
Robert Montgomery is ‘n ongewone woordkunstenaar. Hy gebruik naamlik advertensieborde wêreldwyd om die gebruiklike reklamestukke wat jou tot waansin óf spandabelrigherid dryf, met kragtige woordtekste (soos hiernaas) te vervang. Van sy werke is tans te sien in Parys, Geneva, Venisië en vele stede in die VSA. Pas het daar dan ook, heel gepas, ‘n onderhoud met dié ongewone kunstenaar op Dazed Digital se webblad verskyn.
By wyse van inleiding, die volgende: “Robert Montgomery works in the situationist tradition and continues to relentlessly hijack advertising spaces across the globe in order to provide a reflective space in which a public so used to being psychologically bludgeoned into a consumerist daze can find some repsite from the relentless static of the modern world.”
Op die vraag hoekom dit vir hom so belangrik is om sy kunswerke anoniem en buite die meer konvensionele galery-konteks ten toon te stel, het hy soos volg reageer: “What interests me in working anonymously is that people encounter it without knowing its art. They know its not advertising, and its not graffiti either and they do not need an art history knowledge to read it. I’m super-interested in the ordinary person at the bus stop getting on the bus to their job everyday and suddenly seeing this weird text. I’m interested in reaching those people. They are my primary audience.”
Mmm, inderdaad ‘n interessante perspektief. Gaan lees gerus die volledige onderhoud. Hier kan skakels gevind word na Montgomery se kunswerke.
***
Vanoggend is daar sommer heelwat nuwe leesstof vir die naweek. Andries Bezuidenhout wys interessante kleur-ekspiemente waarmee hy besig is, terwyl Jelleke Wierenga ons vertel van haar onlangse besoek aan Nieu-Bethesda en haar indrukke van dié tydlose dorpie. Pieter Odendaal stel ons aan ‘n uiters opwindende digter bekend en in Wisselkaarten stel Edwin Fagel ons weer op sy kenmerkende kreatiewe manier bekend aan ‘n besonderse bloemlesing met gedigte van Herman Gorter.
En so met die deurlees van dié bydraes vanoggend kan ek nie anders as om opnuut en weereens en nogmaals onder die indruk te kom van hoe ongelooflik bevoorreg ons is met die span bloggers wat aan hierdie webblad meewerk nie … En dit alles net vir jóú leesplesier. Ai, ai.
Geniet die naweek wat op hande is. Nuuswekker hervat weer Maandag.
Mooi bly.
LE