Andries Bezuidenhout. Die dag toe geregtigheid gefusilleer is

“Die kolwyntjie het gesneuwel,” sê Irma en maak asof sy huil. Ons loop in Oudtshoorn se strate, kunsfeestyd, kyk vir die mense.

“Huh?” sê ek.

“Die kolwyntjie het gesneuwel,” sê sy weer en begin lag.

Dan eers sien ek dit. ʼn Plakkaat van die Afrikaanse Taal en Kultuur Vereniging (ATKV) wat ʼn geleentheid adverteer waartydens stories vir kinders voorgelees word. Kinders wat bywoon kry elkeen ʼn “cup cake”, volgens die plakkaat.

Ek lees vanoggend ʼn oulike rubriek deur Annemarie van der Walt in Beeld. Sy haal mense aan wat kommentaar op die koerant se webwerf skryf. Juwele, soos:

“Want dit is apsoliet skokkend dat niemand mekaar waardeur nie en daar links en regs beskildigings is van demoniese kulte. Dit blyk ook mans kan nie hul gilpe toehou nie en vrouens is nie lekker bo die tande nie.”

“Maar wie is ons om te geoordeel; ons moet medeleie hê omdat almal se geraamtes in die kas is en jy nie ’n klip kan optel om iemand anders te steunig as daar ’n splinter in jou oog is nie.”

“God sal almal wat anders dink laat brand in die hel, en ons kan net bid geregtgheid sal geskiet word in die hof.”

Helaas, sy maak dit nie op nie. Lees gerus die rubriek hier.

Nou die dag kry ek ʼn pamflet van AfriForum Jeug, waarin hulle kapsie maak teen die Verengelsing van die Universiteit van Pretoria. Daarin skryf hulle oor die “Miete van die Millenium: Jy moet in Engels swot om in die werkplek te presteer.”

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •