Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 December 201020 July 2024

Pieter Odendaal. StumbleUpon sal jou lewe verander

Die StumbleUpon logo
Die StumbleUpon logo

Dit sal die manier waarop jy die internet gebruik, transformeer. Dit sal jou belangstellings, jou vriendskappe en jou tydsbesteding beïnvloed. Veral jou tydsbesteding. Jy sal nooit weer verveeld wees nie. Ek begin nou so ’n bietjie soos ’n Glomail advertensie klink, so ek gaan ophou.

Vroeër vanjaar vra een van my vriende vir my of ek al ge-stumble het. Ja, sê ek. Herhaaldelik. Oor klippe en trappe en slapende honde en my eie voete. Ek het al een van my voortande so verloor. Ek was in graad vier gewees en het na pouse klas toe gehol sonder om te kyk waar my voete trap omdat ek (soos gewoonlik) laat was vir klas. My voortand en selftrots was daarmee heen.

 In elk geval, my vriendin verduidelik toe vir my wat sy bedoel het: Sy wou eintlik weet of die webblad www.stumbleupon.com al my lewe getransformeer het. Dié webblad is ‘n ontdekkingsenjin en vorm deel van ’n reeks webblaaie wat as web 2.0-toepassings bekend staan; blaaie wat ’n meer persoonlike webervaring bied deur interaktiewe sistemiese vooroordele, interoperasionaliteit en verbruikersgesentreerde ontwerp fasiliteer, aldus Wikipedia. In mensetaal beteken dit dat web 2.0 ’n lekkerder, makliker en slimmer internetervaring aan die verbruiker bied.

StumbleUpon werk so: Na die gratis registrasie selekteer jy jou voorkeure uit ’n lys van meer as 500 onderwerpe. Hierdie onderwerpe sluit antieke geskiedenis, logika, neurowetenskap, binnenshuise versiering, finansiële beplanning, rekenaarprogrammering, skoonheid, substansmibruik, breiwerk, babas, wyn, Shakespeare, poësie, blues musiek, taalwetenskap, linkshandigheid, vreemde vlieënde voorwerpe en ysskaats in, om maar ’n paar te noem. Na jy jou voorkeure gemerk het, laai jy die toolbar af en dan is jy gereed om te stumble. Wanneer die begeerte jou ook al  beetkry, kliek jy bloot op die Stumble-ikoon, waarna StumbleUpon jou na ’n lukrake webblad toe vat wat met jou persoonlike belange verband hou.

Jy kan ook die ontdekkingsenjin fine tune deur die gegenereerde webblad te like of te dislike. Sodoende verhoog jy stelselmatig jou kanse om op webblaaie af te kom wat jou interesseer. Verder kan jy ook ander vriende nooi om deel te word van die StumbleUpon-gemeenskap en daardeur jou gunsteling stumbles  met hulle deel. Jy kan selfs by belangegroepe aansluit en nuwe mense ontmoet wat oor dieselfde goed as jy opgewonde raak. As Facebook en Wikipedia ’n kind sou baar, sou haar naam sekerlik StumbleUpon wees.

Voorbeelde van webblaaie wat ek via StumbleUpon ontdek het, sluit die volgende in:

Poetry 180 – ’n Web-weergawe van Billy Collins se projek om poësieliefhebbers in Amerikaanse skole te kweek. Die webblad sluit 180 gedigte in wat op leerders gemik is – een vir elke dag van die skooljaar. Die eerste gedig in die versameling volg onderaan.

Anatomical Theatre – ’n Webblad met ’n groot versameling anatomiese wasmodelle.

The early 1900’s in colour – ’n Artikel op citynoise.org wat ’n reeks kleurfoto’s bevat wat in die vroeë 1900’s deur Albert Kahn geneem is.

Magwords – ‘n Interaktiewe aanlyn weergawe van woord-yskasmagnete. Fantasties!

Musipedia.org – ’n Soekenjin vir daardie irriterende naamlose melodie wat in jou kop draal.

 

Een van Kahn se foto's

 

Wees versigtig: StumbleUpon het my amper my graad gekos. Dit is hoogs verslawend en tot dusver het niemand nog met ’n kuur vorendag gekom nie. Ek is in elk geval nie seker of ek genees wil word nie.

Introduction to poetry – Billy Collins

I ask them to take a poem
and hold it up to the light
like a color slide

or press an ear against its hive.

I say drop a mouse into a poem
and watch him probe his way out,

or walk inside the poem’s room
and feel the walls for a light switch.

I want them to waterski
across the surface of a poem
waving at the author’s name on the shore.

But all they want to do
is tie the poem to a chair with rope
and torture a confession out of it.

They begin beating it with a hose
to find out what it really means.

©The Apple that Astonished Paris, 1996.

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

1e kommentaar op “Pieter Odendaal. StumbleUpon sal jou lewe verander”

  1. Lewies Botha says:
    6 January 2011 at 21:01

    Pieter, hierdie filmpie op youtube tel onder my gunstelinge. http://www.youtube.com/watch?v=xBi7H_KUKqE

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d