
Met Dan Pagis en Yehuda Amichai het die Hebreeuse digkuns twee reuse in die wêreld van internasionale poësie gelewer. Daarom is dit dan ook heel gepas dat Poetry International Web met hul eerste uitgawe van die nuwe jaar op die digkuns van Dan Pagis (1930 – 1986) fokus. Nog twee Hebreeuse digters wat in die betrokke uitgawe betrek word, is Anat Zecharya (1974) en nog ‘n klassieke digter, Yair Hurwitz (1944-1988).
Pagis is gebore in Bukovina (Roemenië) en was aanvanklik Duitssprekend. Op jeugdige ouderdom het Pagis se ouers egter na Palestina verhuis waar hy hom in Hebreeus bekwaam het. Volgens Sarah Ream se inleidende artikel, die volgende: “Sadly, Pagis’s work only became well known and respected with his death in 1986 – his poetry, which grew out of European traditions of the early twentieth century, was lost with the voices of 1960s Hebrew modernism. Pagis’s poetry, critics and readers agree now, was “sharp and penetrating” and in fact paved new ground, engaging in dialogue, through the Hebrew language, with German Romantic and neo-Romantic traditions.”
Dit is egter Ariel Hirshfeld se oorsigartikel “Listening with all my ears” wat ‘n móét lees is vir enige persoon wat in Pagis se werk geïnteresseerd is. Hiervolgens is die aanvanklike geringskatting van Pagis se digwerk nie aan historiese omstandighede te wyte nie, maar aan gewoon foutiewe vertolking en interpretasie: “This kind of poetry disappeared into that of the generation [preceding Hebrew modernism], and seemed irrelevant. Pagis’ clarity, stemming from his life experiences and constructed out of poetic attachments he developed during his formative years, went almost unnoticed. […]There are experiments with Dinggedichte (thing-poems) that Rilke developed and brought to perfection, and which carry on a poetic dialogue with the German Romantic and neo-Romantic poetry that preceded them. Pagis took a great interest in this dialogue and even more in the possibility of expressing them in Hebrew.”
Die grootste deel van Hirshfeld se artikel handel egter oor Pagis se gedig “The last ones” en dié analise word op so ‘n manier aangebied dat dit ‘n besonderse blik verskaf op die digter se ietwat ongewone werkswyse wanneer hy ‘n vers aanmekaar gesit het.
Vir jou leesgerief volg dié gedig onderaan vanoggend se Nuuswekker. Op Dan Pagis se blad kan nog verse gelees word; gaan kyk veral na die gedig “Sudden heart“.
***
Sedert gister het Andries Bezuidenhout ‘n vertaling van ‘n gedig deur Orhan Veli Kanikgeplaas. Nog ‘n interessante plasing is Cas Vos se essay oor Johann de Lange se intertekstuele spel met Sonnet V uit Rainer Maria Rilke se Orpheus-reeks. Nog ‘n besonderse toevoeging tot die vertaalkamers is Ilze Gertenbach se Engelse weergawe van D.J. Opperman se bekende “Klara Majola“.
Ten slotte – Vir die gerief van diegene wat Melt Myburgh se berig in Beeld gemis het oor die internasionale erkenning wat Marlene van Niekerk tans geniet, is daar ‘n spesiale skakel op die Klikbord geplaas.
Geniet dit alles.
Mooi bly.
LE
The last ones
I am already quite scarce. For years
I have appeared only here and there
at the edges of the jungle. My graceless body,
well camouflaged among the reeds, clings
to the damp shadow around it.
Had I been civilized,
I would never have been able to hold out.
I am tired. Only the great fires
still drive me from hiding place to hiding place.
And what now? My fame is only in the rumors
that from time to time
and even from hour to hour
I’m shrinking.
But it is certain that at this very moment
someone is tracking me. Cautiously
I prick all my ears and wait. The steps
already rustle the dead leaves. Very close. Here.
Is this it?
There is no time to explain.
(c) Dan Pagis (vertaling deur Stephen Mitchell)
Ons is pas klaar met ‘n oorsig van verlede jaar. Rustig, rustig Wouter. ‘n Resensie van die bundel is op pad. O.a. deur my. Dit was ook komkommertyd, jy weet.
Omrede ons vanoggend eers die bundel onder oë gekry het, Wouter. Aangesien die bundel deur Quellierie uitgegee is (en nie Tafelberg soos jy hierbo beweer nie) het ons ongelukkig geen vooraf kennis hiervan gehad nie. Met die eerste deurlees lyk dit egter na ‘n indrukwekkende bundel; ek het dus summier aan NB se bemarkingsafdeling geskryf en kontakbesonderhde versoek aangesien Versindaba die gebruiklike onderhoud en ander verwante bemarkings-inisiatiewe ten opsigte van hierdie bundel van stapel sal wil stuur.
Dit is immers iets wat die bundel verdien, is dit nie?
Daarom – jammer vir die trae aksie, maar ons kan slegs berig lewer oor en dekking verskaf aan iets waarvan ons kennis dra.
Met waarderende groete,
Louis
Hoekom het Versindaba nog niks geskryf oor Louis Jansen van Vuuren se digbundel Tempermes wat verlede jaar deur Tafelberg uitgegee is nie?????