Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 January 201119 January 2011

Gedichtendag-vieringe later vandeesmaand

Gedichtendag
Gedichtendag

Op 27 Januarie vier Nederland en Vlaandere hul twaalfde Gedichtendag en in die aanloop hiertoe het Bart FM Droog ‘n oorskouende artikel van die afgelope twaalf jaar en die impak wat dié inisiatief op die digkunste van die Lae Lande gehad het, vir De Contrabas geskryf. “De invoering van de Gedichtendag was zonder twijfel het belangrijkste wat er tot nu toe in de Zeverlandse dichtwereld van de eenentwintigste eeuw geschiedde: Gedichtendag veroorzaakte een boost aan dichtinitiatieven en -festivals, waardoor zowel het bereik als de ontvangst van vooral de de Zeverlandse en Friese poëzie explodeerden – in positieve zin,” skryf Droog.

Van die inisiatiewe wat hierdeur geïnisieer is, is natuurlik die aanstelling van die eerste Dichter des Vaderlands in 1999. Dié aanstelling het daartoe aanleiding gegee dat bykans elke stad en dorp in die Lae Lande amptelike poste tot stand gebring het vir ‘n swetterjoel “huis-, stads-, keuken en tuindichters.” Nie net het dít ‘n vaste inkomste aan die ampsdraers verskaf nie, maar dit het ook volgehoue belangstelling in en ontwikkeling van die betrokke digkunste: “Natuurlijk kun je bij al deze ontwikkelingen vraagtekens zetten, of sterker nog, je kan er op tegen zijn. Wat alleen maar positief te noemen is. Want waren door Gedichtendag al deze ontwikkelingen niet in gang gezet, dan was er niets om op tegen te zijn en was het poëzielandschap anno 2011 een dorre en zwijgzame woestenij.”

Inderdaad. Verdermeer word dié dag geassosieer met ‘n amptelike publikasie van ‘n “gedichtendag”-bundel deur ‘n benoemde digter. (Die bundel word teen ‘n erg verminderde prys – weinig meer as die prys vir ‘n brood – landwyd beskikbaar gestel.) Ook is daar lesings, paneelbesprekings, feestelke optredes en jubilante feeswerke.

Al wat nog ontbreek, myns insiens, is ‘n skoonheidskompetisie ten einde ‘n Mej. Gedichtendag te kan kroon. Maar nouja, ‘n boeresport is dié geleentheid beslis nie. Of wat praat ek nou?! En ai, wat sou die moontlikheid wees om met ‘n soortgelyke inisiatief in Suid-Afrika te begin? GRA-dag op 14 Augustus is immers ‘n ideale en voor die hand liggende dag vir só ‘n viering.

Ten slotte fokus ek graag jou aandag op twee relevante artikels op dié webblad: Marie-Alice Boshoff se vertelling van haar uitsonderlike bydrae tot die Gedichtendag-vieringe by die Poëziecentrum in Gent, en die onderhoud wat met Antjie Krog gevoer was nadat sy as verlede jaar se Gedichtendag-digter benoem was.

***

Sedert gister het daar net een nuwe bydrae bygekom en dit is Desmond Painter wat ‘n bietjie gal braak oor die administratiewe nagmerrie van Aprilmaand met al sy openbare vakansiedae. En dan vind hy onverwags troos in ‘n gedig van die Hongaarse digter Georgi Petri.

Geniet dit.

LE

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)
  • Resensie: Vlindervreter ( Melanie Grobler en Christiaan Diedericks)

Nuutste bydraes

  • 100 Duitse Bestes: Jakob van Hoddis (1887-1942)
  • 100 Duitse Bestes: Georg Heym (1887-1912)
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Agterstevoorom
  • Joan Hambidge. Bertolt Brecht in Afrikaans

Nuutste kommentaar

  1. Bernardus Johannes Odendaal on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)15 July 2025

    Gerard, die vertaling van die gedigte was 'n herkennismaking soos min.

  2. Gerard Scharn on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)13 July 2025

    Geweldig dichter, Benn. Toen ik hem leerde kennen werd ik door het lezen van zijn gedichten zelf ook dichter.

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)11 July 2025

    Hierdie vertalers gee vir ons een van die beste projekte nog op hierdie webblad. Ek lees tans Brecht sing Afrikaans…

  4. Jannie Pretorius on Joan Hambidge. Hierdie lewe11 July 2025

    Mooi!

  5. Eugene Vorster on RIV Christiaan Diedericks7 July 2025

    “Live your Truth” vir Chris skielik is dit stil/ byna subliem/ (jy sal verstaan)/ net nou en dan ‘n nat…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d