Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 November 20102 November 2010

Nogeens, Ted Hughes se laaste brief

Ted Hughes & Sylvia Plath
Ted Hughes & Sylvia Plath

Die openbare gestoei rondom Ted Hughes se gedig “Last letter” wat deur sy weduwee, Carol Hughes, uit die argiewe van die Britse Biblioteek opgediep is en aan Melvyn Bragg van die New Statesman oorhandig is vir publikasie enkele weke gelede, wil steeds nie bedaar nie. Dié gedig, waaroor Nuuswekker ook vroeër berig het, handel oor die nag van Sylvia Plath se selfmoord en word allerweë beskou as die ‘donkerste’ gedig wat hy ooit geskryf het; Carol Ann Duffy het dit soos volg beskryf: “It seems to me to be the darkest poem that he wrote about the death of Sylvia Plath. There is a kind of deafening agony, blinding agony to this new poem. It seems to touch a deeper, darker place than any poem he’s ever written.”

Die gedig is nié opgeneem in Hughes se manjifieke Birthday Letters nie, en is nooit deur hom voldoende afgerond vir publikasie nie. Uiteraard het die plasing daarvan tot heelwat openbare debat oor die etiese aspekte rondom dié aangeleentheid aanleiding gegee.

Nietemin, ‘n deeglike, en uiters insiggewende oorskou-artikel deur Mark Ford is pas deur The New York Times gepubliseer. Hierin word onder andere ‘n hele aantal feitefoute in Hughes se gedig uitgewys en ook op die teenstrydighede in die reaksie op die plasing daarvan gefokus.

Wat my egter in Ford se artikel getref het, is die bykans terloopse vertelling van die insident toe die vervreemde egpaar so ampertjies versoen geraak het. Plath het glo tydens dié belangrike gesprek ‘n kopie van ‘n Shakespeare-teks gesien wat sy weke vantevore tydens ‘n woede-uitbarsing aan flarde geskeur het en wat nou wonderbaarlik genoeg herstel en in Hughes se boekrak was. Verbaas het sy die boek opgetel, dit oopgevou en die inskripsie voorin raakgelees. En dit was die einde van enige (moontlike) versoening. Want die inskripsie was deur Assia Wevill, die vrou wat verantwoordelik was vir die verbrokkeling van hul huwelik.

Dié insident word beskryf in die gedig “The inscription” wat wel in Birthday Letters opgeneem is en onder andere die volgende onvergeetlike reëls bevat:

Wondering, with unbelieving fingers,
She opened it. She read the inscription. She closed it
Like the running animal that receives
The fatal bullet without a faltering check
In its stride.

En ai, hoe tragies is die verloop nie van dié moment tot met die slotreëls van sy ‘laaste brief’ aan Plath nie …

Then a voice like a selected weapon
Or a measured injection,
Coolly delivered its four words
Deep into my ear: “Your wife is dead.”

Indien jy dit gemis het, kan jy gerus weer die vorige Nuuswekker oor dié gebeure lees. Johann de Lange was vriendelike genoeg om die volledige teks van “Last letter” as kommentaar daarby te voeg.

***

Vanoggend is daar weer heelwat nuwe bydraes om op te fokus: by Wisselkaarten lewer Chris Coolsma ‘n persoonlike huldeblyk aan Harry Mulisch en in die Buiteblik is daar ‘n bydrae deur Leon Retief oor ‘n reeksmoordenaar in Kanada; onder die vaste bloggers is daar nuwe plasings deur Andries Bezuidenhout met ‘n vertaalde gedig van Margaret Atwood en Jo Prins wat ‘n skakel geplaas het na ‘n rubriek van hom wat in Beeld verskyn het.

Ten slotte is dit vir ons aangenaam om Pieter Odendaal by ons vaste bloggers te verwelkom. Hy sal binnekort begin blog en ons is van mening dat hy ‘n besonderse aanwins vir die webblad gaan wees. Intussen kan jy gerus sy biografiese besonderhede hier gaan lees.

En daarmee is dit reeds weer die middel-van-die-week-dag. Geniet hom.

Mooi bly.

LE

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Resensie: “Strik” (Gerhard Barkhuizen)
  • Anne-Marie Bartie. Kidnapping-accused mom told State witness she sold Joslin Smith to a sangoma, court hears

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, Eddy van Vliet en “Hierdie mens”
  • Wat lees jy? “Klein Konings” deur Theo Kemp.
  • AVBOB Persverklaring
  • Marthé McLoud. Vaart op die Li-rivier
  • Digtersprofiel: Caren Kearley

Nuutste kommentaar

  1. Willem Van der Merwe on Willem S van der Merwe. Haai Koes!9 February 2026

    Dankie Joan! Ek sal mooi luister :)

  2. Joan Hambidge on Willem S van der Merwe. Haai Koes!7 February 2026

    Hoe lekker lag ons nou. Mooi! Luister na Oom Daan. Hy sal kies en uitsoek.

  3. Bernard Odendaal on Willem M. Roggeman. Mettertijd4 February 2026

    Boeiende gedig. Die “oprisping van seconden” later almal opkyk!

  4. Gerard Scholtz on Marius Scholtz. Breyten se reis na vryheid vanuit Pollsmoor2 February 2026

    Aandoenlik Marius. Dankie.

  5. Yves T'Sjoen on Marius Scholtz. Breyten se reis na vryheid vanuit Pollsmoor2 February 2026

    Veel dank, Francis, voor de interessante informatie. Beschik jij eventueel over een kopie van deze bijdragen? Zo niet ga ik…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d