Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
25 January 201125 January 2011

Boekhandel De Zondvloed wen besonderse prys

De Zondvloed
De Zondvloed

Nou ja, kyk. Vanoggend kan ek dit nie verhelp om ‘n Nuuswekker te pleeg oor iets wat vir my persoonlik na aan die hart lê nie. Enkele dae gelede het Nuuswekker berig oor die Vlaamse Auteursvereniging (VAV) en hul werksaamhede; aan die einde van dié betrokke Nuuswekker het ek nog so ewe my bewondering uitgespreek ten opsigte van sodanige organisasie wat presies doen wat dit veronderstel is om te doen en dit dasan boonop op so ‘n uitsonderlike manier vermag.

En nou verneem ek via ‘n berig by De Contrabas dat die VAV selfs nog verder gegaan het deur ‘n prys in te stel vir die mees skrywersvriendelike boekhandel: “Schrijvers hebben boekhandels nodig en boekhandels hebben schrijvers nodig. Daarom besloot de Vlaamse Auteursvereniging een prijs uit te reiken aan de meest auteursvriendelijke boekhandel. De VAV wil hiermee een traditie opzetten en de schijnwerper richten op plekken die een voorbeeld zijn.”

Bravo! En nogmaals: Bravo!

Volgens die aankondiging op die VAV se webtuiste is die toekenning aan Boekhandel De Zondvloed in Mechelin gemaak. “De VAV bekroont Boekhandel De Zondvloed uit Mechelen vanwege het uitgebreide auteurslezingen- en boekpresentatie= programma dat er aangeboden wordt, de winkel is o.a. daardoor een ontmoetings- en inspiratiecentrum geworden voor schrijvers van overal. De VAV looft de zaak die zich nog durft te profileren met Nederlandstalige literatuur en met een indrukwekkend aanbod van poëzie; De Zondvloed is een zeldzame plek waar nog honderden bundels van individuele dichters te vinden zijn.”

Mmm, onwillekeurig laat dit ‘n mens wonder of daar darem iewers in ons eie ou landjie ‘n soortgelyke boekwinkel met vergelykbare inisiatiewe bestaan? En, indien wel, watter instansie(s) sodanige aktiwiteite sou wou beloon met ‘n ou prysie of twee?

Nietemin, om op ‘n ligter noot af te sluit: Ek het gaan kyk na Boekhandel De Zondvloed se webblad en tussen hul gelyste aktiwiteite op die volgende juweeltjie afgekom. Op Maandag, 14 Februarie, kan jy naamlik om 20:00 gaan luister na ene Jan Geernick wanneer hy gaan praat oor ‘De geschiedenis van de erotiek. Van holbewoner tot de Sade‘. Tot my spyt moet ek erken dat dit nou een praatjie is wat waarskynlik nie veel aftrek sou kry in Skellembosch nie. Eweneens sal ‘n boekwinkel met die naam ‘De Zondvloed’ nou nie juis veel aftrek kry hier in ons geweste nie. Of wat praat ek nou?!

***

Vanoggend is daar twee nuwe bydraes by Wisselkaarten. Luuk Gruwez skryf oor Ester Jansma se nuutste bundel, Eerst, terwyl Chris Coolsma aan die hand van ‘n hele paar treffende gedigte besin oor die kwessie van liefde. Aan die blogkant van sake het Andries Bezuidenhout ‘n Afrikaanse vertaling van ‘n Margaret Atwood gedig geplaas.

Geniet hierdie dingesdag.

Mooi bly.

LE

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)

Nuutste bydraes

  • Onderhoud met Marthé McLoud oor “Ontbloot”
  • 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (II)
  • Joan Hambidge. Oosterse digkuns  Deel I
  • Digtersprofiel: Dietloff van der Berg
  • Resensie: “Ontbloot” (Marthé McLoud)

Nuutste kommentaar

  1. Ilse on 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (I)9 June 2025

    Dankie vir die lieflike vertalings!

  2. Heleen Louw on Jacobus Swart. Franz Kafka4 June 2025

    Treffend uitgebeeld. Jou vermoe om die essensie van 'n lewe' te omskryf is iets besonders vir my. En dan jou…

  3. Caren Kearley on Resensie: “Dawerende stiltes” (Caren Kearley)4 June 2025

    Dankie Maria, jy is welkom om my te kontak as jy een wil bestel. carenkearley@gmail.com. Ek is Ninni ewig dankbaar…

  4. Joan Hambidge on Ilse van Staden. Deursigtige oggend3 June 2025

    Beeldskoon hoe hierdie gedig vloei.

  5. Charl-Pierre Naude on Charl-Pierre Naudé. Mymering28 May 2025

    Hierdie is 'n interessante kommentaar deur jou, Hans. Dankie. Ek kou nog daaraan ... Ek moet nog jou opstel waarna…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d