Desmond Painter. Die hart wat hunker na die Hooglande

Robert Burns (1759-1796) se “My Heart’s in the Highlands” bly ‘n gewilde gedig — omdat dit mense se verbondenheid aan en liefde vir ‘n landskap of ‘n plek verwoord, ja, maar ook om meer as dit. Burns se gedig is nie maar net nog ‘n patriotiese lied nie; nie bloot nog ‘n liriese ode aan ‘n vaderland of die geboortegrond nie, hoe verstrengel dit ook al oor die jare met Skotse nasionalisme geword het. Ek dink een van die redes waarom dit so gewild bly, is omdat die gedig menslike verlange in die algemeen, daardie rustelose hunkering na iets en iewers anders, so raak verwoord. Lees weer ‘n slag die koor om te sien waarvan ek praat: 


My heart’s in the Highlands, my heart is not here;
My heart’s in the Highlands a-chasing the deer;
A-chasing the wild-deer, and following the roe,
My heart’s in the Highlands wherever I go.

 

Nee, die Hooglande waaroor Burns hier skryf is myns insiens nie sommer bloot nog ‘n identifiseerbare plek nie; nie net nog ‘n stel koordinate op ‘n kaart nie. Dit is daardie “elders” waarvan Totius skryf in sy bekende gedig; dit is daardie onbepaalde maar gebiedende plek waar ons dink die lewe eintlik vir ons sal begin, soos Milan Kundera verwoord in sy romantitel Life is Elsewhere. Dit is Leonard Berstein en Stephen Sondstein se “Somewhere”… Jy weet waarvan ek praat: die letterkunde is vol van hierdie soort Hooglande. Tot ‘n groot mate is dit maar eintlik waaroor die letterkunde handel: “…my heart is not here / […] My heart’s in the Highlands wherever I go.” 

Ek luister tans redelik obsessief na Arvo Pärt se toonsetting van hierdie gedig vir orrel en kontratenoor in my kar. Pärt, en veral David James, die sanger op die opname waarna ek luister, vang die stil, melancholiese, hunkerende hart van Burns se gedig vas soos seker geen ander toonsetting van hierdie lied nie. Dit is werklik aangrypend; die oorgebruikte Engelse woord “haunting” is wel hier gepas. Jy kan hier daarna luister.

Dit herinner my aan nog ‘n uitstekende musikale kopknip in die rigting van Burns se gedig. Bob Dylan se “Highlands” is beslis deur Burns ingegee, al is dit nie ‘n toonsetting van die gedig nie. Lees die eerste paar strofes hieronder. Die lied verskyn op Dylan se album uit 1997, Time out of Mind; die ouer Dylan, dus. En wat ‘n wonderlike kontras vorm dit nie met die honende, snedige jong man wat indertyd gesing het: “How does it feel, to be on your own, like a complete unknown, with no direction home, like a rolling stone?”

[…] Well, my heart’s in the highlands, gentle and fair
Honey suckle bloomin’ in the wildwood air
Bluebells blazin’ where the Aberdeen waters flow
Well, my heart’s in the highlands, I’m gonna go there when I feel good enough to go.

Windows were shakin’ all night in my dreams
Everything was exactly the way that it seems
Woke up this mornin’ and I looked at the same old page
Same old rat race, life in the same old cage.

I don’t want nothin’ from anyone, ain’t that much to take
Wouldn’t know the difference between a real blonde and a fake
Feel like a prisoner in a world of mystery
I wish someone would come and push back the clock for me.

Well, my heart’s in the highlands, wherever I roam
That’s where I’ll be when I get called home
The wind it whispers to the buck-eyed trees of rhyme
Well, my heart’s in the highlands, I can only get there one step at a time. […]

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •