Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
5 October 20104 September 2013

Andries Bezuidenhout. Oopmond, Nelspruit, in beeld

Elke keer besluit ek voor die tyd dis die laaste keer wat ek dit doen en elke keer is ek na die tyd lus om dit weer te doen.

Ry Donderdagoggend by die lughawe verby om vir NP van Lykskou, ook bekend as Danie Marais, op te laai. Ry deur die Hoëveld, verby die kragdrade, mynhope, later net grasvelde, heuwels met koue damme en koeie wat stram wag vir die somer se eerste reën. Dan sak ons af Laeveld toe, verby Mbombela-sokkerstadion, tot in Nelspruit. Boek by die hotel in, vind ʼn kroeg oorkant die pad waar ons solank ʼn slukkie Jack Daniels en splinters ysberg kan kry.

Een vir een sluit hulle aan. Die seremoniemeester: Hoerneef (Melt Sieberhagen). Die digters: Joe Moer! (Johannes Prins), Breyten Lykverdag (Niel van Deventer), Rene Renaaisaans (Rene Bohnen). Ek (DJ Stotterman) en NP van Lykskou (Danie Marais) is reeds daar. Die musikante: Erik Klaphom (Nardus du Plooy), Steve Vaierband (Jaco Lotter) – beide van Die Kaalkop Waarheid, of DKW; en Kort Derm (Dawie de Jager) en Elvis Prinsloo (John-Henry Opperman) – van Klopjag. Heel laaste kom Ingrid Dronker (Ronel Nel), wat die hele konsep aanmekaargeslaan het, en Sheila Concussion (Charlene McKenzie), ons tellinghouer.

Dis heel eenvoudig. Twee spanne digters kry onderwerpe uit die gehoor om kitsgedigte van te maak. Hulle kry tien minute. Dan kry die musikante twintig minute om van die gedigte te toonset. Die gehoor stem vir watter span moet wen. Die resultaat – baie pret, ʼn paar nuwe gedigte en twee nuwe songs. Alles binne die bestek van bietjie langer as ʼn uur.

Ons debrief by Aardklop. Ingrid Dronker wonder of sy nie beeldende kunstenaars ook moet betrek nie. Ek dink dis ʼn uitstekende idee!

"Voel Die Zen", of so iets...
Voel Die Zen, of so iets...

 

NP van Lykskou lees en Joe Moer! lag
Hoerneef hou al die lyne vas.
Kort Derm en Elvis Prinsloo toonset iets oor 'n renoster.
NP van Lykskou lees uit sy ouvre.
Rene Renaaisaans kyk na die berge en Breyten Lykverdag kyk toe.
DJ Stotterman en Ingrid Dronker drink en stotter.

Die foto’s het ek van Oopmond en Rene Bohnen se Facebook sites gesteel. Skaamteloos. Gaan loer hier vir meer.

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Andries Bezuidenhout. Oopmond vanaand in Nelspruit
Johann Lodewyk Marais aangewys as feesdigter vir Innibos se 10de verjaarsdagviering →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk
  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert

Nuutste kommentaar

  1. Stephan du Toit on Stephan du Toit. Geboorteland13 January 2026

    Baie dankie Marthé.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  3. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  4. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d