Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
31 December 201031 December 2010

Spesiale verering vir Czeslaw Miłosz

Czeslaw Milosz

Goeie nuus hier aan die einde van die jaar is dat Pole beoog om in 2011 op gepaste wyse hulde te bring aan Czeslaw Miłosz, een van hul vernaamste digters en wenner van die Nobelprys vir Letterkunde in 1980. Miłosz sou volgende jaar op 30 Julie ‘n honderd jaar oud gewees het en die beplande feesvieringe gaan dan juis op hierdie dag ‘n hoogtepunt bereik.

Luidens die berig op Knack.be die volgende: “Miłosz plaatste zichzelf graag in de grote Poolse literaire traditie. In ballingschap was hij bij zijn landgenoten geliefd om zijn omzichtig patriottisme, om zijn bewustzijn dat Polen nog een broze constructie was in een wereld die door de Koude Oorlog in tweeën was verdeeld. Tot in de jaren tachtig was Polen immers een satelliet van de Sovjet-Unie.”

‘n Verdere pluspunt is natuurlik die feit dat Pole die daaropvolgende dag, 31 Julie, die voorsitterskap van die Europese Unie oorneem; des te meer rede vir ‘n gróót partytjie. In die woorde van Knack.be se beriggewer: “Omdat Polen volgens een van zijn volksvertegenwoordigers ‘een wereldmacht is op het terrein van de poëzie en Miłosz ons beste waarmerk’, zal deze verjaardag met veel feestgedruis verlopen.”

Die feesviering sal bestaan uit konferensies, tentoonstellings en etlike publikasies. In Krakow word gedurende Mei ‘n tweede Miłosz-fees aangebied (die eerste was in 2009) en groot internasionale belangstelling, asook deelname, word vir dié fees in die vooruitsig gestel. Verdermeer is drie Poolse komponiste getaak met die toonsetting van Miłosz-gedigte en gaan ‘n verlore gewaande toneelstuk van Miłosz, Proloog, deur die Poolse teaterinstituut opgevoer word: “Het gaat om een hoog oplopende discussie tussen een Pools politicus en een schrijver kort voor het einde van de Tweede Wereldoorlog. Het stuk zou nog altijd actueel zijn, aldus degenen die het inmiddels lazen, gezien de niet eindigende twist tussen conservatieve nationalisten en moderne liberalen in het postcommunistische Polen.”

Inderdaad ‘n besonderse verering vir een van die reuse van internasionale digkuns. Vir jou leesplesier plaas ek een van my allergunsteling gedigte – waarvan Miłosz toevallig die digter is – onder aan vanoggend se Nuuswekker.

***

Ten slotte wens ons jou ‘n aangename en voorspoedige nuwe jaar toe. Mag dit ‘n jaar met vele hoogtepunte en vreugdes wees … Eweneens die naweek met feesvieringe wat op hande is.

Nuuswekker hervat weer Maandag.

Mooi bly.

LE

 

Gift

 

A day so happy.

Fog lifted early, I worked in the garden.

Hummingbirds were stopping over honeysuckle flowers.

There was no thing on earth I wanted to possess.

I knew no one worth my envying him.

Whatever evil  I had suffered, I forgot.

To think that once I was the same man did not embarrass me.

In my body I felt no pain.

When straigtening up, I saw the blue sea and sails.

 

© Czeslaw Miłosz (Uit: The Collected Poems: 1931 – 1987, The Ecco Press)

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Desmond Painter. Milosz se ars poetica
Egonne Roth. Twee digters in gesprek →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: “om my kastele in Spanje te sloop” (jaco barnard-naudé)
  • Resensie: "wanneer woorde asemhaal" (Maritha Broschk) & "swartland" (Rudolph Willemse)
  • Sonja Loots in gesprek met Alwyn Roux oor "Weerskyn"
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Borges, Sheila Cussons en Johann de Lange
  • Persverklaring: Groot poësieprys ter ere van Breyten Breytenbach
  • Gerard Scharn. Portret van van Monika Pon-Su-San door Vladimir Tretchikoff
  • 100 Duitse Bestes: Else Lasker-Schüler (1869-1945)
  • Resensie: “De ontdekking van het eiland: breytenbachiana” (Yves T’Sjoen)

Nuutste kommentaar

  1. Jacobus Swart on Jacobus Swart. Franz Kafka15 May 2025

    Beste mnr. Scharn Ek waardeer u kommentaar. Dankie dat u my werk gelees het.

  2. Dietloff Van der Berg on Resensie: “Feesmaalgang” (Dietloff van der Berg)14 May 2025

    Baie dankie Joan Hambidge vir die fyn lees en die hoog gewaardeerde slotsom.

  3. Gerard Scharn on Jacobus Swart. Franz Kafka14 May 2025

    Beste Jacobus Swart, het leven van Kafka kort maar compleet weergegeven. Tientallen boeken hoeven nu niet meer gelezen te worden.

  4. Ena on Celesté Fritze. Vergetedal8 May 2025

    Mooi, Celeste!

  5. Barbara Steyn on Celesté Fritze. Vergetedal8 May 2025

    Soooo mooi beskryf!!!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d