Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 February 201115 February 2011

Woknakwyf! Waansin en die digter

Deur die donker deur
In die donker deur

Met ‘n vorige Nuuswekker het ek daarop gewys dat navorsing bewys het dat daar ‘n besonderse affiniteit bestaan tussen depressie en die kreatiewe persoonlikheid. Nou blyk dit volgens ‘n berig op BBC se webtuiste dat dit selfs verder strek as die sydelingse skeelkyk van die vorige berig. Navorsers by die Karolinska Institutet in Swede het naamlik bevind dat daar ‘n besliste ooreenkoms bestaan tussen die breinfunksies van ‘n gesonde, hoogs kreatiewe persoon en dié van ‘n skisofreen. In nog ‘n verslag het die Stanford University School of Medicine die hoë verwantskap tussen kreatiewe persoonlikhede en bipolêre depressie bekend gemaak.

Volgens die BBC se beriggewer dui dié studies daarop dat die waarskynlikheid dat ‘n digter in ‘n gestig gaan beland, twintig maal hoër is as wat dit die geval is met ‘n gewone persoon: “Depression, madness and insanity are themes which have run throughout the history of poetry. The incidence of mood disorders, suicide and institutionalisation was 20 times higher among major British and Irish poets between 1600 and 1800 according to a study by psychologist Kay Redfield Jamison. In other words, poets are 20 times more likely to end up in an asylum than the general population.”

Hieroor het die digter, Laura Dockrill, soos volg reageer: “I think you’ve always got to be interested in a slightly different aspect of the universe to even want to pick up a pen and analyse the world through poetry. […] Part of poetry is making words do more work that they usually should do and so you’re looking for every angle of what a word might mean and so your brain starts working like as well – over-analysing everything and zooming in to minute detail.”

“A lot of creativity comes from a conflict somewhere in your mind,” het die digter Luke Wright in sy reaksie gesê. “I don’t think you have to be ‘mad’ to be a poet but if your mind is alive, then it can produce both positive and negative responses. It can mean wonderful things but it can mean that fitting into ‘normal’ life is difficult.”

Nou ja, toe. Vir jou leesplesier plaas ek Peter Blum se bekende gedig “Man wat mal word” onder aan vanoggend se Nuuswekker. Onthou ook om Ilze Gertenbach se artikel oor die terapeutiese waarde van skeppende skryfwerk te lees indien jy dit gemis het. En lees ook sommer (weer) Jan Deloof se wonderlike bydrae oor sy korrespondensie met Peter Blum.

***

Sedert gister het Chris Coolsma ‘n bydrae geplaas oor ‘n tragiese verlies en die besonderse gedig waartoe dit aanleiding gegee het. En dan vertel Lize Viljoen weer in haar nuwe stuk van haar wegkomskans vanuit Suid-Korea na Kambodië.

En daarmee eers weer groet. Hierdie is heuglike tye …

Mooi bly.

LE

 

Man wat mal word

Onbepeilboor die dag, maar die bewoespyn dààr
dat al-lis beslote is en slags ék oop
vir enige skerf nael, skermloos teen die oog
wat drin die werwel noulet, fynynig vaam

tort in die klier. War-om? Alluin ‘n kwik haat
het hierdie verstrooide pynpuin in kontrole
nog somgehou. Waarvuur? Maar tussen gus knook
en wrig het die endtwoord in duisdelike taal

eindelig hoopgebron: Wie só uitgedeel
aan die al is, het die al in hom begryp –
en dit ís liefde: kán dus in die greep

van één drong woord kraal wat alle enkelheid
ophef, mág met kloktong die warreld vry, móét preek
wat voldoen om juble te vrymaak: WOKNAKWYF!

(c) Peter Blum (1925 – 1990)

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot
  • Krige Visser. die wedstryd op Marchand

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d