Andries Bezuidenhout. ‘n Lug vol helder wolke

Terug van Aardklop en Innibos – twee kunsfeeste ver uit mekaar op die landkaart, maar neffens mekaar op die kalender; blykbaar weens die sokker. By Innibos het ek aan nog ʼn uitgawe van Oopmond deelgeneem en by Aardklop aan Hardop!, asook ʼn paar ander gesprekke oor boeke. Ek sal probeer om so stuk vir stuk van al die gedigte-aksie hier in die noorde van die land te vertel – net vir die rekord – maar ek sal eers moet herstel.

Ek het ook ʼn paar dinge te sê oor Marlene van Niekerk se teaterstuk Die kortstondige raklewe van Anastasia W, asook Ingrid Winterbach se toneelstuk Spyt. Maar daarvoor sal ek eers tot verhaal moet kom.

Intussen is ek bly dat ek uiteindelik ʼn kopie van Karel Schoeman se roman ʼn Lug vol helder wolke gekry het. Ek soek al lank daarna, omdat dit al roman van hom is wat ek nog nie gelees het nie. Die kopie was eens die eiendom van Witbank (nou Emalahleni) se openbare biblioteek. Die handelaar van tweedehandse boeke, by wie ek dit gekoop het, sê hulle vind gereeld biblioteekboeke op ashope en dan probeer hulle dit maar weer in sirkulasie bring.

Marlene van Niekerk verwys toevallig in Anastasia W na ‘n Lug vol helder wolke.

Bookmark and Share

2 Kommentare op “Andries Bezuidenhout. ‘n Lug vol helder wolke”

  1. Marlise :

    Andries hier is ‘n lug vol helder stemme om na te luister! http://whatever.scalzi.com/2010/09/16/all-right-seriously-wtf/
    – ‘n kat-liriek!

  2. Andries Bezuidenhout :

    Ek moet net hierdie uitstekende, skreeusnaakse storie oor “‘n Lug vol helder wolke” hier byvoeg. Vir die rekord: http://www.rapport.co.za/MyTyd/Nuus/Op-soek-na-Karel-Schoeman-20110107

  •