Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 December 201019 December 2010

Liu Xiaobo se gedigte binnekort in Engels beskikbaar

Liu Xiaobo & Xia
Liu Xiaobo & Xia

Luidens ‘n berig op Star Tribune van Minneapolis het die Amerikaanse uitgewer Graywolf Press bekend gemaak dat hulle beoog om in 2012 ‘n eerste versameling van gedigte deur die Chinese digter en wenner van vanjaar se Nobelprys vir Vrede, Liu Xiaobo, in Engelse vertaling uit te gee. Die titel van dié versameling is voorlopig June Fourth Elegies en handel volgens Jeffrey Yang, vertaler van Xiaobo se gedigte, oor die menseslagting wat op 4 Junie 1989 op Tiananmen Plein plaasgevind het.

“The way the book is structured, the poems were written kind of at the same time every year, when Tiananmen happened,” het Yang gesê. “Each one is a kind of recollection of a certain aspect of June 4. They’re very elegiac. The original title of the book in Chinese is literally something like ‘Remembering Six Four.'”

Volgens Fiona McCrae, uitgewer by Graywolf Press, sal die oplaag ongeveer 15,000 kopieë beloop; volgens haar ‘n besonder groot oplaag vir ‘n bloemlesing van hierdie aard. Maar natuurlik, met al die aandag wat Liu Xiaobo op die oomblik wêreldwyd geniet, sal die internasionale belangstelling in dié publikasie enorm wees. (Indien jy nie weet nie: Xiaobo dien tans ‘n 11 jaar tronkstraf uit vir sy sogenaamde ondermynende bedrywighede in China; gevolglik kon hy nie sy Nobelprys vroeër vandeesmaand in ontvangs neem nie. Op die oomblik is daar wêreldwyd protesaksies wat geloods word ten einde sy vrylating te bewerkstellig.)

Helaas, tot sover sonder enige effek op die Chinese owerhede.

Vir jou leesplesier volg ‘n vers van Liu Xiaobo wat reeds op die internet beskikbaar is onder aan vanoggend se Nuuswekker; ‘n vers wat hy in 2000 geskryf en aan sy vrou, Xia, opgedra het. (Terloops, sy is die afgelope jaar self in huisarres gewees.)

***

Sedert Vrydag het Andries Bezuidenhout drie bydraes gelewer: in die eerste vertel hy van die reis waarop hy en Irma vertrek, met die tweede wys hy ‘n besonder elegante gebou in Boshof en met die derde vertel hy uitvoerig van die NG Kerk se gebou in Vosburg. Hou dop, hierdie gaan ‘n interessante reeks word!

In die gedigtekamers kan nuwe verse deur Daniel Hugo en Joan Hambidge gelees word.

Geniet dit en mag dié week geweldig wees …

Mooi bly.

LE

 

One Letter Is Enough

for Xia

one letter is enough
for me to transcend and face
you to speak

as the wind blows past
the night
uses its own blood
to write a secret verse
that reminds me each
word is the last word

the ice in your body
melts into a myth of fire
in the eyes of the executioner
fury turns to stone

two sets of iron rails
unexpectedly overlap
moths flap toward lamp
light, an eternal sign
that traces your shadow

 

© Liu Xiaobo (8.1.2000)

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Resensie: “’n Ander wêreld” (Eunice Basson)
  • Anne-Marie Bartie. alpha centauri
  • Anne-Marie Bartie
  • Stephan du Toit. Witgatboom

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Bestekopname
  • AVBOB Persverklaring
  • Willem M. Roggeman. De meerwaarde van de verbeelding
  • Joan Hambidge. Brief, 10 November 2025
  • Carina van der Walt. Paryse dagboek

Nuutste kommentaar

  1. Marlies Taljard on Nuwe publikasie: “Troilus and Criseyde” in Afrikaans vert. deur Johan Boje10 November 2025

    Besonder insiggewende inleiding wat onmisbaar is wanneer mens so 'n vertaling lees. Baie geluk met 'n wêreldklas vertaling John Boje.

  2. Peet van Schalkwyk on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek10 November 2025

    Baie dankie Vds

  3. VDS Brink on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek8 November 2025

    Peet, dit is aangrypend mooi!

  4. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)3 November 2025

    Dankie, Joan.

  5. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)31 October 2025

    Was es ist! Puik vertaal.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d