Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
11 February 201111 February 2011

Poetry International Web fokus op Christine D’haen

Christine D'haen
Christine D'haen

Met die nuutste uitgawe van Poetry International Web word daar gefokus op die Vlaamse digter, Christine D’haen, wat in 2009 oorlede is. Hierdie erkenning is inderdaad welverdiend aangesien D’haen ‘n besonder begaafde digter was wat op haar kenmerkende stil manier ‘n beduidende bydrae tot die Vlaamse digkuns gelewer het. Volgens Patrick Peeters se oorsigartikel, die volgende: “Christine D’haen was undoubtedly the most important female poet of post-war Flemish and Dutch poetry. Her poetical work is unique in its voice, remarkable in its wide spectrum and incomparably rich in its content and form. As the first woman in the list of illustrious predecessors to that date, she was awarded in 1992 the highest literary prize possible to obtain in the Dutch-speaking area, the three-yearly Prize for Dutch Literature.”

Soos dit die geval is met Cas Vos hier ter lande, was D’haen veral bekend vir die wyse waarop sy klassieke tekste binne eietydse konteks kon herkonstrueer. Haar debuut in 1943, die lang narratiewe vers “Abélard and Héloïse”, staan steeds as ‘n indrukwekkende voorbeeld hiervan. “Her early poems at first sight looked like pre-war neo-classical poetry, with their refined ideas about form and their common theme of conflict between a sensual eroticism and an intellectual desire for spiritualisation.”

Dit is egter Peeters se opmerkings ten opsigte van tyd as tema in D’haen se werk, wat my oog gevang het: “From the beginning, time has been the central theme of her poetry. Christine D’haen has always been fully aware of the short time people were given during their life span. With her poems she sought to erect little monuments of perfection that could withstand time. About her favoured form, the elegy, she once said in an interview: “Every elegy is a sort of eternalisation.” At the same time, she was convinced that nearly all her poems were in fact imperfect, and therefore could be affected by time.”

As huldeblyk aan hierdie besonderse digterskap, plaas ek haar gedig “Dodecaëder Twaalf Douzains, I”  onder aan vanoggend se Nuuswekker. (Terloops, op die webblad by Poetry International Web is daar nog etlike ander gedigte wat gelees kan word.) En – indien dit jou interesseer – kan jy ook Yves T’Sjoen se essay oor D’haen se gebruik van peritekste lees. Om ook nie van Zandra Bezuidenhout se vertelling van haar ontmoeting met Christine D’haen te vergeet nie …

***

Sedert gister het twee bydraes bygekom. In die Buiteblik het Marie-Alice Boshoff ‘n stuk geplaas oor Alice Nahon, ‘n relatief onbekende Vlaamse digter, terwyl Andries Bezuidenhout weer oor landskappe skryf in sy stuk oor die paradys deur motorvensters.

En daarmee is die naweek op hande. Nuuswekker hervat weer Maandag.

Mooi bly.

LE

 

Dodecaëder. Twaalf douzains, I

 

Als Tijd was, zaten, praatten wij, zolang tijd was:
over de dood. Tijd had alles, maakt tijd, aan tijd
bestaat steeds meer. Je bent een baby’tje, nu schreit
je stemmetje natuurlijk nog, je bent er pas.
Elk ogenblik word ik in zijn, wist ik, altijd
wist ik mijn wortel daar, hier nu moet uitgerukt,
uit aardes voet: het oog en brein, nog zo verrukt
blijven; wat was blijft, zijn wij ‘t niet geweeste kwijt?
Als Tijd was, zaten wij, zo vol geluk, en praatten
over ‘t gedicht: dat daar de tijd, door ons geteld
stolt, fonkelt, van al ‘t niet geweeste zwelt,
dus zitten wij daar samen nu zoals wij zaten.

Zurbarán
Hiëronymus met Paula en Eustochium
Washington

 

© Christine D’haen (Uit: Miriors. Gedichten vanaf 1946, 2002: Querido Uitgevers)

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Yves T’Sjoen. Lees maar, er staat meer dan de tekst (6) Christine D’haen
Christine D’haen se beker van Djamsjied →

1e kommentaar op “Poetry International Web fokus op Christine D’haen”

  1. Zandra Bezuidenhout says:
    11 February 2011 at 08:23

    Christine D’haen se werk is verlede jaar op Litnet Akademies bespreek – vir diegene wat ‘n artikel in Afrikaans wil lees en graag met haar poësie wil kennis maak.
    Gaan kyk by: http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=82315&cat_id=1905
    Zandra

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Joan Hambidge. The upturn palm
  • Albi Prinsloo. Verlossing
  • Retha van Deventer. ekwilibrium
  • Hennie Maartens. Water

Nuutste bydraes

  • Elmarie Nienaber Van Kampen. trapklip no 12
  • Nuwe bundel van Miel Vanstreels
  • Marthé McLoud. 31 Desember 1997
  • AVBOB Persverklaring
  • Digtersprofiel: Daniel Hugo

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  2. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  3. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  4. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

  5. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.3 December 2025

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d