Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 October 201014 October 2010

Springgety vir Britse digters

John Cooper Clark
John Cooper Clark

Daar bestaan nogals breë konsensus dat dit tans besonder goed gaan met die Britse digkuns. So is die ledetal van die Poetry Society die hoogste wat dit nog ooit in sy 100-jarige bestaan was. “Poetry is experiencing a boom,” het Judith Palmer, direkteur van die Poetry Society, gesê. “In our busy, fragmented lives, being able to engage with something meaningful and thoughtful which can keep you going through the day with only a small amount of reading, taps into how we experience life at the moment,” het sy bygevoeg.

In die rede vir dié toename in gewildheid? Ten eerste, die prominente teenwoordigheid van digkuns by die vernaamste musiekfeeste in Brittanje (iets wat nogal herinner aan die blogs wat Andries Bezuidenhout nog onlangs oor Oppikoppi geskryf het) en tweedens, die oorlog in Afghanistan en Irak wat poësieliefhebbers weer terugdwing na die digkuns van oorlogsdigters soos Siegfried Sassoon en Wilfred Owen.

John Cooper Clark, Brittanje se vernaamste punkdigter en voormalige meeloper van The Sex Pistols, The Fall, Joy Division en Arctic Monkeys, stem volmondig saam met Palmer: “It’s cooler than ever before. It is cool,” het hy gesê. “Every 25 years it (poetry) becomes cool for a fortnight. You can do it with a dictaphone and a rhyming dictionary – it is the most un-exclusive means of communications, anyone can do it.”

Nog ‘n bewys van die groeiende belangstelling in die digkuns is die inskrywings vir die Foyle Young Poets of the Year Award wat van 2,500 in 2003 gestyg het tot 6,000 vanjaar.

Volgens Holly Hopkins, ‘n voormalige wenner van die Foyle Young Poets Award, verdien die internet egter ook erkenning vir dié opbloei: “Facebook and Twitter are allowing young people to find other people who are interested in poetry and it’s a great way of saying, ‘I’ve read this book. It’s brilliant you should read it too. It allows people to discover new poets instead of just reading what your teacher told you was good.”

Nogtans – en dit is nou volgens die berig op Red Dragon FM se webtuiste – word dié groeiende populariteit nie gereflekteer in die verkope van digbundels nie. Volgens die berig verkoop daar maar steeds net enkele honderd kopieë van bundels; selfs van meer gevestigde (en bekende) digters.

Hoekom hierdie berig vir ons eie digkuns van belang is? Wel, ek dink dat alles wat hierbo gesê is, net so van toepassing is op ons eie situasie hier ter lande. Ons beleef tans ‘n enorme opbloei in produksie sowel as populariteit; vir watter rede ook al. En nog steeds is die verkope van digbundels maar so-so …

En verstaan ek nie. Sug.

Nietemin, vir jou leesplesier plaas ek een van John Cooper Clark se gedigte onder aan hierdie Nuuswekker. Lees, geniet en besef dat ons eie rockpoet, wat soms bekend staan as Roof Bezuidenhout, sommer etlike desibels beter is … Boonop tree hy saam met sy band, Brixton, Moord & Roof, op in die Vrystaat hierdie naweek. Maar, nou ja. Indien JCC jou laat snak na jou asem, kan jy meer daarvan hier te lese kry.

***

Vanoggend is daar hoeka twee blogs oor rock & roll en al daai dinge: Andries Bezuidenhout oor die reeds genoemde Vrystaat-toer en Desmond Painter oor ‘rock & roll in’ie eikestad’. En tot lof van oordaad kan jy jou In Keelskoonmaak verlekker aan Andries Bezuidenhout se “brief” aan Suid-Afrika. (Toe maar, ek weet. Maar dit alles vanoggend is ‘n kopknik na een van ons meer entoesiastiese besoekers aan hierdie webblad wat my gister gebel het en onomwonde verklaar het het dat Andries met sy ‘blue coller’-blogs haar gunsteling blogger is …) En, ten slotte, is daar ‘n nuwe bydrae deur Edwin Fagel oor die kwessie van verdraagsaamheid in Wisselkaarten.

Lekker lees, dus.

En geniet jou dag in die mooiste van mooi streke.

LE

  

ACTION MAN

 

give him scars and khaki to wear
remove his balls, he’ll go anywhere
he doesn’t speak, he doesn’t dare
death sneaks, he isn’t scared
minus balls, he doesn’t care
jacks beware, action man.

 

he can ack-ack Ackrington, bomb Berlin
reduce your car to a heap of tin
wage war, what’s more – win
punctured skin means nothing to him
the human grenade minus pin
that’s him, action man

 

a chin with a thin Kirk Douglas cleft
squad by the bleeding left
don’t shout he’s deaf
head over heels in love with death
beware of the wrath of the man bereft
no marriage plans for action man

 

© John Cooper Clark (Uit: Ou est la maison de fromage, s’l vous plait)

 

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert
  • AVBOB Persverklaring

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  2. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  3. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Oratio obliqua8 January 2026

    Maar dan gaan Claes laer op die dieselfde bladsy (deur my vertaald) soos volg voort: "Elke mens deel met sy…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d