Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 October 201020 October 2010

Meander vier 15 jaar op die internet

Meander
Meander

Laat ek dit nou maar erken: vir my en Marlise sal die Nederlandse webtuiste Meander altyd ‘n besonderse betekenis hê, want dit is via ‘n gedig van Marlise wat op Meander verskyn het, wat ons by mekaar uitgekom het. Daarom dat ons verheug is dat Meander hierdie maand hul 15de bestaansjaar op die internet vier; saam met die 400ste uitgawe van hul Nuusbrief.

Hierdie nuus word soos volg deur Rob de Vos, stigtersredakteur van dié inspirerende webblad, aangekondig: “Op 1 mei 1993 maakte Xs4all internet openbaar toegankelijk in Nederland. Eerlijk gezegd is me dat toen volkomen ontgaan. Pas in het najaar van 1994 ontdekte ik dat er zoiets bestond als internet. Al een jaar later onstond Meander. En dat is nu vijftien jaar geleden. Bovendien is dit het 400e nummer van onze e-mailkrant. Dubbel feest dus. “

‘n Dubbele fees, inderdaad.

Meander dien natuurlik ook as inspirasiebron vir ons eie webblad. Soos hier kan jy op hul webblad gedigte vind, onderhoude, artikels en ook nuus oor wêreldpoësie. Gaan kyk gerus en teken sommer in op hul weeklikse Nuusbrief. Dit is gewis die moeite werd.

Ter viering van die 400ste uitgawe van hul Nuusbrief het Rob de Vos hul gereelde medewerkers gevra om elkeen ‘n gunsteling gedig uit die 15 jaar van hul bestaan te kies. Vir jou leesplesier plaas ek Yvonne Broekmans se keuse, ‘n gedig deur Jan Doornbos, onder aan vanoggend se Nuuswekker.

Maar ek wil graag afsluit met die volgende …  In 1999 het Rob de Vos ‘n oorsigartikel van hul eerste vier jaar op die internet geplaas. Aan die einde van sy artikel het hy die volgende doelwit gestel, wat eweneens net so geld vir ons eie webblad: “Tegenover dat geweld van veel geld en niet al te veel smaak, zullen we moeten proberen Meander steeds meer een eigen karakter te geven. Een site als Meander zal nooit hele hoge bezoekcijfers halen, maar het is belangrijker dat de bezoekers die er komen Meander ervaren als een site met inhoud. Een site waar men terug wil komen.”

Inderdaad. Doe zo voort, Rob. Julle is ‘n inspirasie vir vele navolgers.

***

Vanoggend kan jy jou verlekker aan nuwe blogs deur Desmond Painter en Carina Stander. In Keelskoonmaak is ‘n bydrae deur Tertius Kapp en in sy gedigtekamer, ‘n nuwe vers deur Johann Lodewyk Marais.

Geniet dit.

LE

 

Pijngrens

Wat stop je in een tas als je niet weet
of je weer thuiskomt? Tandenborstel,
ondergoed, vergetelheid voor twee. Foto’s
zijn zinloos en wat je ook inpakt

wat je ook hier laat, dit huis is verloren
als jij het verlaat.

Zo ligt het kleinste deel van mij in ons
bewusteloze bed, de linkerarm
ontheemd, de lippen afgesneden, een oog
op gisteren gericht

en ineens is de verwarmingsketel dood.
Buiten huilen al jouw bomen –
de oleander, de Chinese roos – en de uil
roept deze nacht vergeefs. Nee,

ik hoefde niet te helpen,
dat is nooit de vraag geweest.

 

(c) Jan Doornbos

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

2e gedagtes oor “Meander vier 15 jaar op die internet”

  1. Redaksie says:
    21 October 2010 at 19:40

    Maria, wat ‘n heerlike paar komplimente. Baie dankie daarvoor.
    Vogueaanse groete vir jou!

    Reply
  2. maria says:
    21 October 2010 at 05:34

    Versindaba is visueel net mooier as Meander – die kleure, die komposisie, die skoonheid so sonder die flikkerende fieterjasies van advertensies maak van Versindaba ‘n werklik aanngename lees & luister avontuur. Kortom, Versindaba spreek van styl en dit is altyd lekker om styl te ervaar – ja, Versindaba laat my aan Vogue dink, as ek nou so daaraan dink. Dankie, doe so voort.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Stephan du Toit. Geklief
  • Margaret Cordier. Die mens as bouer
  • Joan Hambidge. George Steiner en Gerrit Kouwenaar
  • Joan Hambidge. Road Rage
  • Digtersprofiel: Lynthia Julius

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d