Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
23 December 201023 December 2010

Welverdiende kopknik vir Ronelda S. Kamfer

Ronelda Kamfer
Ronelda Kamfer

Ronelda Kamfer se digterskap het verlede week welverdiende blootstelling gekry met die verskyning van ‘n oorsig-artikel deur Erik Lindner in De Groene Amsterdammer, een van die vernaamste literêre publikasies in Nederland. “De gedichten van de Zuid-Afrikaanse Ronelda S. Kamfer zijn des te aangrijpender omdat ze vrij rechttoe, rechtaan anekdotes uit het dagelijks leven vertellen,” verduidelik Linder in sy aanloop tot die artikel.

Na hy kortliks aandag aan die bloemlesing De 150 mooiste gedichten uit het Spaans gegee het, swaai sy fokus volledig na Ronelda: “Een verrassing is Nu de slapende honden van Ronelda S. Kamfer, een jonge dichter uit Zuid-Afrika die vertaald is door Alfred Schaffer […] De bundel is volop een debuut. Een jonge stem die zich presenteert. Veel gedichten bestaan uit gruwelijke anekdotes, koel en ingehouden gebracht: ‘tegen de eerste pauze was er een lijk in de Skoolstraat/ een miskraam in mijn klas’. Het effect van de gedichten van Ronelda Kamfer is vooral dat je al lezend steeds beter doorkrijgt dat er geen woord gelogen is van de familie- en buurtverhalen die ze opdist.”

De Groene Amsterdammer
De Groene Amsterdammer

Na ‘n besonder knap oorsig van die bundel – met gepaardgaande kontekstualisering van bepaalde gedigte – eindig hy met die volgende samevatting: “Documentair, aangrijpend, confronterend. Nu de slapende honden is een zeldzame kans om een dichter op een heel andere plek aan het werk te zien, die van opvallend nabij tegen je praat.”

Inderdaad is dit ‘n besonderse kopknik na een van ons opwindende jonger digters; ‘n artikel wat die Nederlandse poësieliefhebber hopelik attent sal maak op die enorme prestasie deur die digkuns van ‘n bra kleinerige taalgroep aan die suidpunt van ‘n kontinent in die ander halfrond.

Met die vriendelike vergunning van De Groene Amsterdammer plaas ek vir jou leesplesier die openingsgedig uit Ronelda se bundel onder aan vanoggend se Nuuswekker. Soos reeds gesê is die Nederlandse vertaling deur Alfred Schaffer.

***

Vanoggend kan jy Rosa Smit se Fotobeeld geniet. Onder Wisselkaarten het Vrouwkje Tuinman ‘n nuwe bydrae gelewer wat handel oor die frustrasies van ‘n vryskut-resensent.

Hê pret met dit alles; dis amper partytjietyd.

Mooi bly.

LE

 

Waar ik sta

 

Nu zit ik aan tafel

met de vijanden van mijn voorvaderen

Ik knik en groet beleefd

maar

ergens diep van binnen

weet ik waar ik sta.

 

Mijn hart en hoofd staan open

en zoals welopgevoede mensen

lachen en eten we samen

maar

ergens diep van binnen

weet ik waar ik sta.

 

© Ronelda S. Kamfer (Uit: Nu de slapende honden, 2010: Podium)

Vertaling deur Alfred Schaffer

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Die dood as solesisme
  • Onderhoud met Marthé McLoud oor “Ontbloot”
  • 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (II)
  • Joan Hambidge. Oosterse digkuns  Deel I

Nuutste kommentaar

  1. Ilse on 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (I)9 June 2025

    Dankie vir die lieflike vertalings!

  2. Heleen Louw on Jacobus Swart. Franz Kafka4 June 2025

    Treffend uitgebeeld. Jou vermoe om die essensie van 'n lewe' te omskryf is iets besonders vir my. En dan jou…

  3. Caren Kearley on Resensie: “Dawerende stiltes” (Caren Kearley)4 June 2025

    Dankie Maria, jy is welkom om my te kontak as jy een wil bestel. carenkearley@gmail.com. Ek is Ninni ewig dankbaar…

  4. Joan Hambidge on Ilse van Staden. Deursigtige oggend3 June 2025

    Beeldskoon hoe hierdie gedig vloei.

  5. Charl-Pierre Naude on Charl-Pierre Naudé. Mymering28 May 2025

    Hierdie is 'n interessante kommentaar deur jou, Hans. Dankie. Ek kou nog daaraan ... Ek moet nog jou opstel waarna…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d