In die nuutste uitgawe van Poetry International word daar onder andere gefokus op die 90-jarige Hubert van Herreweghen, nie net die oudste nie, maar inderdaad die indoena van die Vlaamse digkuns. Uiteraard het Van Herreweghen in sy lang loopbaan vele traumatiese gebeure beleef wat neerslag in sy digkuns gevind het. Vandaar dat sy gedigte in hoofsaak heel konvensioneel en somber was tot en met die bundel Aardewerk wat in 1984 verskyn het.
Volgens Carl de Strycker, wat vir die oorsigartikel verantwoordelik is, was dié bundel ‘n keerpunt: “The poet reinvented himself in terms of content, typography and metre. Van Herreweghen abandoned strict forms, and his elevated tone was exchanged for a conversational style. His work now tended towards the poésie pure of Guido Gezelle and Paul van Ostaijen. But there was also a thematic evolution. The sense of mortality was still prominent, but opposed to it there was now – in old age – a feeling of vitality. An increasing number of his poems celebrated in a light-hearted way the beauty and power of nature. The paralysing thought of death so prevalent in the earlier work gave way to a life-affirming attitude.”
Die bundel van Van Herreweghen wat verlede jaar verskyn het, Webben & wargaren, word eweneens as ‘n hoogtepunt beskou: “Webben & wargaren is a powerful encapsulation of everything that now characterises his poetry. The title is a metaphor of the way the poet experiences life: one is caught up within it and therefore cannot grasp it. If that originally produced anxiety in this poet, that anxiety has now morphed into a joyous bewilderment, articulated through resonant poems.”
Inderdaad ‘n gepaste huldeblyk aan ‘n digter met ‘n besonderse talent en duursaamheid.
Soos gebruiklik, ‘n gedig deur Hubert van Herreweghen onder aan vanoggend se Nuuswekker; uiteraard een wat ek kies met ‘n knipoog aan Philip de Vos na aanleiding van sy twee blogs oor sy hond.
***
Sedert Vrydag het daar heelwat nuwe inhoud bygekom op die webblad: Breyten Breytenbach het verslag van ‘n onlangse kort reis deur Belgieë, terwyl ‘n onderhoud wat met Mari Grobler gevoer is oor haar pasverskene bundel, Toe dit nog vroeg was. Aan die blogkant van sake het dinge omtrent gewoel … Pieter Odendaal het sy toetrede met twee blogs aangekondig: oor ‘n studenteprodukse, Nog ‘n Hamlet, wat hy onlangs bygewoon het, en ‘n tweede oor die lirieke van Sufjan Stevens. Johann Lodewyk Marais het Deel 12 in sy reeks oor Eugène Marais gelewer, terwyl Philip de Vos ons op sy kenmerkende manier vertel van sy besoek aan Stellenbosch te midde van ‘n aanval van Aandagsgebreksindroom (ADD). By Wisselkaarten is daar ‘n besonderse bydrae oor jazz deur Chris Coolsma wat jy kan geniet.
Ten slotte is dit vir ons aangenaam om bekend te maak dat Marlies Taljaard as blogger geregistreer is. Sy sal binnekort haar eerste bydrae lewer.
Lekker lees aan dit alles en mag die nuwe week jou telkens met vreugde verras.
Mooi bly.
LE
Brak
Het is een geur die gij moet vinden,
het is een spoor, geen onderdak.
Ik die de kriebeling beminde
die jong in mijn neusvleugels stak,
ik steek mijn neus in de vier winden
gelijk een afgerichte brak,
gewarige oren, poten strak.
Het is een geur die ik moet vinden,
het is een spoor, geen onderdak.
De geuren die de reuk verblindden,
‘t laf maanzaad en het klef gebak,
‘t geschifte zuivel in de spinde,
de zure rotting van het wak.
De honig van pioen en linde
verdoolt me en zet mijn poten strak,
mijn natte neus in de vier winden.
Het is een geur die ik moet vinden,
het is een spoor, geen onderdak.
© 1977, Hubert van Herreweghen
Uit: Verzamelde gedichten
Uitgewer: Orion, Bruges, 1977