Andries Bezuidenhout. Tot wedersiens, DV

Reënweer in Pretoria. Vandag, 17 Desember, vat ek en Irma die pad vir ʼn maand. Ons kom eers 17 Januarie volgende jaar terug. Hierdie foto’s van Pretoria is bo vanaf die negentiende vloer van die Geesteswetenskappegebou by die Universiteit van Pretoria geneem.

Al was 2010 ʼn onstellende jaar, was dit die moeite werd, veral as ʼn mens gedigte kan lees soos Johann Lodewyk Marais s’n oor Fort Jesus by Mombasa. Dit herinner ʼn mens daaraan dat seerowers nie net iets uit een of ander nostalgiese verlede is nie.

Ek het ʼn paar dinge geskryf wat elke nou en dan die volgende maand hier gaan verskyn. So as ek nie op kommentaar antwoord nie, is dit omdat ek salig daarvan onbewus is en iewers in Sutherland, Matjiesfontein, Onseepkans of Yzerfontein besig is om absoluut niks te doen nie. Of dalk het ek reeds iewers op die pad gesterf. Sal dit nou nie aardig wees nie?

Nietemin, as alles goed gaan, kom rapporteer ek terug oor vervalle sendingstasies en dergelike dinge iewers in Namakwaland of die suide van Namibië. Dalk tel ek ʼn gedig of twee, of hopelik meer, iewers langs die pad op.

Bookmark and Share

2 Kommentare op “Andries Bezuidenhout. Tot wedersiens, DV”

  1. Desmond Painter :

    Andries, lekker ry. En bly maar in die lewe.

  2. Andries Bezuidenhout :

    Dankie Desmond. Ek beplan nie om uit te klok nie en het selfs ‘n nuwe Panamahoed om my teen die son te beskerm.

  •