Frances Lubbe het aangesluit by ons oorsese bloggers vir Buiteblik.
Frances het grootgeword op Stellenbosch en by Maties ‘n BA in Letterkunde en Filosofie verwerf. Na ‘n MA in Engelse Letterkunde by die Universiteit van Kaapstad, het sy as redakteur by Oxford University Press se Suid-Afrikaanse tak gewerk. Sy het daarna die noordelike halfrond se uitgewery wêreld betree – tans is sy ‘n kontrak-koördineerder by ‘n literêre agentskap in Londen, en ‘n deeltydse Regsstudent. Sy dien ook as leser by die agentskap, en keur daagliks nuwe manuskripte, maar is steeds op soek na die ‘groot nuwe roman’ en hoop om iets opwindends (en Suid-Afrikaans!) te ontdek.