Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 December 20102 December 2010

De langste dag ‘n fees der feeste

DBNL
DBNL

Kyk, om fees te vier sonder om die digkuns te betrek, is omtrent soos om sop sonder sout te eet. Of ‘n soen sonder snor, sou my geliefde wou beweer. Nietemin, die Digitale Bibliotheek der Nederlandse Letteren voer dié prinsiep omtrent tot in sy ekstreme wanneer hulle op 10 Desember hul 10-jarige bestaan gaan vier met vreugdevure wat omtrent hoog gestook gaan word.

Die fees wat beplan word, heet De langste dag: het mooiste uit tien eeuwen Nederlandstalige poëzie en gaan by die Pakhuis De Zwijger in Amsterdam aangebied word en meer as sewentig digters gaan aan die sesuurlange program deelneem.

‘n Gewone voordrag gaan dit egter nie wees nie, aangesien die opdrag aan die deelnemende digters is om elkeen hul persoonlike gedig uit die Nederlandse poësieskat voor te lees. As sulks slaag die DNBL uitmuntend daarin om die huidige geslag digters saam met die gestorwenes te integreer. Luidens die berig op De Papieren Man, die volgende: “Dankzij het groot aantal deelnemers die kiezen uit het oeuvre van hun voorgangers, krijgt het publiek een eigenzinnig en origineel overzicht uit de Nederlandse poëzie voorgeschoteld. […] De Digitale Bibliotheek voor de Nederlandse Letteren zal het festival ook streamen via het net en heeft intussen een Facebookpagina opgericht. De Avonden, het cultureel informatief radioprogramma van de VPRO zendt een deel van het gebeuren uit en Uitgeverij Rubinstein plant de opname en latere uitgave van enkele langere gedichten. Ook het publiek kan participeren en op een podium favoriete gedichten voordragen.”

Op die DBNL se webtuiste is die lys van deelnemende digters, en ook die digters wie se gedigte hulle gaan voorlees, geplaas. En uiteraard sorg dié lys vir insiggewende en (soms) vreemde keuses. Van die digters wat vanweë hul betrokkenheid by die webblad aan jou bekend behoort te wees, se keuses is soos volg:

Chrètien Breukers (Jan van Ruusbroec)

Luuk Gruwez (Multatuli & Herman de Coninck)

Peter Holvoet-Hanssen (Paul van Ostaijen)

Ester Naomi Perquin (Hendrik Marsman)

Alfred Schaffer (Hans Andreus)

Vrouwkje Tuinman (Alain Teister & Willem Elsschot)

Hiervolgens sing Luuk en Peter beslis in my kerk se koor. So ook Alfred met sy keuse van Andreus. Vir jou leesplesier kan ek egter die versoeking vanoggend nie weerstaan om Van Ostaijen se bekende en sjarmante gedig “Marc groet’s morgens de dingen” onder aan die Nuuswekker te plaas nie.

***

Dan wil dit voorkom asof  die komkommertyd nou omtrent op die webblad aangebreek het, aangesien daar geen nuwe bydraes is om oor te berig nie.

Ons hervat Maandag weer.

Mooi bly.

LE

 

Marc groet ‘s morgens de dingen

 

Dag ventje met de fiets op de vaas met de bloem

ploem ploem

dag stoel naast de tafel

dag brood op de tafel

dag visserkevis

met de pijp

en

dag visserkevis

met de pet

pet en pijp

van het visserkevis

goeiendag

Daaag

vis

dag lieve vis

dag klein visselijn mijn

 

© Paul van Ostaijen

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

1e kommentaar op “De langste dag ‘n fees der feeste”

  1. maria says:
    3 December 2010 at 05:28

    iets wat uitgeglip het:

    geen bydrae om oor te berig nie

    moenie worrie nie
    die jaar was lank
    baie moorde is gepleeeg
    in hierdie land

    die jaar was lank

    beteken die woord
    moord
    nog moord?

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Joan Hambidge. The upturn palm
  • Albi Prinsloo. Verlossing
  • Retha van Deventer. ekwilibrium
  • Hennie Maartens. Water

Nuutste bydraes

  • Natasha Harmse. Sikade
  • Stephan du Toit. Graaff-Reinet
  • Natasha Harmse. Die weefstoel
  • Margaret Cordier. Wes-kus Desember
  • Sanette Scheepers. Vrykoop

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  2. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  3. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  4. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

  5. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.3 December 2025

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d