Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
31 December 201031 December 2010

Spesiale verering vir Czeslaw Miłosz

Czeslaw Milosz

Goeie nuus hier aan die einde van die jaar is dat Pole beoog om in 2011 op gepaste wyse hulde te bring aan Czeslaw Miłosz, een van hul vernaamste digters en wenner van die Nobelprys vir Letterkunde in 1980. Miłosz sou volgende jaar op 30 Julie ‘n honderd jaar oud gewees het en die beplande feesvieringe gaan dan juis op hierdie dag ‘n hoogtepunt bereik.

Luidens die berig op Knack.be die volgende: “Miłosz plaatste zichzelf graag in de grote Poolse literaire traditie. In ballingschap was hij bij zijn landgenoten geliefd om zijn omzichtig patriottisme, om zijn bewustzijn dat Polen nog een broze constructie was in een wereld die door de Koude Oorlog in tweeën was verdeeld. Tot in de jaren tachtig was Polen immers een satelliet van de Sovjet-Unie.”

‘n Verdere pluspunt is natuurlik die feit dat Pole die daaropvolgende dag, 31 Julie, die voorsitterskap van die Europese Unie oorneem; des te meer rede vir ‘n gróót partytjie. In die woorde van Knack.be se beriggewer: “Omdat Polen volgens een van zijn volksvertegenwoordigers ‘een wereldmacht is op het terrein van de poëzie en Miłosz ons beste waarmerk’, zal deze verjaardag met veel feestgedruis verlopen.”

Die feesviering sal bestaan uit konferensies, tentoonstellings en etlike publikasies. In Krakow word gedurende Mei ‘n tweede Miłosz-fees aangebied (die eerste was in 2009) en groot internasionale belangstelling, asook deelname, word vir dié fees in die vooruitsig gestel. Verdermeer is drie Poolse komponiste getaak met die toonsetting van Miłosz-gedigte en gaan ‘n verlore gewaande toneelstuk van Miłosz, Proloog, deur die Poolse teaterinstituut opgevoer word: “Het gaat om een hoog oplopende discussie tussen een Pools politicus en een schrijver kort voor het einde van de Tweede Wereldoorlog. Het stuk zou nog altijd actueel zijn, aldus degenen die het inmiddels lazen, gezien de niet eindigende twist tussen conservatieve nationalisten en moderne liberalen in het postcommunistische Polen.”

Inderdaad ‘n besonderse verering vir een van die reuse van internasionale digkuns. Vir jou leesplesier plaas ek een van my allergunsteling gedigte – waarvan Miłosz toevallig die digter is – onder aan vanoggend se Nuuswekker.

***

Ten slotte wens ons jou ‘n aangename en voorspoedige nuwe jaar toe. Mag dit ‘n jaar met vele hoogtepunte en vreugdes wees … Eweneens die naweek met feesvieringe wat op hande is.

Nuuswekker hervat weer Maandag.

Mooi bly.

LE

 

Gift

 

A day so happy.

Fog lifted early, I worked in the garden.

Hummingbirds were stopping over honeysuckle flowers.

There was no thing on earth I wanted to possess.

I knew no one worth my envying him.

Whatever evil  I had suffered, I forgot.

To think that once I was the same man did not embarrass me.

In my body I felt no pain.

When straigtening up, I saw the blue sea and sails.

 

© Czeslaw Miłosz (Uit: The Collected Poems: 1931 – 1987, The Ecco Press)

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Desmond Painter. Milosz se ars poetica
Egonne Roth. Twee digters in gesprek →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d