Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 March 201117 March 2011

Feitelike akkuraatheid in ‘n gedig

Karnivoor
Digterlike vryheid?

Hoe belangrik is die feitelike korrektheid van ‘n gedig? Volgens ‘n berig by The Observer word dié kwessie nou druk bepraat in die Amerikaanse media na aanleiding van ‘n gedig deur Michael Robbins, “Lust for life“, wat verlede jaar in The New Yorker verskyn het. In Robbins se vers word daar (met opset) nie juis aandag geskenk aan feitelike akkuraatheid nie. So word olifante as kannibale beskryf en John Milton uitgebeeld as iemand wat uit ‘n verjaarsdagkoek spring … Maar die reëls wat die meeste bepraat word, is die reëls waarin hy op ietwat beledigende manier na die “idiotiese” Swede verwys wat volgens hom die yskas uitgevind het.

En midde in die storm is natuurlik die trotse The New Yorker wat dié gewraakte vers geplaas het; ‘n publikasie wie se toenmalige redakteur, Peter de Vries, reeds in 1948 ‘n gedig van Richard Wilbur afgekeur het met die volgende stellinginname: “This magazine is notoriously fastidious about points of fact. And we feel the same way about poetry, rightly or wrongly.”

Michael Robbins
Michael Robbins

Op navraag deur The Observer se beriggewer het Robbins die volgende oor The New Yorker te sê gehad: “The fact-checkers are very diligent. They don’t make a distinction between the poetic and the actual. They don’t allow for, at least in theory, the dimension of fictionality that a poem can cultivate. When your verse arrives at 4 Times Square, in other words, your poetic license is revoked.” Gelukkig genoeg – vir hom – het hy in die persoon van Paul Muldoon, poësieredakteur by The New Yorker, ‘n simpatieke leser gevind wat publikasie aanbeveel het. “The reason we left that one is because the whole quality is absurdist,” het Peter Canby, hoof van  The New Yorker‘s se ‘fact-checking department’ gesê. “There’s a suggestion that the narrator is a meth user with scattered thoughts, which is one reason why a narrator would get a fact wrong. The thing we do with poems and fiction is, we try to hold up a mirror of what we think is this journalistic, factual world to the work. We make the connections between the two worlds deliberate rather than accidental. We don’t force the factual world onto the aesthetic construction of fiction, but we make the connections deliberate and intentional.”

Laat my dink aan ‘n eie ervaring toe ek ‘n gedig geskryf het oor ‘n legende wat beweer dat die hart van ‘n vis soos fosfor in die donker gloei indien jy daarmee oor ‘n rotswand sou skryf. (“Vishart” in Sloper, 2007: Protea Boekhuis.) Vriendelik dog ferm het my uitgewer my daarop gewys dat hy ook kennis dra van dié legende, maar dat dit die lewer van die vis is wat gloei en nié die hart nie. Ek het egter geweier om dié feitelike regstelling te maak aangesien dit myns insiens ondenkbaar is dat jy met die lewer van ‘n vis liefdesverklarings aan jou geliefde teen rotswande sal skryf. Gelukkig het hy toegegee en so is dié feitelike vergryp die literêre kanon in …

Nietemin, vir jou leesplesier volg Michael Robbins se veelbesproke vers hieronder.

***

Sedert gister het daar geen nuwe bydraes verskyn nie. Gebruik dus die tyd om in te haal op agtergeblewe stukke. Hier kan ek beslis Hennie Aucamp se essay oor Hubert du Plessis se verskuns herhaal, en ook Frances Lubbe se stuk oor straatkuns in Londen.

Geniet dit.

Mooi bly.

LE

 

Lust for Life

 

The elephants ate each other then they dreamed

of eating elephants till their captors came

to feed them. Then they died. My meth lab

tends to explode. I move to a new one

like a hermit crab. I give the gift of gab.

 

The truth gets me hard. Song selection

is key. The idiot Swedes do a number on me.

They invent refrigeration and sleep in shifts.

I’m tired of being compared to Britney Spears.

She’s so pretty. I’m covered in petroglyphs.

 

That sorcerer bewitched my penis!

I’m speed and space, an Aztec princess.

The truth makes me hurl, the truth’s a mistake.

John Milton jumps out of my birthday cake.

 

The psyched Mohican oils the beaver.

Fruit Stripe gum soon loses flavor.

Everything’s flammable. Everything’s flash.

Postmen like doctors and doctors like cash.

 

© Michael Robbins

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

4e gedagtes oor “Feitelike akkuraatheid in ‘n gedig”

  1. Leon Retief says:
    18 March 2011 at 15:54

    Verrassing? Ek kan nie wag nie!

    Reply
  2. Louis says:
    18 March 2011 at 07:01

    Inderdaad, Leon, inderdaad. Dis waarskynlik die rede waarom hy daardie verwysing vir die slotreël gebêre het …
    Terloops, jou verrassing is eergister gepos, hoor.

    Reply
  3. Leon Retief says:
    17 March 2011 at 13:08

    Louis, nie alles in hierdie gedig is fiksie nie hoor. “doctors like cash” is feitelik korrek 🙂

    Reply
  4. maria says:
    17 March 2011 at 11:44

    Sjoe, ‘n nuuswekker wat mens sommer weer lus vir die lewe maak – al die absurditeite oor feite – te heerlik!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Joan Hambidge. The upturn palm
  • Albi Prinsloo. Verlossing
  • Retha van Deventer. ekwilibrium
  • Hennie Maartens. Water

Nuutste bydraes

  • Elmarie Nienaber Van Kampen. trapklip no 12
  • Nuwe bundel van Miel Vanstreels
  • Marthé McLoud. 31 Desember 1997
  • AVBOB Persverklaring
  • Digtersprofiel: Daniel Hugo

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  2. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  3. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  4. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

  5. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.3 December 2025

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d