
Nou ja, toe. Dit wil my voorkom dat wanneer dit by groen kwessies en die gepaardgaande stryd teen ekologiese aftakeling kom, sommige mense bereid is om meer op te offer as ander … En dikwels lei dit tot vreemde bedmaats; soms ook héél letterlik bedoel, lyk dit my.
So het die bekende Duitse skrywer, Charlotte Roche, pas via ‘n verklaring in Der Spiegel, haar self aan Christian Wulff, die president van Duitsland, beskikbaar gestel vir ‘n wilde nag van passie en bandelose seks indien hy sou weier om die wetgewing oor die voortgesette behoud van 17 kernkragsentrales in Duitsland te onderteken. Volgens die berig by De Papieren Man het Roche dié vrygewige aanbod vooraf met haar man bespreek, wat glo gulhartig ingestem het. “Nu moet alleen nog de First Lady instemmen. Ik heb ook tattoos,” het Roche gesê. Die tatoe waarna sy verwys, is ‘n afbeelding van Bettina Wulff, die 37-jarige vrou van die president, wat sy op haar bo-arm laat aanbring het.
Die aangeleentheid rondom die kragsentrales neem natuurlik sy aanloop vanuit wetgewing wat deur die vorige regering deurgevoer is en waarvolgens dié 17 kernkragsentrales gesluit moet word. Die nuwe regering het egter versoek dat dié besluit ter syde gestel word en die Federale Parlement het reeds die nuwe wetsontwerp ten gunste van die behoud van die kragsentrales op die tafel gelê. Al wat nou nog ontbreek, is president Wulff se handtekening. Vandaar die uitlokkende aanbod van die 32-jarige skrywer van die kontroversiële roman Feuchtgebiete (wat in Nederlands vertaal is as Vochtige Streken en Wetlands in Engels): “Het is niet zo dat uit de schaamlippenexperte nu ineens de atoomprotesteerder is voortgevloeid. Dat zijn slechts beelden die anderen over mij lanceren waarmee ik niets te maken heb,” het sy aan Der Spiegel gesê in reaksie op die kritiek wat sy deur hierdie aanbod op die lyf geloop het.
Of Wulff egter hierdie openbare aanbod ter harte gaan neem, is natuurlik te betwyfel. Miskien sal dit hom baat om die volgende uitsprake wat Roche tydens ‘n onderhoud met Salon gemaak het, ter harte te neem: “”You can clean and clean, and you won’t ever stop being dirty. My mother tried to raise me in a very liberated way. I was allowed to have sex at a very early age. I was allowed to bring boys over to the house because she didn’t want me fucking around in the woods. She’s a very strong, political feminist, and she raised me in a very feminist way, teaching me that as a girl, I can do everything a boy can do, there’s no problem. But still, the sexual stuff … she never managed to teach me that masturbation is a good thing. Although my mother was liberated, I still feel that if I have dirty knickers [underpants], I have to hide them from my husband. […] If I’m being really honest, on the one hand I want women to be liberated, but on the other, I have terrible problems. I think I’m too fat, although I’m probably too thin. It’s really difficult, for example, to live in a society like this with small tits. I don’t even believe my husband when he says he likes the way I look. He has to tell me 10 times a day and I still don’t believe him. I think he wants to fuck a blond, big-titted lady. You run around and you have complexes about everything. It’s so difficult to keep it out of your head. […] And it is not allowed for me as a young feminist to say that women are masochistic. I am and all my female friends are. We stand in front of the mirror, we are naked, and we feel ugly as fuck. We see everything as wrong. We try and fight our body to become prettier and work on it. It’s not at all free and self-confident. I don’t want it to be like that, but I see that it is. […] Contemporary women are supposed to be liberated, hedonistic, you can go out and get drunk, sleep around. But if we don’t have the words to describe the range of experiences other than the old negative ones, then nothing has really changed …The contemporary woman is supposed to be sexually available, as you say, but when a women is sick, she ceases to exist as a sexual being.”
Mmm, en ek seker dat Oom Sigmund sommer baie te sê sou gehad het oor dié bepaalde dame en haar flagrante drang tot self-promosie. Of is dit ‘n geval van ‘Die doel heilig die middele’? Ek vra maar net …
***
Na die stortvloed aan nuwe inhoud is daar vanoggend net twee nuwe plasings om aan te kondig. In Daniel Hugo se verskamer kan jy ‘n nuwe gedig deur hom lees en in die Buitebelik het Frances Lubbe haar eerste bydrae geplaas. Indien jy haar biografiese skets gemis het, kan jy dit hier te lese kry. Welkom, Frances! En dan, ten slotte, het Carina Stander laat gisteraand ‘n blog geplaas oor hoe dit is om rond te reis met ‘n klein rakker in jou sorg.
Lekker lees; ook aan die stukke waarby jy sedert die begin van die week nie kon uitkom nie.
Mooi bly.
LE
Nog iets oor self-promosie. By onderstaande skakel kan ‘n artikel, “The poetics of shameless self promtion”, gevind word. As lusmaker die volgende aanhaling: “When promoting your work for instance, you should not promote it directly or explicitly but do so obliquely, and pretend that you are doing something quite different. This feigning insouciance, this sprezzatura, is a social code and class marker with a cost: it blinkers insiders and makes them resist the power of direct expression.”
Gaan kyk gerus by: http://www.poetryfoundation.org/harriet/2010/11/the-poetics-of-shameless-self-promotion/