
Gister is die Nobelprys vir Letterkunde bekend gemaak. En ag nou ja, dit het toe nie aan ‘n digter gegaan soos ons almal gehoop het nie, maar wel na ‘n verdienstelike skrywer, myns insiens, naamlik Mario Vargas Llosa, “for his cartography of structures of power and his trenchant images of the individual’s resistance, revolt, and defeat”, aldus Peter Englund, hoofsekretaris van die Nobelprys-komitee wat die aankondiging namens die Sweedse Akademie gemaak het. (Hiermee kan Llosa sy bankbalans met soveel as ongeveer 1 miljoen euro versterk; afgesien van die ekstra inkomste deur boekverkope en optredes wat dié prys tot gevolg sal hê.)
Oudergewoonte verskyn die beste berig oor dié bekroning op De Papieren Man. Maar myns insiens is die mees insiggewende kommentaar ‘n aanhaling op ons eie webblad wat daardie man met die onvergelykbare geheue, Gilbert Gibson, gaan haal het uit ‘n artikel oor Llosa wat in 1990 in People Magazine verskyn het: “When Mario Vargas Llosa was a boy, his father caught him writing poetry. That was not considered appropriate for boys in Peru’s macho culture, so, to teach his son to be a man, Ernesto Vargas, a middle-class businessman, enrolled him at age 13 in Leoncio Prado Military School. It proved a useful education, but not in the way his father anticipated. In 1963, at 27, Vargas Llosa-still a writer and, worse, a Communist-wrote his first novel, The Time of the Hero, about corruption and brutality at the Leoncio Prado Military School. The school held a public ceremony to burn 1,000 copies. Last month there was another ceremony: Vargas Llosa, now 54, was the guest of honor at a lunch for 800 of his former military-school classmates and teachers. Amid liquor and laughter, he warmly reminisced with his fellow alumni, who had gathered to give him their support in Peru’s April 8 elections. The former renegade, now a man of the political right, is running for President.”
Llosa is hiervolgens ook ‘n man met politieke aspirasies. So het hy in 1990 (tydens die berig hierbo) as onsuksesvolle presidentskandidaat gestaan teenoor Alberto Fujimori, wat toe die verkiesing gewen het, maar sedertdien verguis is.
Ter vertroosting vir digters wêreldwyd maak Dirk Leyman van De Papieren Man darem die volgende opmerking: “De bekroning van wat toch voornamelijk een prozaïst mag genoemd worden, is enigszins verrassend. Algemeen werd verwacht dat dit jaar een dichter zou winnen, al blijkt nogmaals dat niets zo moeilijk is als het voorspellen van een Nobelprijswinnaar. Het is van 1990 geleden dat een Latijns-Amerikaanse en Spaanstalige schrijver won, toen was dat de Mexicaan Octavio Paz.”
Nietemin, ten minste is dit ‘n skrywer wat bekend is aan die wêreld van lesers en ten minste is daar boeke beskikbaar oor dié enigmatiese skrywer. Vir jou verdere lees- en kykplesier kan jy kyk na ‘n videogreep waarin Llosa op die aankondiging reageer op The Guardian se webtuiste en ook ‘n oorsig van sy loopbaan ter lese kry. Indien jy wil luister na ‘n telefoniese onderhoud wat Adam Smith met die laureate gevoer het kort na die aankondiging kan jy dit hier vind op die Nobelprys-komitee se amptelike webtuiste.
***
Vanoggend kan jy Pieter Odendaal se volgende bydrae tot Keelskoonmaak lees, asook ‘n nuwe vers deur Danie Marais. Onder die bloggers is daar bydraes deur Andries Bezuidenhout en Lize Viljoen, wat eens ‘n Nuwe Stem was, maar nou vir Buiteblik vanuit Seoul skryf. Nog ‘n besonderse plasing, by Wisselkaarten, is Roel Richelieu van Londersele se bydrae oor Nic van Bruggens, een van Vlaandere se vergete digters.
En daarmee is dit reeds weer naweek; ‘n ding wat elke sewe dae gebeur, mits ons kan aanhou asemhaal … Nuuswekker hervat weer Maandag.
Mooi bly.
LE
En as hulle besluit het om ‘n Latyns-Amerikaanse digter te bekroon? My keuse: Ernesto Cardenal.
if there is an endless number of worlds, they say,
there is also a world where napoleon won the battle of waterloo.
and a world where she requited my love, in granada.
but these worlds and ours will never find each other.
quantum waves are vibrations of the possible.
“quantum waves” they called empty waves.
but in quantum theory there exists no “nothing”.
and an electron “literally has no dimension”.
or:
“to our understanding it is no object.”
(an electron)
the particles are no firmer and no more durable,
they say, than a stream of water from a fountain.
for heisenberg, less substantial than a promise.
if space-time was visible, they believe,
it would have the shape of foam.
bertrand russell still owes an answer to the cab driver.
very old, he hailed a cab and the cab driver recognized him and asked:
“so, what is it all about?”
for the first time in his life he could not respond.
when the universe expands:
then from which centre does it expand?
or is each point the centre?
then the centre of the universe
is also our solar system,
also our planet
(and she, who once was it for me).
Hier’s ‘n interessante stuk oor hoekom (volgens die outeur van die stuk) Ngugi wa Thiong’o eerder die Nobelprys moes gewen het:
http://www.guardian.co.uk/books/booksblog/2010/oct/08/ngugi-wa-thiong-o-nobel-prize-literature
Ek stem saam met Breyten Breytenbach in Die Burger: Llosa is ‘n uitstekende skrywer, ‘n goeie keuse, maar as hulle ‘n Latyns-Amerikaner wou bekroon sou Carlos Fuentes die meer inspirerende keuse gewees het.