Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
6 October 20106 October 2010

Boeliemoer, kom ons praat hieroor …

Twisgesprek
Twisgesprek

Daar bestaan in die algemeen ‘n eensgesindheid dat dit goed gaan met ons digkuns tans. Maar nou ja, soos ‘n mens al in jou meer siniese momente gedink het: Wanneer jy dink dat dit goed gaan, is dit gewoon omdat jy nie noukeurig genoeg kyk nie. So was daar onlangs kommentare oor die magdom mense wat gedigte skryf, maar dit nooit lees of koop nie.

En pas is daar ‘n belangrike gespreksdokument in die Brieweboks geplaas met ‘n aantal pertinente vrae wat pleit om beantwoord, of aangespreek, te word. Dit is naamlik die brief wat van Juan “Boeliemoer” Coetzer, ‘n ongepubliseerde digter, ontvang is en ‘n uiteensetting gee van ‘n hele aantal frustrasies en knelpunte wat hy as ontluikende digter binne die teenswoordige Sisteem ervaar.

Enkele van die aspekte wat hy in sy lang betoog uitsonder, is die volgende:

“Die sosio-aktuele digter wat die relevansie van ars-poëtiese en ander gedigte bevraagteken, word uiteindelik die slagoffer van sy eie moraliteit. Wie sosio-aktueel praktiseer, sien betrokke poësie as net so irrelevant. `n Gedig doen niks vir `n gemolesteerde kind of `n gemoerde vrou nie. Dalk het poësie juis die transendensie van menswees nodig om die wanbalanse van selektiewe moraliteite in die literatuur te besweer. Die mens verlos poësie van selfbelastheid. Die digter is tematies vry.”

“Kommersiële realiteite maak dit deesdae bykans onmoontlik vir enige digter om met ‘n volledige bundel te debuteer. Aangesien die ingeligte leserspubliek hulle agterdog jeens bundels wat buite uitgewersverband verskyn selde prysgee, moet aspirerende debuutdigters wat gelees wil word, begin in versamelbundels vir debutante. In hierdie verband speel Nuwe Stemme toenemend ‘n belangrike rol. Word `n eensydige benadering gevolg in die saamstel van hierdie bundels, kan die poësie van die toekoms die produk wees van benaderings wat nie altyd billik was nie en selfs die gevolg was van bevooroordeelde fabrisering. Die samestellers van Nuwe Stemme het vanweë verskeie redes `n magsposisie rondom die toekoms van die Afrikaanse poësie verkry.”

“`n Oorbeheptheid met vernuwings- en assosiëringstendense en enige ander absolutistiese benadering, lei poësie na die dreigende hebbelikhede van `n geslote subkultuur. Poësie kan doen sonder paternalisme, onbillikheid, gefabriseerdheid, selektiwiteit en veral eksklusiwiteit – potensiaal- en identiteitsondermynende boelietegnieke wat eerder tuishoort by bendes, sektes en kultusse.”

Ensovoorts, ensovoorts, ensovoorts. Myns insiens ‘n uiters belangrike plasing wat verdien om volledig en met aandag gelees te word. En om op te reageer, want – reg of verkeerd – hierdie is die persepsies wat oor ‘n breë front onder ons poësieliefhebbers en (jonger) digters bestaan.

Juan Coetzer se volledige brief kan hier gelees word.

***

Ai, watter voorreg is dit nie om vanoggend se nuwe plasings aan te kondig nie! Sedert gister het daar inderdaad besonderse stukke bygekom. Afgesien van die bydrae tot Brieweboks hierbo, is daar twee belangrike huldeblyke, onderskeidelik deur Charl-Pierre Naudé (oor MM Walters) en Marius Crous (oor Wilhelm Knobel). Ook is daar nuwe bloginskrywings deur Andries Bezuidenhout en Jo Prins; albei met heelwat insiggewende foto’s daarby …

En nog is het einde niet: in Keelskoonmaak kan jy Sara Dias se bydrae lees.

So, geniet dit alles. Die week is amper daarmee heen.

Mooi bly.

LE

 

 

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

2e gedagtes oor “Boeliemoer, kom ons praat hieroor …”

  1. marcelle says:
    6 October 2010 at 11:03

    Dis is natuurlik alreeds Donderdag die 7de in my kop – ek is so opgewonde oor al die aktiwiteite dat ek nie eers meer weet wafferse dag dit is nie. DUS: môre môre môre! Maar gaan kliek sommer alreeds op die webwerf rond…

    Reply
  2. marcelle says:
    6 October 2010 at 10:56

    Die week mag dalk amper daarmee heen wees, Louis, maar vandag het darem nog ‘n paar ure oor – en dit is National Poetry Day in die VK! Diegene wat belangstel kan dalk gaan inloer by hulle webwerf om bietjie te lees oor wat alles hierdie kant van die waterplas plaasvind. http://www.nationalpoetryday.co.uk/

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Joan Hambidge. The upturn palm
  • Albi Prinsloo. Verlossing
  • Retha van Deventer. ekwilibrium
  • Hennie Maartens. Water

Nuutste bydraes

  • Elmarie Nienaber Van Kampen. trapklip no 12
  • Nuwe bundel van Miel Vanstreels
  • Marthé McLoud. 31 Desember 1997
  • AVBOB Persverklaring
  • Digtersprofiel: Daniel Hugo

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  2. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  3. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  4. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

  5. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.3 December 2025

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d