Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 November 20102 November 2010

Nogeens, Ted Hughes se laaste brief

Ted Hughes & Sylvia Plath
Ted Hughes & Sylvia Plath

Die openbare gestoei rondom Ted Hughes se gedig “Last letter” wat deur sy weduwee, Carol Hughes, uit die argiewe van die Britse Biblioteek opgediep is en aan Melvyn Bragg van die New Statesman oorhandig is vir publikasie enkele weke gelede, wil steeds nie bedaar nie. Dié gedig, waaroor Nuuswekker ook vroeër berig het, handel oor die nag van Sylvia Plath se selfmoord en word allerweë beskou as die ‘donkerste’ gedig wat hy ooit geskryf het; Carol Ann Duffy het dit soos volg beskryf: “It seems to me to be the darkest poem that he wrote about the death of Sylvia Plath. There is a kind of deafening agony, blinding agony to this new poem. It seems to touch a deeper, darker place than any poem he’s ever written.”

Die gedig is nié opgeneem in Hughes se manjifieke Birthday Letters nie, en is nooit deur hom voldoende afgerond vir publikasie nie. Uiteraard het die plasing daarvan tot heelwat openbare debat oor die etiese aspekte rondom dié aangeleentheid aanleiding gegee.

Nietemin, ‘n deeglike, en uiters insiggewende oorskou-artikel deur Mark Ford is pas deur The New York Times gepubliseer. Hierin word onder andere ‘n hele aantal feitefoute in Hughes se gedig uitgewys en ook op die teenstrydighede in die reaksie op die plasing daarvan gefokus.

Wat my egter in Ford se artikel getref het, is die bykans terloopse vertelling van die insident toe die vervreemde egpaar so ampertjies versoen geraak het. Plath het glo tydens dié belangrike gesprek ‘n kopie van ‘n Shakespeare-teks gesien wat sy weke vantevore tydens ‘n woede-uitbarsing aan flarde geskeur het en wat nou wonderbaarlik genoeg herstel en in Hughes se boekrak was. Verbaas het sy die boek opgetel, dit oopgevou en die inskripsie voorin raakgelees. En dit was die einde van enige (moontlike) versoening. Want die inskripsie was deur Assia Wevill, die vrou wat verantwoordelik was vir die verbrokkeling van hul huwelik.

Dié insident word beskryf in die gedig “The inscription” wat wel in Birthday Letters opgeneem is en onder andere die volgende onvergeetlike reëls bevat:

Wondering, with unbelieving fingers,
She opened it. She read the inscription. She closed it
Like the running animal that receives
The fatal bullet without a faltering check
In its stride.

En ai, hoe tragies is die verloop nie van dié moment tot met die slotreëls van sy ‘laaste brief’ aan Plath nie …

Then a voice like a selected weapon
Or a measured injection,
Coolly delivered its four words
Deep into my ear: “Your wife is dead.”

Indien jy dit gemis het, kan jy gerus weer die vorige Nuuswekker oor dié gebeure lees. Johann de Lange was vriendelike genoeg om die volledige teks van “Last letter” as kommentaar daarby te voeg.

***

Vanoggend is daar weer heelwat nuwe bydraes om op te fokus: by Wisselkaarten lewer Chris Coolsma ‘n persoonlike huldeblyk aan Harry Mulisch en in die Buiteblik is daar ‘n bydrae deur Leon Retief oor ‘n reeksmoordenaar in Kanada; onder die vaste bloggers is daar nuwe plasings deur Andries Bezuidenhout met ‘n vertaalde gedig van Margaret Atwood en Jo Prins wat ‘n skakel geplaas het na ‘n rubriek van hom wat in Beeld verskyn het.

Ten slotte is dit vir ons aangenaam om Pieter Odendaal by ons vaste bloggers te verwelkom. Hy sal binnekort begin blog en ons is van mening dat hy ‘n besonderse aanwins vir die webblad gaan wees. Intussen kan jy gerus sy biografiese besonderhede hier gaan lees.

En daarmee is dit reeds weer die middel-van-die-week-dag. Geniet hom.

Mooi bly.

LE

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "wanneer woorde asemhaal" (Maritha Broschk) & "swartland" (Rudolph Willemse)
  • Sonja Loots in gesprek met Alwyn Roux oor "Weerskyn"
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius
  • Resensie: "aalmoes vir die bootman" (Andries de Beer)

Nuutste bydraes

  • Anne-Marie Bartie. kring van lafaards
  • Digtersprofiel. Jan de Bruyn
  • Charl-Pierre Naudé. Mymering
  • Joan Hambidge. Borges, Sheila Cussons en Johann de Lange
  • Persverklaring: Groot poësieprys ter ere van Breyten Breytenbach

Nuutste kommentaar

  1. Celesté Fritze on Celesté Fritze. Vergetedal16 May 2025

    Barbara, ek waardeer jou terugvoer

  2. Celesté Fritze on Celesté Fritze. Vergetedal16 May 2025

    Dankie vir die tyd en die waardering, Ena.

  3. Jacobus Swart on Jacobus Swart. Franz Kafka15 May 2025

    Beste mnr. Scharn Ek waardeer u kommentaar. Dankie dat u my werk gelees het.

  4. Dietloff Van der Berg on Resensie: “Feesmaalgang” (Dietloff van der Berg)14 May 2025

    Baie dankie Joan Hambidge vir die fyn lees en die hoog gewaardeerde slotsom.

  5. Gerard Scharn on Jacobus Swart. Franz Kafka14 May 2025

    Beste Jacobus Swart, het leven van Kafka kort maar compleet weergegeven. Tientallen boeken hoeven nu niet meer gelezen te worden.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d