
Nou ja, kyk. In ‘n verbruikerskultuur is dit sekerlik net ‘n kwessie van tyd voor alles bedink en winsgewend ontgin is. So het die bekende Franse mode-ontwerper, Olympia Le-Tan, in die tyd wanneer die gedrukte boek hom in ‘n oorlewingstryd met die elektroniese boek bevind, met die idee vorendag gekom om handsakke in boekvorm te vervaardig.
Luidens ‘n berig op Los Angeles Times se webblad, is dié modegier besig om geweldig vinnig veld te wen; veral onder Hollywood se sogenaamde glanspersoonlikhede. Die foto hiernaas is byvoorbeeld van die Amerikaanse aktrise Natalie Portman wat geneems is tydens die New Yorkse première van die film Black Swan. (Die boekhandsak in haar hand is die 1955-uitgawe van Vladimir Nabokov se Lolita wat by Olympia Press verskyn het.)
Maar – vir almal wat nou opgewonde wil raak: getrou aan die winsgedrewenheid van die verbruikerskultuur, is eksklusiwiteit die vernaamste verkoopspunt van dié inisiatief. Daar is naamlik net 16 handsakke per boek vervaardig; boonop is dié boekhandsakke slegs by enkele, uitgesoekte modewinkels in Milaan, Parys, Londen en twee in New York verkrygbaar teen ‘n prys van $1,250 (ongeveer R8,500).
Ander boeke wat op dié ongewone manier blootstelling geniet, is The Catcher in the Rye (J.D. Salinger), A Streetcar Named Desire van Tennessee Williams, Strip-Tease van Georges Simenon, Moby Dick (Herman Melville), Nineteen Eighty-Four van George Orwell en Dracula van Bram Stoker. Aan die front van die digkuns is daar darem Rainer Maria Rilke se Letters to a young poet.
Of hierdie foefie enigsins gaan bydrae tot die oorlewing van “die boek”, is natuurlik te betwyfel. En ai, die ironie wat daarin opgesluit sal wees wanneer hulle besluit om dié boekhandsakke so te ontwerp dat jy jou Kindle, of watter elektroniese boek ook al, daarin kan verpak … En dan kan ek dit nogal nie verhelp om te wonder oor wat die keuse van boekhandsak nie alles oor die draer daarvan te kenne gee nie.
Nietemin, in my soeke na ‘n toepaslike gedig beland ek toe op ‘n webblad genaamd Handbag.com waar hulle nie net ‘n maand vir poësie oor handsakke gehad het nie, maar ook ‘n gepaardgaande kompetisie. ‘n Noemenswaardige aanhaling om dié Nuuswekker mee af te sluit, is by monde van die bekroonde digteres, Kate Bingham, wat ook as beoordelaar vir dié kompetisie opgetree het: “The poems we’ve had in so far have been great. The handbag is obviously heavy with meaning. One woman called her bag ‘my comfort blanket’, to another it was ‘my soulmate’ and yet another wrote, ‘Without you on my shoulder, / I could not carry the burden on my own.’ Whether it’s chic or shabby, the humble handbag seems to say a lot about being a woman”
Vir jou verdere leesplesier plaas ek Joe Earl se gedig heelonder.
***
Sedert gister het daar twee nuwe bydraes bygekom op die webblad: Andries Bezuidenhout skryf oor die waarde van (nostalgiese) kunswerke terwyl Philip de Vos ons weer trakteer op ‘n strokiesprent genaamd Bettie en die Bees. In die verskamers is daar ‘n nuwe gedig deur einste Joan Hambidge oor wie Philip se strokiesprent handel.
Mooi bly.
LE
The Handbag
The handbag is a rare delight, it’s like Aladdin’s cave,
All sorts of things are hidden there, that females like to save,
It’s black and big and heavy, with a nice long shoulder strap,
Its weighted down with odds and sods and other stuff like that.
But the lady finds just what she wants deep down amongst her treasure,
Of keys and pins and leg hair wax and a metric rule for measure,
The remnants of forgotten ills with aspirins held so dear,
Birth control and other pills with labels quite unclear.
Calorie counters, cotton buds, old lottery tickets too,
Handkerchiefs and white tissues for visiting the loo,
A book of stamps, a tube of glue, letters from I don’t know who,
Horoscopes with personal star, petrol vouchers for the car.
Perfume loaded by the box, knitting needles, pairs of socks,
Bank statements and counterfoils, sachet samples, body oils,
Cassette tapes and eye mascara, postcards from old Connamara
Itineraries for keep-fit classes, lipstick and a pair of glasses,
Emery boards, a pot of Vic, silver tweezers, half a brick,
Screwdriver, spanners, ball of wool, ancient notebook partly full,
Bristle brush for long tresses, photographs and addresses,
Polo mints and a mobile phone just in case they stray from home.
Cheque book stubs, leather gloves, insect spray for the shrubs,
Driving licence, bingo card, cuttings from the paper,
Favourite verse, loaded purse and a windscreen scraper,
Credit cards, safety razor, golden buttons off a blazer.
All these things are lugged around and many more as well,
It could be that you need them, you really cannot tell,
So come on fella’s don’t take the mick – out of the lady’s handbag
You never know there could be a flood and you could use it as a sandbag.
But best of all it is a friend, that’s with them every day,
Slung upon the shoulder in a casual way,
And don’t forget it is a club – not of the member kind,
But the bag itself when wielded right could change a mugger’s mind.
Copyright; Joe Earl
Email: jearl28107@aol.com
Web Site: http://hometown.aol.co.uk/jearl28107/myhomepage/poems.html
As verdere toevoeging: In my soeke vanoggend na my gunsteling Afrikaanse gedig vanjaar, lees ek die volgende vers van Martjie Bosman raak:
Handsak
By die plek van breek- en grypslae
lê besittings argeloos uitgestrooi:
Uit al dié dinge van min waarde
sal ‘n mens dalk ‘n lewe kan herbou –
‘n gesig kyk uit ‘n natgereënde
paspoortblad bleek na boontoe;
‘n rybewys skuil half onder gras;
tussen bou-val lê ‘n besmeerde
ID-boek ouderdom en blyplek bloot;
‘n verwese sakboek verkondig
intieme nommers van bekendes,
die huisarts, die versekeraar;
lipstif, ‘n bril, ‘n hoofpynpil,
kaartjies vir die simfoniekonsert.
Ek raap dit alles blindelings bymekaar,
probeer onthou hoedat ek gister was.
(c) Martjie Bosman (Uit: “Toevallige tekens”, 2010: Protea Boekhuis)