`n Mens gaan nie sommer net dood as jy `n kat in die woonstel het nie, skryf Szymborska. In haar gedig beklemtoon sy die kat se meerderwaardige posisie en sy eienaar se dienswillige verslawing. In Jonathan Franzen se jongste roman Freedom gaan hy selfs so ver as om katte die psigopate van die diereryk te noem. Tipies, want soos `n goeie vriendin altyd opmerk, `n kat het altyd so `n ag-fok-jou-houding.
Die kat kom weer – nes voëls en honde hulle verskyning maak in onder meer die eietydse prosa van Marlene van Niekerk of Anna Kemp. Die interessantse mens-kat-verhouding sedert Eliot en Lina Spies se werk het ek raakgelees in Hélène Cixous se Stigmata (Routledge Classics, 2005) wat deur Derrida in sy inleiding as `n groot klassieke werk beskou kan word, asook die beste inleiding tot Cixous se korpus van tekste.
Marta Segarra skryf in New Literary History (Winter 2006) dat Cixous nog altyd oor katte, haar eie katte en die kat as die bevoorregte ander van die subjek geskryf het. Honde speel nie so `n belangrike rol in Cixous se werk nie, maar die slothoofstuk in Stigmata getiteld “Stigmata, or Job the dog” handel wel oor honde. In `n enigsins vreemde passasie word die hond verhef tot `n soort martelaarsfiguur en word sy liggaam oortrek met luise “big as chickpeas” (259). Die subjek deel dan die hond se smart en lyding wanneer hy deur hulle gevreet word. Die hond gee sy liggaam om binnegedring te word deur die parasitiese ander en al wat sy eienaar kan doen, is om die goed van hom af te trek en medelye met hom te toon. `n Mens voel of jy terug is in die spreekkamer in Disgrace. Die luisgevrete karkas van die dier as heilige? Die stigmata van luisbyte? Die verheerliking van die bloeiende wond.
Cixous het nie verniet opgemerk aan die begin van The laugh of Medusa (1998) nie:
Woman must write her self: must write about women and bring women to writing, from which they have been driven away as violently as from their bodies. Women must write woman. And man, man.
Want lees mens haar eiesoortige stukke oor diere dan is dit wêrelde verwyder van iemand soos Wendy Woodward s’n. Laasgenoemde is `n plaaslike akademikus wat etlike studies oor diere in die letterkunde al onderneem het.
Cixous begin haar essay “Love of the wolf” met Clarice Lispector en gaan dan op die voetspore gaan van Tsvetaeva en skryf:
Love begins with a cat. A lost, accidental, fuzzy baby appears. A kitten one might think. A kitten par excellence: the found beast, the abandoned creature moving – as in Aeschylus’s Agamemnon. It comes into our home one fine morning, a poignant, mysterious poignant figure of the unplanned child,and without any need of a biological mother, or father for that matter.
This kitten given by nobody, a gracious creature, is loved without being asked its name (116)
Of verder aan vertel sy die verhaal van `n werknemer van Air France wat die lof van haar boeke besing en dan merk sy op dat sy tydens die gesprek besig is om die “soft and ferocious touch of my cat” (188) te streel, net om tot die besef te kom dat die kat haar ook as ‘n kat sien:
Between us no appropriation only moments of grace, without guarantee without security, without a glance thrown toward the moment. This is jouissance. Now.
Dit is egter in die langer sluitstuk van die boek,” Shared at dawn”, waarin sy die relasie tussen haar as denker en haar kat ondersoek. Sy begin selfs praat van “my cat and I” (235) In hierdie besinnende stuk skryf sy oor die vasgevange dooie liggaam van `n voël in die traliewerk van haar woonstel en haar pogings om te keer dat die kat die voël sien en probeer in die hande kry. Wanneer sy dan uiteindelik bewus word van die dooie voël, probeer die spreker alles in haar vermoë om haar weg te kry van die voël af. Ten einde laaste slaag sy daarin, maar dan neem die skuldgevoel oor:
Oh my god,what have I done? I’ve betrayed my counterpart, my betrothed, my little bride with the boundless heart: oh my god if that bird comes back I will give it to her, I swear – yes, it’s better that I swear, surer that way, yes, if it came back, I too would play with its lukewarm little body, I’d give it sharp little blows with my paw and I’d slit its throat cheerfully. (241)
Hier word dit nou amper sprake van “verkatting” (amper soos Cees Nooteboom wat van Ankatzen praat): die filosoof en skrywer word die beminde en bruidegom van haar geliefde troeteldier. Amper `n soort verfatsoenliking van bestuele liefde? Lief dier. Sy word vasgevang in die strik van die verleidelike kat; iets in ooreenstemming met Szymborska se reëls:
Something doesn’t start
at its usual time.
Something doesn’t happen
as it should.
Someone was always, always here,
then suddenly disappeared
and stubbornly stays disapppeared.(“Cat in an empty apartment”)
NS: vir Cixous
waar my kat my krap
merk sy my lyf
met haar stigmata
bloei ek vir bast