Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
27 September 20106 September 2013

Desmond Painter. Nog iets oor sluipskrywer Crito

Crito
Crito

Dit verbaas my altyd dat LitNet se sluipskrywer, Crito, soveel positiewe terugvoer op sy ‘metaresensies’ kry. Dit is sekerlik nie ‘n slegte konsep vir ‘n blog nie, maar vir my klink sy ‘analises’ te dikwels na lukrake uitsprake, en soms is hy gewoon ongemotiveerd en onregverdig in sy kritiek. En hy lees dikwels swak.

Hierdie week maak hy byvoorbeeld ‘n paar vreemde (meestal negatiewe) opmerkings oor Hennie Aucamp se resensie van ‘n Uys Krige briewebundel in laasweek se Die Burger. Hy begin so: “Ek het dié resensie talle kere herlees die afgelope dag, en al hoe sterker begin voel dat dit een van daardie kuriositeite is wat mens moet uitsny en in ‘n plakboek bewaar.”

Dit word gou duidelik dat Crito die resensie nie bloot wil uitknip en bewaar omdat hy dink dit goed is nie. Nee, Crito reken dit is “‘n resensie wat mens telkens meer van Aucamp vertel as van Krige – so al asof dit geskryf is met die bykomende doel dat dit eendag gebundel sal word in ‘n bloemlesing van soortgelyke skryfwerk deur Hennie Aucamp.” 

As Aucamp sy resensies met herpublikasie in bloemlesings in gedagte skryf mag dit dalk verklaar waarom hulle so deeglik en stilisties so fyn afgewerk is, maar ek dink nie dit is wat Crito wil insinueer nie. Dit klink vir my asof hy Aucamp daarvan wil-wil beskuldig dat Aucamp met sy resensie homself eerder as die boek onder bespreking probeer dien. Maar wat is die punt van so ‘n insinuasie? En as dit nie ‘n insinuasie is nie, wat dra die opmerking by tot ‘n kritiese lees van die resensie? Ek verstaan nie.

Maar Crito insinueer nie net nie, hy maak ook stellings — merkwaardige stellings, nogal, vir iemand wat die resensie volgens eie getuienis vir ‘n dag lank telkens herlees het: “Soms lewer dit [die resensie -DP] groot koddighede op: ‘Ek stem nog volkome saam met myself wanneer dit by uitsprake oor die leerjongenskap van Krige kom …’ Dit is werklik belangrik om dit te weet, net jammer dat ons nie weet waar en wanneer hy [Aucamp – DP] hom voorheen oor die leerjongenskap van Uys Krige uitgelaat het nie. Sal maar moet wag vir die Aucamp-bloemlesing.”

Nou ja, hierdie opmerking is gewoon nonsens, en dit maak die insinuasie van ego-gedrewenheid alte meer onverskoonbaar. Aucamp maak dit inderdaad eksplisiet duidelik waar sy vorige skrywe oor Uys Krige se briewe verskyn het. Lees maar self: “Hierdie resensent [m.a.w. Aucamp – DP] het toegang ­gehad tot die briewe, en kon dus ’n opstel skryf, ‘Die leerjongenskap van Uys Krige’, vir sy werkboek vir kortverhaalskrywers, Die ­blote storie 2.” Dit staan daar, duidelik vir enigiemand om te lees.

Nou vra ek jou… en ek vra dit onder my eie naam!

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Hennie Aucamp. Laaste brief aan Lucas Malan
Andries Bezuidenhout. Ek loop vir Hennie Aucamp in die Tankwa-Karoo raak →

2e gedagtes oor “Desmond Painter. Nog iets oor sluipskrywer Crito”

  1. Desmond Painter says:
    28 September 2010 at 06:35

    Hallo Daniel. Ja-nee, “dapper rammetjie-uitnek” is ‘n goeie beskrywing! Ek dink steeds sy blog kan pret en selfs nuttig wees, en ek wil myself en ander beslis nie vrywaar van kritiek op ons resensies nie; wat dit betref: go for it! Maar om darem sulke slordige, soms geniepsige kritiek te lewer, en dan onder die beskerming wat ‘n skuilnaam bied, is darem bietjie erg. En dan is Hennie Aucamp juis een van die deeglikste resensente in Afrikaans. Ek voel my nie juis geroepe om Aucamp te verdedig nie (sy reputasie sal ‘n anonieme LitNet blogger oorleef…), maar as ‘n kommentaar darem so vol insinuasies en onfeitelikhede is, moet mens protes aanteken!!

    Reply
  2. Daniel Hugo says:
    27 September 2010 at 16:09

    Desmond, ek is bly jy sit Crito op sy plek, daardie anonieme, dapper rammetjie-uitnek. Sy venyn teenoor Aucamp is nog meer bedenklik as ‘n mens besef dat hy voorheen Aucamp se uitgewer was.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Joan Hambidge. The upturn palm
  • Albi Prinsloo. Verlossing
  • Retha van Deventer. ekwilibrium
  • Hennie Maartens. Water

Nuutste bydraes

  • Elmarie Nienaber Van Kampen. trapklip no 12
  • Nuwe bundel van Miel Vanstreels
  • Marthé McLoud. 31 Desember 1997
  • AVBOB Persverklaring
  • Digtersprofiel: Daniel Hugo

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  2. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  3. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  4. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

  5. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.3 December 2025

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d