Marilyn Monroe se dagboeke, waaroor Nuuswekker vroeër berig het, het nou pas verskyn en soos toe voorspel is, gaan dit die siening van hierdie ikoon totaal op sy kop draai aangesien Fragments (Farrar, Straus & Giroux, 2010) nie net dakboek-inskrywings bevat nie, maar ook minder bekende foto’s (soos die een hiernaas) en voorbeelde van haar digwerk. Verdermeer, volgens ‘n berig by De Contrabas, verskyn die Nederlandse vertaling hiervan, Ik ben alleen, vandeesweek nog by Uitgeverij Meulenhoff. Antonio Tabucchi se inleiding tot dié publikasie is volledig te lese op Athenaeu Boekhandel se webblad.
Die volgende aanhaling uit genoemde inleiding is ter sake: “Stijlicoon, glamour queen, sexy filmster, wereldberoemd actrice. Marilyn Monroe was het allemaal. Slechts zelden wordt ze gezien als schrijfster. In haar notities laat ze haar zorgvuldig gecultiveerde imago los en zien we haar van haar meest kwetsbare kant. Monroe komt in Ik ben alleen naar voren als een fijngevoelig en introspectief persoon wier gedachten over de pagina’s uitzwermen. Haar aantekeningen zijn vaak doordrenkt van melancholie en de lezer voelt met haar mee als ze na ellendige gebeurtenissen troost zoekt in een vel papier.”
Nietemin, ten tye van die vorige Nuuswekker was daar nog geen voorbeelde van Monroe se digwerk op die internet te vind nie; nou is daar wel die gedig “Sad, sweet trees” waaraan jy jou kan verlekker. Ook die oorspronklike vers – wat sy op die spyskaart van ‘n bekende hotelgroep geskryf het – kan bekyk word op AB se webtuiste. (Sjoe, om ‘n sinvolle gedig uit daardie gekrabbel te ontsyfer is reeds op sigself ‘n kragtoer!)
Vir jou leesplesier plaas ek dié betrokke gedig saam met die faksimilee onder aan hierdie Nuuswekker. (Kliek daarop om die afbeelding te vergroot.)
***
Sedert gister het daar heelwat leesstof bygekom op die webblad. So is daar ‘n resensie deur Bernard Odendaal oor Len S. Louw se bundel aan’t stap, asook inligtingstukke oor kreatiewe skryfkursusse aan die Universiteite van Kaapstad en Sellenbosch. By Keelskoonmaak is daar ‘n vers deur Jannie Malan, terwyl daar aan die blogkant van sake nuwe bydraes te lese is deur Leon Retief, Andries Bezuidenhout en Bernard Odendaal. (Welkom terug, Bernard!)
Inderdaad sommer ‘n hele emmer vol lekker leesstof.
Mooi bly.
LE
***
Sad, sweet trees –
I wish for you – rest
but you must be wakeful
What was that now –
just a moment ago –
from it was mine and
now it’s gone – like the
swift movement of a moment
gone –
maybe I’ll remember
because it felt
as though it started to be wonderful
only mine.
Sooooo many lights in the darkness
making skeletons of buildings
and life in the streets
The things What were was it I thought about yesterday down in the streets?
It now seems so far away up here long ago and moon so full and dark.
It’s better I learned they told me as a child what it was
for I could not guess it or understand it now-
Noises from of impatience from cab drivers always driving who must drive – hot,
dusty, snowing icy streets so they can eat, and perhaps save for a vacation, in which they will
can drive their wives all the way across the country to see her relatives-
Then the river – the part made of pepsi cola – the park – thank god for the park.
Yet I am not looking at these things
I’m looking for my lover.
It’s good they told me what the moon was when I was a child.
Oorspronklike titel Fragments
Kopiereg © LSAS International, Inc. 2010.