Van steunpilaar tot waterkan

Karel van de Woestijne

Karel van de Woestijne

Die van julle wat nog bevoorreg genoeg was om Afrikaans-Nederlands aan Universiteit te kon bestudeer, sal na alle waarskynlikheid nog die naam Karel van de Woestijne (1987 – 1929) onthou. Daarom dat ‘n onderhoud met die Vlaamse digter Peter Theunynck oor die biografie wat hy pas oor die lewe van Van de Woestijne voltooi het, my aandag op Knack se webblad getrek het. Hiervolgens blyk dit dat Van de Woestijne inderdaad die lieflingsdigter van Gent was in sy leeftyd, maar eweneens ‘n monomaan en hipochondriak.

Op Frank Hellemans (die onderhoudvoerder) se vraag of Van de Woestijne dalk aan Asperger se sindroom gely het, het Theunynck soos volg geantwoord: “Hij was zeer gefocust. Maar ik wou hem niet vastpinnen op syndromen. Je kan net zo goed zeggen dat VdW aan een bipolaire stoornis leed. Hij was neurastheniek en dat schrijft hij vaak ook zelf trouwens. Soms zat hij in een creatieve roes en dan schreef hij op één avond een reeks gedichten. Maar soms lukte hem maanden aan een stuk niets. Het gaat voortdurend op en neer in zijn leven.”

Dit is egter die vrae rondom Van de Woestijne se seksualiteit wat ‘n mens se winkbroue ‘n aks laat lig: “Een paar weken voor zijn huwelijk in 1904 schrijft hij aan zijn vriend Louis Ontrop dat hij zo bang was van het huwelijk en zeker van de seksualiteit waar hij helemaal geen ervaring mee had. Hij geeft daarin open en bloot toe dat hij als 25-jarige nog geen enkele seksuele ervaring had,” vertel Theunynck en vervolg dan: “Ik heb het gevoel dat VdW halvelings impotent was. Hij schrijft over ‘de onmacht die hem sarrend sloeg’ – onmacht was destijds een populaire omschrijving voor impotentie. En je voelt ook in andere van zijn geschriften dat zijn vrouw een veel grotere seksuele drive had dan hij. Het motief van de angst voor de seksueel actieve vrouw is bij VdW een blijver in zijn werk, in zijn gedichten en in zijn verhalen. Hoe die angst te verklaren is? Misschien had het iets met zijn sterke moederbinding te maken.”

Inderdaad, ‘n begaafde, dog besonder komplekse persoon, soos Theunynck dit self aan die einde van die onderhoud saamvat: “Er is heel wat dubbelzinnigheid in zijn leven; hij heeft niet voor niets Janus met het dubbele voorhoofd geschreven. Eigenlijk had hij zelf ook een dubbel gelaat. Hij had iets van Dr. Jekyll and mr. Hyde. Enerzijds zeer eenzelvig en teruggetrokken, maar anderzijds zeer bij de pinken en superactief. Een erg fascinerende, ongrijpbare man.”

Goed, toegegee. Die rede waarom ek hierdie Nuuswekker vanoggend pleeg is sodat ek dit met die volgende Kaapse moppie van wyle Ronnie Belcher kan afsluit; ‘n moppie wat hy tydens ‘n Bekgeveg tot groot vermaak van die gehoor by die KKNK voorgelees het toe die tema “impotensie” was:

My koring is uitgewan

my lyf is uitgespan

my vrou se troos en steunpilaar

is nou my waterkan

 

***

Gister is die wenner van vanjaar se Ingrid Jonker-prys bekend gemaak. Die amptelike persverklaring is in die Brieweboks geplaas. En na die debakel rondom die prys vroeër vanjaar kan ‘n mens nie anders as om met dankbare vreugde hande te klap vir Tania van Schalkwyk en haar bundel Hyphen nie. Nog iets waaraan jy jou kan verlekker, is Andries Bezuidenhout se videoskakel oor die storie van drie stede, terwyl Frances Lubbe weer met ‘n wonderlike bydrae vertel van ‘n ysfees in Londen.

Ten slotte ietsie oor die plaas van kommentare. Die afgelope tyd ontvang ons dikwels kommentare van lesers wat wil hê dat ons dit namens hulle moet plaas. Daarom, by wyse van verduideliking, die volgende: Onder aan elke bydrae waarop jy kommentaar kan lewer, staan daar “Lewer kommentaar”. Kliek gewoon daarop en ‘n venster val oop. Vul jou naam en e-pos adres in, tik jou boodskap en “stuur kommentaar”. Jou e-pos adres bly vertroulik en verskyn nêrens op die webblad nie. (Terloops, dit is ook nie nodig om iets by “webtuiste” in te vul nie; tensy jy oor ‘n eie webtuiste beskik wat jy wil adverteer.)  Nadat jy jou kommentaar-opsie met ‘n eerste plasing geaktiveer het, bly dié venster met elke besoek oop met jou naam en e-pos adres daarby aangeteken. Dit is gewoon vir jou gerief en is beslis nié inligting wat op die webblad verskyn nie … Hierdie is een van WordPress (die program waarvolgens dié webblad opereer) se meer gunstige voordele aangesien dit gerieflik en uiteraard interaktief is.

So, hê pret daarmee en geniet die dag wat op hande is.

Mooi bly.

LE

 

 

 

 

Bookmark and Share

2 Kommentare op “Van steunpilaar tot waterkan”

  1. Lynette :

    Louis as ek hierdie dor en suur Woestijnse gesig in my huis ooit moet teëkom, word ek ook summier impotent! Dis net ‘n ma wat in vervoering sal raak oor sy ‘skoonheid’!

  2. Louis :

    Ja, maar kyk hoe hartseer is die uitdrukking in daardie oë … Ai, die gewroeg van digters, nè. 🙂

  •