Oor die kwessie van “konkrete poësie” voel ek maar altoos ambivalent; nie seker of dit as woordkuns of visuele kuns beskou moet word nie. Maar nou ja, dit is sekerlik belangrik dat die grense van ‘n bepaalde genrè deurentyd getoets moet word. Aangesien daar die afgelope jare toenemend kunstenaars is wat teks en visuele kuns begin integreer (Willem Boshoff, Pienaar van Niekerk, Johan du Plessis en Hennie Meyer, om maar net enkeles te noem), is dit sekerlik van belang om kennis te neem van dié fassinerende kunsvorm.
Een van die mees gedugte eksponente van dié genre is die 33-jarige Yslandse kunstenaar (digter?) Ragnhildur Jóhanns; daarom dat ‘n onderhoud met haar deur S.J. Fowler op 3:AM se webblad my aandag getrek het.
Op die vraag hoe haar kunswerke ‘gelees’ moet word, het sy soos volg reageer: “I am an artist, educated as an visual artist and I make art, it just so happens that my art is poetic and occupied with poetry. My poems are generally the byproduct of my art work and I thoroughly enjoy allowing flow between work – that the sculpture can be a poem, that, in turn, can be subject to performance, to sound, photographs, books. It’s because I’m an artist that I need to approach poetry in this way. I’m not even sure I could sit down and write a poem on paper, it would not give me the same pleasure as transfering works of poetry. I like considering the question of what is poetry? What can it be? Is a poem just text on paper or text as a visual form. Is a poem only what can be placed in a book of poetry, in print? To me these are interesting questions that I like to work with.”
Hieronder volg twee voorbeelde van haar werk, maar gaan lees gerus die volledige onderhoud by 3:AM. By hierdie skakel is daar nog van Jóhanns se kunswerke wat bekyk kan word.
***
Sedert gister het daar heelwat nuwe inhoud bygekom. So het Marlies Taljard haar toetrede as blogger met ‘n magtige stuk oor intekstualiteit aangekondig; Carina van der Walt het die tweede toonleer in haar reeks oor swart as tema gelewer, terwyl Andries Bezuidenhout, Jo Prins en Desmond Painter almal nuwe inskrywings op hul blogruimtes geplaas het. Dan fokus ek ook graag jou aandag op die gedigtekamer van Johannes van Jerusalem waar ‘n ode aan melankolie as nuwe gedig geplaas is, en Fanie Olivier s’n waar daar ses voorheen ongepubliseerde gedigte uit ‘n ou laai te lese is. In ligter trant is daar ook ‘n veelseggende strokiesprent oor digterskap wat Leon Retief ingestuur het.
Lekker lees en geniet die dag wat op hande is.
Mooi bly.
LE