
Vanweë ‘n mens se belangstelling in die breë verhoog van die digkuns, sal ‘n beskouing oor die stand van die digkuns in ‘n bepaalde letterkunde seker altyd jou aandag trek. Toegegee, nie alle beskouings is egter ewe goed of gesaghebbend nie, maar pas het die Vlaamse digters, Bart van der Straeten en Tom Van Imschoot, egter in dié verband ‘n besonder insiggewende rubriek op Rekto:Verso gelewer.
In hul rubriek kyk hulle nie net indringend na die dinamiese aard van die Vlaamse digkuns nie, maar werp hulle ook ‘n ondersoekende kyk na die bydraes van die jonger geslag digters en hoe hulle binne die groter geheel van die lettere hul voete vind. En dit is juis dié gedeeltes wat my op nadenke betrap het, want hoe belangrik is dié aspek nie! Ook spesifiek in ons eie digkuns waar ‘n toenemende hoeveelheid jong(er) digters hul toetrede tot die digkuns maak.
So wat kan ons uit hul betoog op ons eie situasie van toepassing maak?
In hoofsaak het Van der Straeten en Van Imschoot dit teen die jonger generasie se voorkeur aan performance en hul al te dikwels nie-kritiese ingesteldheid teenoor dit wat geproduseer word: “Hoewel het veelvuldige, onderlinge uitwisselen en het populaire gebruik om poëzie op een podium te brengen net te maken hebben met het verlangen om van poëzie een gemeenschappelijke zaak te maken, ontbreekt het de gemeenschap van dichters die net komen kijken aan reflectie en stellingname daarover. Ze mist politiek-poëticaal bewustzijn, kortom. Het jonge dichtersgild mag zich dan wel verheugen over de big happy family die het meent te zijn, de vraag rijst of er buiten de familie iemand luistert naar wat er onder die gezellige stolp gebeurt.”
Volgens hulle is die rede vir dié toedrag die volgende: “Daar is een reden voor. Wie vandaag als jongere in Vlaanderen poëzie begint te schrijven en te publiceren, komt terecht in een gemeenschap die in de eerste plaats een sociologisch netwerk is. Ze hangt aan elkaar van vriendschappen en contacten. Die zijn vast en zeker stimulerend, en er mag veel, wat erg prettig is. Niemand legt een ander een strobreed in de weg om te doen wat hij of zij wil doen. Die vrijheid lijkt mee te brengen dat er geen behoefte meer bestaat om na te denken over de positie die men binnen én buiten de niche inneemt. In bepaalde opzichten komt het voor als een bevrijding dat er bij de jonge generatie geen stromingenstrijd gevoerd hoeft te worden.”
Dit, ten spyte daarvan dat daar wél poëtiese diversiteit bestaan; dié verskillende benaderings word kennelik aanvaar, of verdoesel, en selde oor besin óf gedebateer. “Het anything goes, een afgesleten en verkeerd begrepen erfenis van de postmoderne generatie, lijkt deze dichtersbent te ontheffen van de plicht om zichzelf te legitimeren. Zo doemt op de grote familiefeesten het spook van de vrijblijvendheid op.”
Inderdaad, ‘n sterk pleidooi om die poësie uit sy gemaksone te neem en weer krities-ondersoekend na die samelewing te laat kyk: “We hebben dichters nodig die de poëzie kunnen bevrijden uit de subculturele gevangenis waarin ze gestopt wordt, gezellig maar geneutraliseerd. We hebben dichters nodig die (actief) waken over wat de poëzie werkelijk is: een gemeen goed.”
Hierdie is gewis ‘n rubriek wat deur alle poësieliefhebbers gelees behoort te word; veral die reaksies daarop vind ek uiters sinvol en belangwekkend.
Vir jou leesplesier volg daar ‘n toepaslike gedig deur een van ons eie belowende jong digters onder aan hierdie Nuuswekker.
***
Sedert gister het daar heelwat blogs bygekom: Heilna du Plooy het haar eerste blog, in die vorm van ‘n gedig met ‘n kortverhaal daarby, gelewer; Marius Crous skryf oor voorblaaie en Spivak se bestuurslisensie terwyl Marlies Taljard ‘n gesprek wat sy met Cas Vos oor antieke tekste gevoer het, in haar blogruimte geplaas het. Intussen is daar ook nuwe verskamers vir onlangse debutante ingerig. Gaan kyk gerus en lees solank die eerste verse van Andries Samuel en Louis Jansen van Vuuren.
Ten slotte vra ek by voorbaat om verskoning dat ek nie met Maandag se Nuuswekker die gebruiklike aankondiging oor nuwe bydraes sal kan lewer nie. Dit sal ‘n geskeduleerde plasing wees aangesien ek en ons geliefde webmeester hierdie naweek hopelik nie in die omstreke van rekenaars gaan wees nie.
En daarmee is die iewat langer naweek op hande. Geniet hom!
Mooi bly.
LE
Die digter as rockstar
vir Coennie
fok jou, ek pak sportstadions vol
vir my flits paparazzi splitsekonde wit bladsye
ek dra my punctuation as piercings
my woorde trash hotelkamers, fok jou
woofers sidder jambes
en die groupies se sashimi-poesies drup vir my
ek is die digter in ‘n studded leather broek
ek breek my versreëls oor julle koppe soos guitars
lighters swing op my sonette
fok julle almal
gevuisde skares skreeu my koeplette
daar’s stukke wallace stevens op my rug getatoeër
ek is die digter as rockstar
en kyk, nee lees, luister, dammit hóór:
ék is nie ‘n beiteltjie nie
ek is ‘n fokken lugdrukboor
© Loftus Marais (Uit: Staan in die algemeen nader aan vensters, 2008: Tafelberg Uitgewers)