Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
25 November 201024 November 2010

Hermetiese digkuns krities beskou

JH Prynne
JH Prynne

Met die groeiende (wêreldwye) aanvraag na meer toeganklike poësie en die gepaardgaande kommersialisering daarvan, is die sub-genre van die digkuns wat tans erg bedreig word, sekerlik die sogenaamde hermetiese vers. Ook in ons eie digkuns is daar al kommer oor dié aangeleentheid uitgespreek.

J.H. Prynne, lid van die sogenaamde “Cambridge School”, word (glo) allerweë beskou as Brittanje se mees hermetiese digter en pas het daar ‘n belangrike fokus-artikel oor dié ietwat kontroversiële digter in die Sunday Times verskyn; ‘n digterskap wat eweneens deur niemand minder as Craig Raine in ‘n onlangse artikel krities bevraagteken is nie. Raine het onder andere soos volg na die “Cambridge-digters’ verwys: “A postmodern poetic school led by J. H. Prynne whose purpose is to be difficult – emulatively difficult. (Not difficult to be difficult, actually)”.

Nogtans wil dit voorkom asof nóg Prynne, nóg die Cambridge-groep ignoreer kan word.

Robert Potts, skrywer van die oorsigartikel in die Sunday Times, stel dit soos volg: “Prynne’s poetry is difficult and obscure because his work is both radical and extreme. It is radical because he is a philological poet: when he uses a word, he does so in full knowledge of its etymological resonances, its historical usages, and its literary echoes.” Aan die einde van sy artikel sê hy: “The reason why Prynne’s later poems are so challenging is that his work has increasingly offered a high-speed polyphonic approach, with phrases and quotations overlapping or interrupted (“a dialectic with the laterals marked in” as he once put it); and the astonishing economy with which he now disposes his hard-won words means that even his shortest poems are now carrying alarmingly extensive hinterlands of epic debate. It is still possible to say what these poems are about; it remains unlikely that anyone will or can be sure what they mean.”

Inderdaad, ‘n fassinerende artikel wat ‘n mens op ‘n manier herinner aan ‘n waarheid wat T.S. Eliot eenmaal kwytgeraak het: “Genuine poetry moves before it is understood.” As lusmaker plaas ek ‘n gedig van Prynne onder aan vanoggend se Nuuswekker. Dié gedig, saam met ‘n bespreking daarvan deur John Kinsella, gaan gelees word op Jacket Magazine se webtuiste.

***

Sedert gister het daar drie besonderse plasings op die webblad bygekom: Philip de Vos skryf oor die sekretarisvoël se eksistensiële vraag; Jelleke Wierenga skryf oor die grondbeginsel van geluk en Marius Crous verwonder hom aan die kat, synde die psigopaat van die diereryk.

En dan moet jy ook nie Bibi Slippers se kostelike resensie van die Versindaba 2010-gedenkbundel, wat vanjaar deur die US Woordfees saamgestel is, mislees nie; dit het by LitNet verskyn.

Hê pret met alles. Die week is al weer amper daarmee heen …

Mooi bly.

LE

 

Rich in Vitamine C

 

Under her brow the snowy wing-case
      delivers truly the surprise
of days which slide under sunlight
          past loose glass in the door
      into the reflection of honour spread
through the incomplete, the trusted. So
      darkly the stain skips as a livery
of your pause like an apple pip,
      the baltic loved one who sleeps.
 
Or as syrup in a cloud, down below in
      the cup, you excuse each folded
cry of the finch’s wit, this flush
      scattered over our slant of the
          day rocked in water, you say
      this much. A waver of attention at
the surface, shews the arch there and
          the purpose we really cut;
      an ounce down by the water, which
 
in cross-fire from injustice too large
      to hold he lets slither
                                            from starry fingers
      noting the herbal jolt of cordite
and its echo: is this our screen, on some
      street we hardly guessed could mark
an idea bred to idiocy by the clear
      sight-lines ahead. You come in
          by the same door, you carry
 
what cannot be left for its own
      sweet shimmer of reason, its false blood;
the same tint I hear with the pulse it touches
      and will not melt. Such shading
of the rose to its stock tips the bolt
      from the sky, rising in its effect of what
motto we call peace talks. And yes the
      quiet turn of your page is the day
          tilting so, faded in the light.

 

© J.H. Prynne

 

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: “om my kastele in Spanje te sloop” (jaco barnard-naudé)
  • Resensie: "wanneer woorde asemhaal" (Maritha Broschk) & "swartland" (Rudolph Willemse)
  • Sonja Loots in gesprek met Alwyn Roux oor "Weerskyn"
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius

Nuutste bydraes

  • Resensie: “De Ontdekking van het eiland: breytenbachiana” (Yves T’Sjoen)
  • Resensie: “Feesmaalgang” (Dietloff van der Berg)
  • Jacobus Swart. Franz Kafka
  • Gerard Scharn. Abstract portret door Wopko Jensma
  • Marthé McLoud. Gogo

Nuutste kommentaar

  1. Gerard Scharn on Jacobus Swart. Franz Kafka14 May 2025

    Beste Jacobus Swart, het leven van Kafka kort maar compleet weergegeven. Tientallen boeken hoeven nu niet meer gelezen te worden.

  2. Ena on Celesté Fritze. Vergetedal8 May 2025

    Mooi, Celeste!

  3. Barbara Steyn on Celesté Fritze. Vergetedal8 May 2025

    Soooo mooi beskryf!!!

  4. Anira van der Walt on Floris van Zyl. ‘n tafereel van haat en lus en liefde7 May 2025

    Pragtige gedig Floris.

  5. Anita Van der Walt on Nuwe Versindaba-kompetisie: Skryf ‘n ekfrastiese gedig7 May 2025

    Ekfrasties se moer Eksellent eksekutief Eksklusief eksegeties Eksoties beproef

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d