Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
31 January 201131 January 2011

Jo Shapcott se segetog duur voort

Jo Shapcott
Jo Shapcott

In die woonkamer van die Britse digkuns is Jo Shapcott omtrent besig om die stoele om te gooi. Onlangs nog het Nuuswekker berig oor haar bundel, Of Mutability, wat met vanjaar se Costa Poetry Award bekroon is. Voortspruitend hieruit het die organiseerders van die Costa Awards aangekondig dat haar bundel ook aangewys is as wenner van die kroonprys, naamlik die Costa Book of the Year Award. Dit is maar slegs die 7de keer dat ‘n digbundel met dié prys – wat in 1971 as die Whitbread Prize ingestel is – vereer word; ‘n ietwat verrassende keuse aangesien die groot gunsteling onder letterkundiges en beroepsweddeers Edmund de Waal se familiesage, The Hare With The Amber Eye, was.

Volgens die persverklaring was dit egter ‘n kop-aan-kop-stryd tussen Of Mutability en Maggie O’Farrell se roman, The Hand that First Held Mine gewees. Ek haal aan uit The Guardian se berig oor dié aankondiging: “According to the chair of judges, broadcaster Andrew Neil, ‘a clear majority’ of the jurors had voted for Of Mutability, praising it as ‘very special and unusual and uplifting’. They felt that the book was ‘so accessible, and the subject matter was so relevant that if any poetry book could capture the spirit of life in 2011, this would be it’. Neil said that his colleagues – who included poet Ruth Padel, actor David Morrissey and broadcaster Natasha Kaplinsky – had in the end been divided between Of Mutability and Maggie O’Farrell’s novel, The Hand that First Held Mine. There was, he said ‘a lot of anguish’ about choosing the eventual winner.”

Shapcott se totale prysgeld beloop nou £35,000. (£5,000 vir die Poetry Award en £30,000 vir die Best Book of the Year). Vantevore was sy ook bekroon met die Forward Poetry Prize en die Commonwealth Poetry Prize vir haar debuutbundel, Electroplating the baby, wat in 1988 verskyn het. Sy het ook al tweemaal die National Poetry Competition gewen. 

Nog ‘n interessante feit is dat dit die tweede jaar agtereenvolgens wat ‘n digbundel die ‘Best Book of the Year Award’ verower. Verlede jaar was dit Christopher Reid se digbundel A Scattering wat wat op dié manier vereer was. Ted Hughes en Seamus Heaney is eweneens vorige wenners van dié gesogte prys.

***

Gedurende die naweek het daar sommer heelwat inhoud bygekom. Van Daniel Hugo het ons sy lesing oor die vertalingsprobleme van Kaaps ontvang. Dan is daar ook ‘n onderhoud geplaas wat met Andries Samuel gevoer was oor sy pasverskene debuutbundel, wanpraktyk. Aan die blogkant van sake is daar by Wisselkaarten ‘n nuwe bydrae deur Vrouwkje Tuinman oor die musikale verwerking van een van haar gedigte, terwyl Pieter Odendaal weer ‘n indringende stuk oor die metafoor as katalisator van visionêre versinsel lewer.

Lekker lees en laat hierdie week punte tel.

Mooi bly.

LE 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Jo Shapcott wen Costaprys vir poësie
Marcelle Olivier. So stil soos die graf: Die Poetry Society, die vreemde bedankings, en die rooi kruiwa vol name →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk
  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert

Nuutste kommentaar

  1. Stephan du Toit on Stephan du Toit. Geboorteland13 January 2026

    Baie dankie Marthé.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  3. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  4. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d