Desmond Painter. Vars en vreesloos — in Januarie…

Ek is besig om my laaste administratiewe takies af te handel voordat ons Grahamstad toe vertek vir ‘n kort vakansie. Claire se ouers woon op ‘n plaas 10 km buite die dorp, en as alles volgens plan verloop gaan ons eet, lees, Port Alfred en Kenton se strande besoek, en sommer net rus. Dit was immers ‘n lang, lang jaar; my batterye is bietjie pap!

Wat lees betref is ek tot die tande toe bewapen: ek vat Bolano se 2666, Larson se The Girl Who Kicked the Hornet’s Nest, Saramago se Seeing, en ‘n nie-fiksie boek of twee met my saam. Ek wil ook Phillip Larkin se gedigte lees; ek ken hom te sleg. Verder is die skootrekenaar en die MP3-speler vol musiek gelaai: ek het heelwat om mee in te haal…

Vir die volgende twee weke gaan ek dus stil wees. Ek het baie geblog hierdie jaar en so veel moontlik kommentaar gelewer op ander mense se blogs — nee, omdat ek wil help om die blad lewendig te hou, nie oor ek my naam so graag op die skerm wil lees nie! In Januarie is ek weer vars en vreesloos, so hou maar hierdie ruimte dop…

Tot dan, lekker vakansie en rustige feestyd vir almal!

Bookmark and Share

2 Kommentare op “Desmond Painter. Vars en vreesloos — in Januarie…”

  1. Louis :

    Lekker rus, Desmond. Jy verdien dit deur en deur. En ek hoop van harte dat dit boeke is van gepak word en nie ‘n Kindle nie … 🙂

  2. Desmond Painter :

    Boeke natuurlik, Louis! Ek sit hulle in ‘n ou skoenboks en laai hulle in die kar. Larson en Bolano maak daai boksie al sommer halfpad vol…

  •