Soms moet ek ook werk; die dat ek die afgelope week so min geblog het. Maar moenie bekommer nie: van werk sal ek nooit ‘n gewoonte maak nie!
Ek wil graag vanoggend nog ‘n postkoloniale Britse digter hier bekendstel. Patience Agbabi is ‘n digter en ‘performer’ van Nigeriese afkoms. Sy is in Brittanje gebore (in 1965) en het in Londen en Noord-Wallis grootgeword. Sy is in 2004 genomineer as een van die Verenigde Koninkryk se ‘New Generation Poets’. Sy het tot dusver drie solobundels gepubliseer. Hulle is R.A.W. (1995), Transformatrix (2000) en Bloodshot Monochrome (2008).
Agbabi is veral as ‘performance poet’ bekend, en word gesien as iemand wat bygedra het tot die feminisering van Britse rap. Haar verse is dikwels onmiddelik in hulle aktualiteit en retoriese slaankrag, en haar onderwerpe sluit ras, seksualiteit, popkultuur, musiek en moederskap in. Sy beskryf haarself as biseksueel en bikultureel. Ten spyte van haar status as ‘n ‘performance poet’, en die belang van die stem en voordrag in haar werk, maak Agbabi dikwels, en gesofistikeerd, gebruik van tradisionele digterlike vorme en tegnieke. Sy is baie beslis ‘n digter en nie bloot ‘n ‘rapper’ nie. Onder haar belangrikste invloede noem sy beide Janis Joplin en Chaucer…
Ek hou veral baie van Agbabi se gedig Josephine Baker Finds Herself, waarin die tweede strofe ‘n presiese spieëlbeeld is van die eerste (‘n palindroom), ‘n tegniek wat sy myns insiens besonder effektief gebruik — sonder dat dit geforseerd of soos ‘n blote stilistiese foefie oorkom. Sy dra die gedig werklik uitstekend voor; kyk gerus hier.
Josephine Baker Finds Herself
She picked me up
like a slow-burning fuse. I was down
that girls’ club used to run in Brixton,
on acid for fuel. Lipstick lesbians,
techno so hardcore it’s spewing out Audis.
She samples my heartbeat and mixes it with
vodka on the rocks. I’m her light-skinned, negative,
twenty-something, short black wavy-bobbed diva.
She purrs La Garconne, fancy a drink? I say
Yes. She’s crossing the Star Bar like it’s a catwalk. So sleek!
A string of pearls, her flapper dress
studded with low-cut diamonds
through my skin, straight to my heart.
Twenties chic! She works
me up and down. I worship
the way she looks.
The way she looks
me up and down. I worship
twenties chic. She works
through my skin, straight to my heart
studded with low-cut diamonds.
A string of pearls her flapper dress.
Yes! She’s crossing the Star Bar like it’s a catwalk so sleek
she purrs, la garconne! Fancy a drink? I say.
Twenty-something, short, Black, wavy-bobbed diva:
vodka on the rocks, I’m her light-skinned negative.
She samples my heartbeat and mixes it with
techno so hardcore it’s spewing out Audis
on acid for fuel. Lipstick Lesbians,
that girls’ club used to run in Brixton
like a slow-burning fuse. I was down.
She picked me up.