Nie almal hou van digkuns nie …

Wayne Stewart

Wayne Stewart

Sug. So ontdek ek tot my verbystering enkele dae gelede dat nie almal wat asemhaal die digkuns bejubel nie. Is dit móóntlik het die besef deur my vertederde binneste gegalm … Maar nou, ja. Dit wil my voorkom asof dit wel so is.

Neem nou byvoorbveeld die geval van ene Wayne Stewart, ‘n verslaggewer by BBC, wat ‘n poësie-aangeleentheid moes gaan bywoon en geen geheim gemaak het van sy renons in dié bepaalde kunsvorm nie. Ryan Morrison, ‘n kollega van Stewart, het hom versoek om sy antagonisme op skrif te stel, wat hy toe gedoen het. (En ai, het hy liewerster maar nié …)

Nietemin, Stewart het die volgende definisie van poësie as uitgangspunt geneem aangesien die wortel van die kwaad synses insiens hierin opgesluit lê: “Poetry is an imaginative awareness of experience expressed through meaning, sound, and rhythmic language choices so as to evoke an emotional response. Poetry has been known to employ meter and rhyme, but this is by no means necessary.”

Die res van sy vitrioele betoog lees soos volg: “I will try and chose my words carefully, or at least intend to. I don’t want to offend any poets but then I don’t want to befriend any either. I hate poetry. The above definition outlines some general principles on which poetry is based but then states ‘this is by no means necessary’. So from what I can tell a poem can be whatever you want it to be. How is writing a poem an achievement? Like writing the rules to your own game so that you will win regardless of the outcome. Is the quality of a poem defined by how much it is enjoyed by the reader/audience? It seems to me that the only people who enjoy poetry are people who write poetry, like it’s all one big ‘in-joke’. It’s like a group of people who were never good at anything decided to just make up something to be good at. I can’t help but feel poets are just showing off and that they’d like you to think that it’s not the poem that is bad, you just don’t understand it.”

Die skerpste pyl het hy egter vir sy slotparagraaf gelaat: “So this week I will be seeing “The Petty Concerns of Luke Wright“, Wright’s fourth solo poetry stage show, described by The Stage as ‘one of his strongest shows to date – witty, inventive and, at times, quite raw”, but who’s to say that reviewer isn’t in on the ‘joke’. I will have an open heart and mind, I will let poetry into my life for one night, like the ex-girlfriend who wants just one more chance, will I discover a whole new side to her, or is she still an annoying cow?”

Sug. En nou sit ook ek met ‘n gemoed vol vertwyfeling …

Nodeloos om te sê: Ek kon géén gedigte van Wayne Stewart op die internet vind nie. Maar sy relaas kan op BBC se webtuiste gelees word. (My klein wraak is uiteraard die keuse van meegaande foto hierbo.)

***

Vanoggend is daar ‘n besonderse artikel deur Johann Lodewyk Marais oor “Shaka“, ‘n half vergete gedig van DJ Opperman, waaraan jy jou kan verlekker. Aan die blogkant van sake vertel Lize Viljoen van Halloween in Hong Kong en Philip de Vos lewer die tweede aflewering in sy kostelike reeks oor sy hond.

Pure pret! Hoe kan iemand nié van die poësie hoe nie?! Mmm, dit skrei ten hemele …

Mooi bly.

LE

 

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •