Pieter Odendaal. Vosse, bome en sterwende honde – enkele gedigvertalings

Ek het die afgelope semester Kreatiewe Skryfkunde by Willem Anker gehad. Ons eerste opdrag was om Louis MacNeice se gedig “Conversation” te vertaal, waarna die bliksem (Anker nou, nie MacNeice nie, en ek sê dit met deernis) vir ons die byna onvertaalbare “The Thought-Fox” van Hughes en “The Trees” van Larkin gegee het om te vertaal. Dis hondmoeilik om ‘n bekende gedig te vertaal – veral as jy die oorspronklike gedig al soveel keer gelees het dat dit half deel van jou is. Hierdie tipe vertalings klink dikwels bloot na afgewaterde wannabes van die oorspronklikes. Dis soos om Chopin se Nokturne in E-mol majeur of Beethoven se Maanligsonata te probeer uitvoer: As jy waaghalsig genoeg is om dié bekende stukke te speel, moet jy seker wees dat jy hulle nuut kan laat klink, asof die ink op die bladmusiek nog klam is van Frédéric en Ludwig se gekrabbel.

Ek sal eerder nie my MacNeice-vertaling hier plaas nie, omdat ek heeltemal te skaam kry daarvoor. Maar danksy Anker se leiding (en die input van my goeie vriend en ad hoc-adviseur, Marius Swart) voel ek dat my “The Thought-fox” en “The Trees” nie te sleg uitgedraai het nie. Ek plaas dié twee vertalings hieronder. Dan het ek ook onlangs vir die eerste keer een van my gedigte in Frans vertaal. Die gedig het so twee weke gelede op Litnet onder die titel “vir my sussie” verskyn. Ek plaas die oorspronklike weergawe en my vertaling onderaan. Dankie aan Dr. Levéel van die Franse Departement by die US vir sy bystand.

Die gedagtevos – Ted Hughes

Ek verbeel dié woud-oomblik om middernag:
Daar leef iets anders
naas die eensaamheid van die horlosie
En die leë blaai onder my skuifelende vingers.

Geen sterre skyn deur die venster nie:
Iets anders, nader
En tog dieper die duisternis in,
Kom die eensaamheid binne.

Koud en fyntjies soos die donker sneeu
Raak ‘n vos se neus aan takkies, blare;
Twee oë lei ‘n beweging, wat nou
en ook nou, en nou, en nou

Keurige afdrukke tussen bome
In die sneeu maak, en ‘n stuk skadu
Sloer versigtig langs stompe en in laagtes,
Die skadu van ‘n lyf wat ooptes vol bravade

Oorsteek, ‘n oog,
‘n groenheid wat verruim en verdiep,
Glinsterend en gekonsentreerd,
Besig met sy eie bedoelings

Tot hy met ‘n skielike skerp hete vosreuk
Die kop se donker gat binnekom.
Die venster bly sterloos; die horlosie tik,
Die bladsy is gedruk.

Die bome – Phillip Larkin

Die bome spruit weer blare uit
soos iets wat skaars versweë bly;
Die knoppies asem en versprei,
Hul groen die kleur van droewigheid.

Moet ons dan sterf en jaarliks kwyn
terwyl die bome siklies bloei?
Dis bloot ‘n lis van rus en groei,
Geskryf in ringe in die grein.

Tog bly die stamme boontoe skiet
soos kastele wat woed en dy.
Hul sê die winter is verby,
Begin opnuut, opnuut, opnuut.

vir my sussie

as ek swem onthou ek nog die somermiddae
en ons lywe wat die wolke op die water breek
jou groot oë as die creepy klikkend naderskuif
sodat jy na my toe aangeswem kom en styf
aan my kom klou; jou bene om my heupe en
‘n nuwe lyf wat voller in jou baaibroek pas

ma het gister oor lassie gebel en gepraat
oor ou honde wat nie meer kan swem nie
oor vlees wat te vinnig vergeet
jy’t hom glo eerste sien dryf

à ma sœur

quand je nage je me souviens des jours d’été
la manière dont nos corps dérangeaient les nuages sur l’eau
tes grands yeux quand le kreepy krauly rampait plus proche
tu nageais vers moi, enveloppant tes jambes autour de moi
ton maillot de bain se resserrait autour de ton nouveau corps

mère m’a téléphoné hier
elle m’a parlé de lassie
des vieux chiens qui oublient de nager
de l’étourderie de la chair
tu as été la première à le voir flotter

Bookmark and Share

2 Kommentare op “Pieter Odendaal. Vosse, bome en sterwende honde – enkele gedigvertalings”

  1. Louis :

    Pieter, hierdie is wonderlike vertalings! Welgedaan. Vir die vergelykende leesgerief van jou lesers plaas ek die twee oorspronklike gedigte hieronder.

    The Thought-fox

    I imagine this midnight moment’s forest:
    Something else is alive
    Beside the clock’s loneliness
    And this blank page where my fingers move.

    Through the window I see no star:
    Something more near
    Though deeper within darkness
    Is entering the loneliness:

    Cold, delicately as the dark snow
    A fox’s nose touches twig, leaf;
    Two eyes serve a movement, that now
    And again now, and now, and now

    Sets neat prints into the snow
    Between trees, and warily a lame
    Shadow lags by stump and in hollow
    Of a body that is bold to come

    Across clearings, an eye,
    A widening deepening greenness,
    Brilliantly, concentratedly,
    Coming about its own business

    Till, with a sudden sharp hot stink of fox
    It enters the dark hole of the head.
    The window is starless still; the clock ticks,
    The page is printed.

    © Ted Hughes

    The Trees

    The trees are coming into leaf
    Like something almost being said;
    The recent buds relax and spread,
    Their greenness is a kind of grief.

    Is it that they are born again
    And we grow old? No, they die too,
    Their yearly trick of looking new
    Is written down in rings of grain.

    Yet still the unresting castles thresh
    In fullgrown thickness every May.
    Last year is dead, they seem to say,
    Begin afresh, afresh, afresh.

    © Philip Larkin

  2. Pieter Odendaal :

    Dankie, Louis, en dankie vir die plasing van die oorspronklike gedigte.

  •