Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
28 October 201028 October 2010

‘n Digter se antwoord op geweld

Zakariya Amataya
Zakariya Amataya

Die suidelike provinsies van Thailand is klaarblyklik van die mees gewelddadige ter wêreld. So staan die dodetal na ses jaar van geweldpleging reeds op meer as 4,400. Volgens ‘n berig op The New York Times se webtuiste is die mees vreesaanjaende aspek van dié geweldpleging die feit dat dit nie duidelik is wie vir die moorde verantwoordelik is en wat hul oogmerk daarmee is nie. Verdermeer word die situasie gekompliseer deur etniese en godsdienstige belangegroepe: “The insurgents are Muslim and ethnically Malay, and the Thai Army units sent here to fight them are largely Buddhist.”

En in die middel van dié moeras van geweld staan Zakariya Amataya, ‘n 35-jarige digter, wie se debuutbundel pas met die Southeast Asian Writers Award bekroon is. Dit is die vernaamste eerbetoon wat ‘n skrywer in Suidoos-Asië kan ontvang.

Die New York Times se beriggewer het dit soos volg gestel: “Mr. Zakariya’s work strips out the nationalism of the conflict and brings a measure of humanity to the terror and faceless victims. Through his work he seeks to move beyond questions of identity, he says. ‘With my mind and thoughts I can decide who I want to be,’ he (Zakariya) said. ‘I want to value humans more than ethnic groups or nationalities.'”

Volgens Adul Chantarasak, voorsitter van die paneel beoordelaars, oorskry Zakariya se digkuns alle grense: “We didn’t know who he was or where he came from,” het hy glo gesê en Zakariya se gedigte as “powerful and intense” beskryf. “It travels across time and space. It is thought-provoking and encourages our imagination to think and rethink.”

Dit was die eerste keer in die 32-jaar bestaan van dié gesogte prys dat die sewe lede van die beoordelingspaneel se beslissing eenparig was.

Vir jou leesplesier plaas ek een van Zakariya Amataya se korter verse onder aan vanoggend se Nuuswekker.

***

Vanoggend is daar twee nuwe bydraes om te geniet. Andries Bezuidenhout skryf daaroor om ‘close reading‘ op die openbare diskoers toe te pas en Jelleke Wierenga bepeins die kwessie van liefde en veral liefdespoësie in die mooiste, mooiste maand.

Geniet dit alles.

Mooi bly.

LE

 

Oh, father, please put out the fire that is burning our land.
Father, take all the water buckets we have and pour them
On those cherry seeds so that they might grow back
From the ashes and remains of the city.
Butterflies will flutter across our forests again.
And if water won’t put out the roaring fire,
Father, take my tears.

© Zakariya Amataya (Uit: No Women in Poetry)

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

2e gedagtes oor “‘n Digter se antwoord op geweld”

  1. trekboer says:
    29 October 2010 at 07:07

    Ek dink nie ons is in ‘n staat van oorlog nie, net maar ‘n staat van morele verval waar ‘n menselewe kleingeld geword het. As mense nie vir mekaar omgee en selfrespek het nie, dink hulle enige norm geld. As ek nie het nie, kan ek maar vat want die lewe skuld my iets. Ons lees die Grondwet net uit die lig van ons eie ego. Ek het die reg op, ek het regte. Niemand praat van verpligtinge nie. As elkeen wat het net op ‘n persoonlike basis sy hand sal uitreik na sy naaste en duidelik maak dat hy die pyn van ongelykheid verstaan en dit probeer verlig, kan ons dalk eendag ‘n nuwe bedeling hê. Ons kan ongelykheid nooit uitwis nie want ons is nie gelyk nie, party is slim, talentvol en vindingryk en ander is dom, talentloos en swak van begrip, maar die wat het kan meer meelewend wees. Ons kan weer ‘n gemeenskap word waar ons aanhoudend kritiek lewer op wat in ons samelewing skort, maar ook met oplossings probeer kom. Om soos die minister van wat ook al voor te stel dat die plakkers van die rivierwalle verban word, los niks op nie. Daar moet werk wees en genade, daar is werk as mense wil werk. Paaie om te bou. My ooms het vir 1/6 ‘n dag paaie gebou in 1933 en vir 2/ ‘n dag die Hartebeespoortdam met pik en graaf tot stand gebring. Maar handewerk het ‘n skande geword, ‘n teken van agterstand. Trots op werk bestaan nie en dan is dit makliker om te roof en as dit ‘n lewe of drie kos, so what!

    Reply
  2. Lewies Botha says:
    28 October 2010 at 09:10

    Ek is nie seker hoe vergelykingswaardig Thailand se Suidelike provinsies met die RSA is nie, sal moet wiki. Tog sidder ek oor die feit dat in die bestek van dieselfde 6 jaar, 102 000 moorde in RSA gepleeg is. (Die nuutste statistiek deur die SAPD is 17000 per jaar, ‘n verbetering van die vorige sowat 18000) As ons nie in ‘n staat van oorlog verkeer nie dan weet ek nie wat om die slagting te noem nie gesien die konflik in Thailand 4400 lewens in 6 jaar geeis het.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Joan Hambidge. The upturn palm
  • Albi Prinsloo. Verlossing
  • Retha van Deventer. ekwilibrium
  • Hennie Maartens. Water

Nuutste bydraes

  • Elmarie Nienaber Van Kampen. trapklip no 12
  • Nuwe bundel van Miel Vanstreels
  • Marthé McLoud. 31 Desember 1997
  • AVBOB Persverklaring
  • Digtersprofiel: Daniel Hugo

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  2. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  3. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  4. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

  5. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.3 December 2025

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d