Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 October 201018 October 2010

Poetry International Web fokus op Suid-Afrika

Liesl Jobson
Liesl Jobson

Die nuutste uitgawe van Poetry International Web fokus op Suid-Afrika en wel vanweë ‘n uitstekende artikel wat Liesl Jobson, redakteur by Book SA en mede-instandhouer van die Suid-Afrikaanse kamer op PIW (saam met Charl-Pierre Naudé), geskryf het oor die regering se voorneme om die media ‘onder beheer’ te bring. En, veral nadat Freedom House – die internasionale organisasie wat vryheid van spraak wêreldwyd monitor – Suid-Afrika in April van “vry” na “gedeeltelik vry” gedegradeer het, is hierdie insiggewende oorsig van Jobson ‘n onhutsende leeservaring.

In die artikel haal sy Raymond Louw, adjunkvoorsitter van SANEF (South African National Editors’ Forum), sowel as Suid-Afrika se PEN-organisasie, soos volg aan: “We don’t have sufficient detail on the proposed media tribunal to know what’s in the ANC’s mind at this point; we’ve made some suppositions and heard hints, but can’t properly assess it for lack of details. But anything imposed by an outside body, in this case, Parliament on the media, could have very serious consequences for society, and appears unconstitutional. Clause 16 enshrines the freedom of expression and freedom of the media,” het hy gesê en ook daarop gewys dat die media tans die enigste onafhanklike, nie-kommersiële, instansie is wat hom vir die instandhouding van die Grondwet beywer.

“A self-regulatory Press Council is currently in operation. Devised by the media, it abides by a code drawn up and accepted by the media, and runs itself as a media institution with a retired journalist as the ombudsman. If the public gains control of such a body, it is, by definition, no longer self-regulating. It would be imposing external standards, no matter how bold, how full of integrity the representatives of such a council would be. The standards imposed would not be media standards and, therefore, would transgress Clause 16,” het hy verduidelik.

Onder aan die betrokke artikel is daar ‘n lang lys van toepaslike skakels na ander verbandhoudende inligting en kommentare. (Terloops, ‘n massa-optog in Kaapstad na die Parlement word glo deur die pasgestigde organisasie “Right2Know” vir 27 Oktober beplan.)

As leestoegif plaas ek vanoggend Adam Small se gedig “Doemanie” onder aan die Nuuswekker.

***

Sedert Vrydag het daar ‘n hele gerf nuwe inhoud bygekom. Onder Wisselkaarten is daar bydraes geplaas deur Chris Coolsma en Ester Naomi Perquin; by Buiteblik ‘n stuk deur Marie-Alice Boshoff en onder ons vaste bloggers, nuwe bydraes deur Philip de Vos en Jelleke Wierenga.

Geniet dit alles en laat hierdie week punte tel.

Mooi bly.

LE

 

Doemanie

‘n Proefiet van Jesus djỳ?
‘n proefiet?
djy moet djou palys-hys
djy moet djou aeroplane-motorkar
djy moet daai kamma sêd smile van djou
en djou tears
en djou woerawarra op die pulpit
moet djou skorrelsvol braai-atappels en – vleis?

djou hys ‘n woestyn? nou sal mens djou verbeel!
en hoe lyk dit moet djou kale pote vi’ daai streamline ding
hoe lyk dit moet djou toega vi’ die vel van ‘n kameel
hoe lyk dit moet daai skorrelsvol vi’ sprinkane en wille hiening?

 

 

(c) Adam Small (Uit: Kitaar my kruis, 1961: HAUM)

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Resensie: “Strik” (Gerhard Barkhuizen)
  • Anne-Marie Bartie. Kidnapping-accused mom told State witness she sold Joslin Smith to a sangoma, court hears

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. T.T. Cloete en John Donne
  • Jakes Möller. Vergesig
  • Jacques Boshoff. Skoonmaakdag
  • Gerard Scharn. dirge
  • Willem M. Roggeman.

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Gerard Scharn. dirge5 March 2026

    Treffende ironie. Die hart sing sy solodeuntjie.

  2. Bernard Odendaal on Willem M. Roggeman.5 March 2026

    Boeiend.

  3. Willem Hendrik Meyer on Kan iemand help?4 March 2026

    Dis wel my werk wat ek gedoen het vir die Oor die einders van die bladsy projek van die Noordwes…

  4. Alwyn Roux on Kan iemand help?4 March 2026

    Hierdie is die werk van Hennie Meyer.

  5. Petra Pienaar-Nel on Joan Hambidge. T.T. Cloete en die kanon3 March 2026

    Uit watter bundel kom die gedig oor Leopold?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d