en kragtig: Hierdie boek is ‘n ‘handcrafted work of art’ het sy glo gebrom.

En solank haar bankbesonderhede begin nagaan.

Uiteraard is die vele getroue aanhangers van die man wat op sy dae gereken was as die voorste kitaarspeler ter wêreld woedend. Volgens die berig op The Independent se webblad het van hulle soos volg reageer: “This price is beyond the price that we mere mortals, who helped make him and supported him when he was less well off, can possibly pay for,” […] “For that price he’d better deliver it to my house and read it to me.” […] “Thanks a lot for pricing your picture book out of the hands of 98% of your fans, Jimmy – we appreciate your thoughtfulness.”

Jimmy Page het self op die uitgewer se webblad op dié ontsteltenis geantwoord: “I’ve really got a lot of time for the way Genesis (the publishers) produce their books, they’re really quality items,” het hy gesê. “As someone who’s always been interested in having a library themselves, I appreciate fine bookbinding and their whole ethic of what they do and what they’re trying to do with a whole catalogue of books.” Aan The New York Times het hy hom tydens ‘n onderhoud soos volg uitgelaat: “I’ve been approached to do an autobiography, but I thought that was the least attractive way of doing a book. So I thought it would be quite interesting to do a photographic autobiography … a career in pictures.”

Nou ja, toe. Vir jou leesplesier plaas ek die lirieke van die bekende “Dazed and confused” onder an vanoggend se Nuuswekker. (En asseblief, moenie die ironie van die slotreël mis nie, hoor …)

***

Soos dit hoort na ‘n fees is daar vanoggend ‘n stortvloed nuwe inhoud op die webblad. So is daar nuwe blogs deur Edwin Fagel (by Wisselkaarten), Andries Bezuidenhout, Jo Prins, Carina Stander, Johann Lodewyk Marais  en Desmond Painter. Ook is daar ‘n belangrike persvrystelling oor die Ingrid Jonkerprys-debakel en prof. Dorothea van Zyl se huldeblyk aan M.M. Walters wat vroeër vanjaar tagtig geword het …

Voorts neem ons vanoggend afskeid van die Nuwe Stemme-bloggers wat vir ses maande hul kollektiewe blog met groot sukses bedryf het. Aangesien ons graag meer inhoud via die Brieweboks wil genereer – en ook omrede ons die beskikbare blogbladsy(e) vir ander doeleindes benodig – sal hul bydraes voortaan in die Brieweboks geplaas word. (Terloops, dieselfde uitnodiging geld vir enige persoon wat aan die “groter gesprek” rondom die digkuns wil deelneem.) Hul stukke wat verskyn het, sal egter steeds behoue bly en kan by die Nuwe Stemme-skakel in die skakelkolom gevind word.

Lekker lees aan alles en maak tog seker dat die struikrowers op hul plek tussen die bosse bly.

Mooi bly.

LE

 

Dazed And Confused

Been Dazed and Confused for so long it’s not true.
Wanted a woman, never bargained for you.
Lots of people talk and few of them know,
soul of a woman was created below.

You hurt and abuse tellin’ all of your lies.
Run around sweet baby, Lord how they hypnotize.
Sweet little baby, I don’t know where you’ve been.
Gonna love you baby, here I come again.

Every day I work so hard, bringin’ home my hard earned pay
Try to love you baby, but you push me away.
Don’t know where you’re goin’, only know just where you’ve been,
Sweet little baby, I want you again.

Been dazed and confused for so long, it’s not true.
Wanted a woman, never bargained for you.
Take it easy baby, let them say what they will.
Will your tongue wag so much when I send you the bill?

© Led Zeppelin / Jimmy Page & Robert Plant (Van die album Led Zeppelin I)

 

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d