Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
12 November 201011 November 2010

Sluikhandel in boeke

Struikrower
Struikrower

Nou ja, toe. Dit wil my voorkom dat daar geen belemmering bestaan wanneer dit by die ondernemingsgees van kriminele intensie kom nie. So blyk dit volgens ‘n berig op De Papieren Man dat daar ‘n grootskaalse sluikhandel in die Peruaanse Nobelpryswenner, Mario Vargas Llosa, se nuutste roman El sueño del Celta ontstaan het; in dié mate dat die Peruaanse regering (uiteindelik) genoop is om in te gryp.

Die amptelike publikasiedatum was verlede week Woensdag, maar die afgelope maand reeds was daar groot hoeveelhede roofkopieë in die strate beskikbaar teen ongeveer 7 euro per boek; bykans die helfte minder as die prys waarteen die boek in die handel verkoop gaan word. Die Peruaanse minister van Binnelandse Sake het nou luidens ‘n verklaring aangedui dat regstappe geneem gaan word teen die drukker wat vir dié roofkopieë verantwoordelik is.

Na beraming beslaan die sluikhandel in boeke ongeveer 40% van die totale boekmark in Peru. Volgens Alfaguara, die Spaanse uitgewer van Llosa se boeke, is dié syfer egter veel hoër. Hulle bereken dat daar vir elke wettige kopie in die handel soveel as sewe roofkopieë in omloop is.

Inderdaad is dit goeie nuus dat die regering nou uiteindelik bereid is om standpunt in te neem teen die onwettige verhandeling van boeke; ‘n probleem wat glo dekades reeds in Latyns-Amerikaanse state ondervind word. Trouens, ook Dan Brown se blitsverkoper, The Lost Symbol, was enkele jare gelede ‘n gesogte item in die geledere van struikrowers. (Lees hier.)

Sug. En mag ons plaaslike booswigte asseblief nóóit hiervan te hore kom nie …

***

Sedert gister het Johann Lodewyk Marais die 13de aflewering in sy reeks oor Eugène Marais geplaas, terwyl Marcelle Olivier ‘n besonder interessante blog gelewer het oor ‘n internasionale letterkundefees wat sy onlangs in Norwich bygewoon het.

En daarmee is die week alweer daarmee heen. Lekker lees en bly tog op uitkyk vir die struikrowers langs die pad. Hulle het immers die geneigdheid om ‘n mens se dag gruwelik te ontspoor …

Ons hervat weer Maandag.

Mooi bly.

LE

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk
  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert

Nuutste kommentaar

  1. Stephan du Toit on Stephan du Toit. Geboorteland13 January 2026

    Baie dankie Marthé.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  3. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  4. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d