Dit gebeur nie dikwels dat ek ‘n gedig op die internet raaklees wat my só ontroer dat ek daaroor ‘n Nuuswekker wil doen nie; hoofsaaklik omrede Nuuswekker dit as oogmerk het om nuusgebeure en/of inligting oor te dra. Maar op Arsène Droogakkers se webblad, Nevski Prospekt, is ek met ‘n gedig van Eddy van Vliet gekonfronteer wat my soos ‘n voorhamer getref het. Ek kon gewoon nie verhelp om dié Nuuswekker daaromheen te probeer struktureer nie.
Droogakkers se inskrywing handel oor wat hy “vaderdigters” noem, met ander woorde, manlike digters wat oor hul vaders en gepaardgande pa-seun-verhouding skryf. Hy fokus grootliks op die Vlaamse digter Eddy van Vliet wat dikwels oor sy (afwesige) pa gedig het en veral oor die verlange na sy pa: “Bij van Vliet slorpt zijn ouweheer, naarmate ‘s mans afwezigheid in de loop der jaren des te sterker, alsmaar meer verzen op. In 2001, één jaar voor de publicatie van zijn laatste bundel ‘Gigantische dagen‘, bracht zoon Eddy immers een werk uit met als titel ‘Vader’. Bijna een halve eeuw, de kleine Eddy moet net geen twaalf zijn geweest toen vader Eugène voor altijd eventjes sigaretten ging halen in de winkel om de hoek, heeft de dichter zijn vader moeten missen. En zo’n gemis kankert bij van Vliet al in 1991 voor een groot stuk denderend in zijn poëzie.”
En dit het my aan die dink gesit oor ons eie “vaderdigters”; heelwat digters het immers al oor hul pa’s geskryf; helaas, meestal in ‘n negatiewe, afwysende toon. Positiewe verse is daar wel, maar dan, ironies genoeg, meestal deur vroue-digters (Lina Spies, Joan Hambidge, Marlise Joubert, en ander.) Toe onthou ek meteens George Weideman se aangrypende reeks “Homo Faber” oor sy pa se werksplek in Uit hierdie grys verblyf (1987: Tafelberg). Ai, watter onvergeetlike reeks gedigte is dít nie!
Onder aan vanoggend se Nuuswekker volg Eddy van Vliet se klein meesterwerk.
***
‘n Besonderse plasing vanoggend is die lang reeks nuwe gedigte uit ‘n ou laai wat in Fanie Olivier se gedigtekamer geplaas is. Ook is daar Toast Coetzer se brief aan Suid-Afrika in Keelskoonmaak. Onder die bloggers het Desmond Painter ‘n skerp kommentaar op Crito geplaas.
Geniet die alles.
Mooi bly.
LE
Vader
Vader. Ontkleed je. Nu het nog kan.
Toon mij wat de tijd heeft aangericht
sinds wij samen in bad zaten en ik bewees
dat waterdruppels elkaar willen raken.
Schaam je niet. Wij hebben dezelfde structuur.
De benen, de rug, de nagels en ontelbare gebaren.
Ik wil geen zevenentwintig jaar wachten
alvorens te zien hoe ouderdomsvlekken
zich verspreiden, de huid verslapt en
aderwanden het begeven.
Wijs mij wat er rest als de liefde
niet langer wordt bedreven.
Noem mij vrouwennamen en laat ons
berustend schateren.
Eddy van Vliet, uit: De toekomstige dief (1991)
Volgens my woordeboek is dit aarwande, Leon. Bloedvate. 🙂
Askies vir my onkunde, maar wat is “aderwanden”?
Dis ‘n briljante gedig. Inderdaad ‘n meesterstuk. Goeie aarde.