Kyk, om fees te vier sonder om die digkuns te betrek, is omtrent soos om sop sonder sout te eet. Of ‘n soen sonder snor, sou my geliefde wou beweer. Nietemin, die Digitale Bibliotheek der Nederlandse Letteren voer dié prinsiep omtrent tot in sy ekstreme wanneer hulle op 10 Desember hul 10-jarige bestaan gaan vier met vreugdevure wat omtrent hoog gestook gaan word.
Die fees wat beplan word, heet De langste dag: het mooiste uit tien eeuwen Nederlandstalige poëzie en gaan by die Pakhuis De Zwijger in Amsterdam aangebied word en meer as sewentig digters gaan aan die sesuurlange program deelneem.
‘n Gewone voordrag gaan dit egter nie wees nie, aangesien die opdrag aan die deelnemende digters is om elkeen hul persoonlike gedig uit die Nederlandse poësieskat voor te lees. As sulks slaag die DNBL uitmuntend daarin om die huidige geslag digters saam met die gestorwenes te integreer. Luidens die berig op De Papieren Man, die volgende: “Dankzij het groot aantal deelnemers die kiezen uit het oeuvre van hun voorgangers, krijgt het publiek een eigenzinnig en origineel overzicht uit de Nederlandse poëzie voorgeschoteld. […] De Digitale Bibliotheek voor de Nederlandse Letteren zal het festival ook streamen via het net en heeft intussen een Facebookpagina opgericht. De Avonden, het cultureel informatief radioprogramma van de VPRO zendt een deel van het gebeuren uit en Uitgeverij Rubinstein plant de opname en latere uitgave van enkele langere gedichten. Ook het publiek kan participeren en op een podium favoriete gedichten voordragen.”
Op die DBNL se webtuiste is die lys van deelnemende digters, en ook die digters wie se gedigte hulle gaan voorlees, geplaas. En uiteraard sorg dié lys vir insiggewende en (soms) vreemde keuses. Van die digters wat vanweë hul betrokkenheid by die webblad aan jou bekend behoort te wees, se keuses is soos volg:
Chrètien Breukers (Jan van Ruusbroec)
Luuk Gruwez (Multatuli & Herman de Coninck)
Peter Holvoet-Hanssen (Paul van Ostaijen)
Ester Naomi Perquin (Hendrik Marsman)
Alfred Schaffer (Hans Andreus)
Vrouwkje Tuinman (Alain Teister & Willem Elsschot)
Hiervolgens sing Luuk en Peter beslis in my kerk se koor. So ook Alfred met sy keuse van Andreus. Vir jou leesplesier kan ek egter die versoeking vanoggend nie weerstaan om Van Ostaijen se bekende en sjarmante gedig “Marc groet’s morgens de dingen” onder aan die Nuuswekker te plaas nie.
***
Dan wil dit voorkom asof die komkommertyd nou omtrent op die webblad aangebreek het, aangesien daar geen nuwe bydraes is om oor te berig nie.
Ons hervat Maandag weer.
Mooi bly.
LE
Marc groet ‘s morgens de dingen
Dag ventje met de fiets op de vaas met de bloem
ploem ploem
dag stoel naast de tafel
dag brood op de tafel
dag visserkevis
met de pijp
en
dag visserkevis
met de pet
pet en pijp
van het visserkevis
goeiendag
Daaag
vis
dag lieve vis
dag klein visselijn mijn
© Paul van Ostaijen
iets wat uitgeglip het:
geen bydrae om oor te berig nie
moenie worrie nie
die jaar was lank
baie moorde is gepleeeg
in hierdie land
die jaar was lank
beteken die woord
moord
nog moord?