Ron Silliman wapper ‘n gróót vlag

Ron Silliman

Ron Silliman

Ron Silliman, Amerikaanse digter en instandhouer van Ron’s Blog, waaroor Nuuswekker al vantevore berig het, het die afgelope naweek ‘n besonderse mylpaal bereik met sy blog: sy 3,000,000ste  besoeker! En vir ‘n webblad wat hom uitsluitlik met die digkuns bemoei, is dit gewis geen geringe prestasie nie. Oor die agt jaar van sy bestaan het Ron’s Blog dus ‘n gemiddeld van 31,250 besoekers per maand ontvang.

“Writing the blog has taught me many things, some of which I anticipated, but more which I did not. I was right in my presumption that blogging – and the other forms of social networking that have risen in the eight years since I started down this path – offered poets a means of communicating with one another without the funneling process of the academy,” het hy op sy blog geskryf. “But I had no clue just how much the scale of poetry – the absolute number of practicing poets – had changed since, say, the 1970s. Or how much that in itself was transforming poetry. The fundamental fissures between literary traditions – and the deeper social values they embody – have not gone away, but these have been overwhelmed by the onslaught of new ideas, new aesthetics, new combinations that people are coming up with daily.”

Na dié openingsparagraaf gee hy ‘n lang uiteensetting oor die toename in publikasies en hoe die ontwikkeling van nuwe tegnologie die tradisionele boekbedryf bedreig en watter rol die internet het om te speel in dié verband.

En dan, die volgende: “The real task facing poets, beyond the blank page or screen we confront every day, will be in defining how best to set up the networks so that our writing is able to reach the people who will be most apt to find it useful, challenging, even thrilling. This would be an excellent moment for poets not to be like so many tic birds atop the rough dry skin of the industrial publishing rhino. […] The explosion of the scale & scope of English language poetry over the past half century does not mean, however, that its new “vast” scale enables poetry to simply set sail adrift from the remainder of the book community. But it would be good to look with a fresh eye at where poetry might be similar to the rest of the publishing universe as well as to where it might be different, with an eye to taking advantage of those differences as they emerge.”

Weereens, uitsprake wat eintlik net so op ons eie situasie van toepassing is, want persoonlik vermoed ek dat ons digkuns nog nooit vantevore in soveel gedaantes voor haar bewonderaars kom staan en pronk het nie: van die tradisionele boekpublikasies tot musiekfeeste, van lirieke tot advertensies, internet tot pamflette, CD-opnames tot feeste. Voeg nog daarby die verwilderende verskeidenheid ten opsigte van styl en tema in ons eie digkuns en jy besef dat ons inderdaad in ‘n bloeitydperk soos min staan; al reflekteer die verkope en akademiese rugsteun nog nie dié tendens ten volle nie …

Maar hierdie Nuuswekker wil oor die gebruik van die internet en die promosie van poësie in die kuberruim handel. Hoe vergelyk hierdie webblad wat hom uitsluitlik met die digkuns van ‘n besonder klein en bedreigde taal aan die verkeerde kant van die aardbol probeer handhaaf met dié reuse van die internet? Uiteraard is statistiek nie van alle poësie-tuistes beskikbaar nie (gerugte wil dit hê dat Lyrikline – wat uitsluitlik op vertaalde poësie konsentreer – die grootste ter wêreld is), maar wat ek wel weet is dat De Contrabas sedert einde Augustus 2005 ‘n totaal van 2.4 miljoen besoekers ontvang het teen ‘n gemiddeld van ongeveer 48,000 per maand; Ron’s Blog met hul 31,250 besoeke per maand is dus ietwat kleiner. Versindaba, wat maar nog ‘n babatjie in die speelraam is, kon darem die afgelope twee maande selwers spog met besoeke bokant die 25,000-kerf. Daarom verbaas dit nie dat ons ons tans 204.5% bokant die wêreldgemiddelde ten opsigte van besoeke aan poësie-webtuistes bevind nie; bladlese is 126.9% bokant die wêreldgemiddelde. (Nog ‘n statistiek wat vir ons van besonderse belang is, is dat dié besoeke uit 88 lande ontvang word. Hieronder is Nederland, België, die VSA, Engeland, Kanada, Duitsland, Namibië en Brasilië (!) die vernaamstes.)

Vergun my dus om hierdie Nuuswekker met Ron Silliman se dankbetuiging af te sluit: “In the meantime, thank you for coming by, for reading, and for your support.” Met elke kliek van jou muis op hierdie webblad maak jy die Afrikaanse digkuns sterker, want dit plant die voet wat ons tussen deur en kosyn probeer forseer, net stewiger op die grond van prominensie. Om nie eens te praat van sóveel mense wat hul bydraes op so ‘n indrukwekkende manier lewer nie … Dankie, dankie, dankie.

Die digkuns weier immers om te gaan lê in die graf wat daarvoor voorberei is.

***

Vanoggend kan jy jou verlekker aan die resensie wat ons residensiële resensent, Bernard Odendaal, gelewer het oor Johann Lodewyk Marais se bundel,  Diorama, wat onlangs by Protea Boekhuis verskyn het. In Keelskoonmaak is daar ‘n gedig deur Juan Coetzer geplaas.

Lekker lees en geniet die dag wat op hande is …

Mooi bly.

LE

 

 

Bookmark and Share

2 Kommentare op “Ron Silliman wapper ‘n gróót vlag”

  1. Nee dank jullie, om zo’n mooie ‘webtuiste’ te beginnen! Ik geniet bijna elke dag , vanuit Belgie, van Versindaba!

  2. Louis :

    Welkom, Runa! Hoop dat jy sommer nog lank plesier aan die webblad sal hê … Neem gerus deel aan die gesprekke, hoor. 🙂

  •