Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 February 20119 February 2011

Afrikaanse digkuns pronk in die buiteland

Poëziecentrum
Poëziecentrum

Die Poëziecentrum in Gent is ‘n droom. Nie net vanweë die imposante gebou op Vrijdagmarktplein waarin dit gehuisves is nie, maar ook omrede dit as uiters dinamiese sentrum soveel aktiwiteite en dienste bied, dat dit enige poësieliefhebber se hartklop tot in die ekstreme versnel. En steeds is dit nie die enigste rede nie. Die feit is dat die grootste versameling van Afrikaanse digkuns buite ons landsgrense hier aangetref kan word.

Luidens hul mees onlangse Nuusbrief, die volgende: “Het Poëziecentrum bezit de grootste collectie Zuid-Afrikaanse poëzie in de Nederlanden. De kern van deze collectie bestaat uit de nalatenschap van de Zuid-Afrikaanse dichter en academicus Ernst van Heerden, die op initiatief van een aantal Zuid-Afrikaanse academici en Vlaamse geïnteresseerden in de collectie van het Poëziecentrum kon worden opgenomen. Door de financiële ondersteuning van de PUK-Kanselierstrust van de Noordwes-Universiteit (RSA) en de bereidwillige ondersteuning van o.a. Wannie Carstens, Louis Esterhuizen, Protea-Uitgewers en NB-Uitgewers, kan de collectie verder uitgebouwd worden met regelmatige zendingen. De Collectie Ernst van Heerden omvat meer dan 1000 boeken, cd’s en naslagwerken”

Hierdie is inderdaad een van die opwindenste en mees bevredigende inisiatiewe waaraan ek nóg die voorreg gehad het om mee te werk; al is my taak as bestuurder van ‘n bepaalde boekwinkel op Stellenbosch gewoon om hul poësieversameling gereeld aan te vul en op datum te hou.

Collectie Ernst van Heerden
Collectie Ernst van Heerden

Tog kan ‘n mens dit nie verhelp om van vreugde te gloei wanneer jy foto, wat tans op die hoofblad van die Poëziecentrum se webtuiste pronk, sien nie. Dit is ‘n foto wat Stefaan Goossens geneem het van die spesiale uitstalling wat hulle met die nuutste bundels wat hulle ontvang het, gehad het. Van bo, links na regs, kan die volgende bundels herken word: Ligloop (Tom Gouws), Tydelose gety (Lina Spies), Oewerbestaan (Melt Myburgh), Notas uit die empire (Hans Pienaar), Aan ‘t stap (Len S. Louw), Diorama (Johann Lodewyk Marais), Versindaba 2010, Die mooiste Afrikaans liefdesgedigte (saamgestel deur Fanie Olivier), Uit die wit lig van my land gesny (T.T. Cloete), Toevallige tekens (Martjie Bosman), Nadoodse ondersoek (Martina Klopper) en Twintig verse in vertaling (Koos Oosthuysen).
Ai, wat ‘n lekkerte!

***

Sedert gister het Philip de Vos ‘n nuwe bydrae gelewer. En dié een handel oor hoe om op ‘n mooi manier (en met humor) wraak te neem. Thomas Möhlmann is ‘n gerekende digter in eie reg, maar in sy posisie as redakteur van die poësietydskrif Awater is hy eweneens ‘n belangrike rolspeler in die Nederlandse digkuns. Daarom is sy resensie van Ronelda Kamfer se digbundel, Nu dat slapende honden, wat onlangs in die Nederlandse vertaling deur Alfred Schaffer by Podium verskyn het, ‘n beduidende bydrae tot Wisselkaarten. Dié resensie het in die nuutste uitgawe van Awater verskyn.

Pure leesplesier.

Mooi bly.

LE

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Essaybundel takel grense af …

1e kommentaar op “Afrikaanse digkuns pronk in die buiteland”

  1. Stefaan Goossens - Poeziecentrum says:
    10 February 2011 at 10:04

    Beste Louis,
    Baie dankie vir die mooi stuk. Ons is baie trots dat ons die Ernst van HeerdenKolleksie in ons centrum kan herberg. Dit is ‘n mooi voorbeeld van die samenwerking tussen Vlaanderen en Zuid-Afrika en ons hoop dat dit nog lang kan voortgeset word.
    Almal in Zuid-Afrika is ook welkom om via mail vrae te stel oor die kolleksie of oor Nederlandstalige poëzie. Julle kan my koördinate vind op ons webstek.
    Nog veel sukses met Versindaba

    Vriendelike groet,
    Stefaan Goossens,
    Poëziecentrum

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)
  • Resensie: Vlindervreter ( Melanie Grobler en Christiaan Diedericks)

Nuutste bydraes

  • Eendagsvlieg en ander vlietente gedagtes (Rosa Keet)
  • Joan Hambidge. Hierdie lewe
  • 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (II)
  • Jakes Moller. Peter Place straat, Bryanston
  • “Stil gesprek” (Jan Pretorius) nou in Duits beskikbaar

Nuutste kommentaar

  1. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)11 July 2025

    Hierdie vertalers gee vir ons een van die beste projekte nog op hierdie webblad. Ek lees tans Brecht sing Afrikaans…

  2. Jannie Pretorius on Joan Hambidge. Hierdie lewe11 July 2025

    Mooi!

  3. Eugene Vorster on RIV Christiaan Diedericks7 July 2025

    “Live your Truth” vir Chris skielik is dit stil/ byna subliem/ (jy sal verstaan)/ net nou en dan ‘n nat…

  4. Charl-Pierre Naude on Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)7 July 2025

    Hierdie is 'n teleurstellende en ongeinspireerde resensie deur 'n resensent van wie mens veel meer verwag. Dit lyk meer na…

  5. Bernardus Johannes Odendaal on Ingeborg Bachmann – vertaling in Afrikaans5 July 2025

    Ek stem met Daniel saam!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d