Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
24 March 201123 March 2011

Briewe aan Suid-Afrika ‘n besonderse publikasie

Omslag
Omslag

Tydens verlede jaar se Versindaba het Marlene van Niekerk die US Afrikaans-Nerderlandse departement se jaarlikse kollokwium daarby aangehaak. Die tema vir dié kollokwium was een van die opwindenste konsepte nog: sy het naamlik ‘n aantal digters gevra om aan die hand van Allen Ginsberg se gedig “America” ‘n soortgelyke “brief” tot Suid-Afrika te rig; ‘n uitdaging wat met groot entoesiasme aanvaar en suksesvol uitgevoer was; in dié mate dat Frederik de Jager van Umuzi Uitgewers besluit het om ook anderstalige digters hierby te betrek en dit as ‘n boek uit te gee.

En watter uiters relevante publikasie is Letter to South Africa – Poets calling the state to order nie … Digters wie se werk hierin opgeneem is, is onder andere: Tertius Kapp, Loftus Marais, Danie Marais, Leon de Kock, Bibi Slippers, Willem Anker, Marius Swart, Andries Bezuidenhout, Marlene van Niekerk, Marius Crous, Melt Myburgh, Erns Grundling, Jitsvinger, Gabeba Baderoon, Sindiwe Magona, Allan Kolski Horwitz, Makhosazana Xaba, Malika Ndlovu, Mboneni Ike Muila, Natalia Moelebatsi, Siphiwe Ka Ngwenya en Tumelo Khoza. (Terloops, die digters wat in ander tale as Engels skryf, se gedigte is almal in die oorspronklike taal, met die Engelse vertaling daarnaas, geplaas.)

Maar hoekom is ek so opgewonde oor dié boek? Toegegee, ek – soos waarskynlik vele ander – het my bedenkinge gehad oor die eindproduk, want wanneer die poësie hom op die pad van konfrontasie en ‘aktuele temas’ begeef, het jy só dikwels met mindere verse te make … Daarom was die verskeidenheid in toon en aanslag van hierdie briewe aan Suid-Afrika vir my so verrassend: toon wat wissel in intesiteit van woede tot nostalgie; van uitskel tot humor. En dit is veral laasgenoemde wat my getref het, aangesien humor maar ‘n skaars kommoditeit is in ons digkuns en om dit dan juis híér in oormaat te vind, is erg verblydend.

In navolging van die kollokwium het ons verlede jaar vir enkele weke ‘n blog genaamd “Keelskoonmaak” op die webblad bestuur. Dié bydraes kan nog steeds hier gelees word. Van hulle is dan ook opgeneem in die bloemlesing.

As lusmaker plaas ek ‘n uittreksel uit Bibi Slippers se gedig onder aan vanoggend se Nuuswekker.

Maar gaan koop die boek! Die besonderhede is soos volg: “Letter to South Africa – Poets calling the state to order“, ISBN 9781415201251, Umuzi Uitgewers, 174 ble., R170.)

*** 

Gister is die nuut geformuleerde reglemente van die Ingrid Jonker-prys ontvang en gepubliseer. Kyk asseblief daarna en lewer kommentaar indien jy verdere voorstelle wil maak. Aangesien hierdie die enigste prys deur digters áán digters is, is dit die wens van die komitee om dit so deursigtig en algemeen geldend as moontlik te maak. Terselfdertyd word voorleggings vir vanjaar se Afrikaanse prys ook aangevra. Die sluitingsdatum is 15 Mei 2011.

Ten slotte is daar ‘n nuwe vers deur Joan Hambidge in haar verskamer geplaas. Dit handel oor die onlangse tsoenami wat Japan getref het.

Mooi bly.

LE

 

….. 

Beleef die estetika van armoede!

Ek sal die oneweredige aantreklikheid daarvan mis wanneer

al die armes opgevaar het na die hemelhoë suburbs.

Jy lag kras vir my dagdroom .

Jou strome verswyg die laaste woorde van kinderlyke.

Ek sou in elk geval nie hul taal verstaan nie, sou ek?

Maar die dood skuil tog onder ons almal se tonge.

Ek reken die roadkill is jou skuld.

My geel Golf is gesteel, jy ontken weer alles.

Dis dieselfde ou storie, al saaier as ‘n Sondagbraai.

Jy dink verniet ek is daai tipe meisie: ek eet nie vleis nie.

Wellustige taxi’s snuif om die beurt aan my Tazz se ass,

bronstige bulle, en kwaai is hulle.

Daar breek die son nou met kinderbybel-strale agter

die grys wolke deur – ‘n silwer randjie, I kid you not.

Suid-Afrika, kan jy meer pateties wees?

My vriend Fred het al iemand op hierdie highway doodgery.

Daar was baie bloed op die vooruit en ‘n bietjie op sy rekenaar

wat langs hom op die sitplek was.

Suid-Afrika, what would Jesus do?

Swaai mens uit of ontmoet jy jou slagoffers sonder skroom?

Alles is ongeluk.

Goeie môre Suid-Afrika, ons moet opstaan en aangaan.

Lig jou gat, ek is klaar met jou stories oor inwendige bloeding.

Ek volg jou voorbeeld, volg jy nou myne.

Suid-Afrika, ek sit my spanner in die wiel.

 

© Bibi Slippers (Uit: “Suid-Afrika“, opgeneem in Letter to South Africa, 2011: Umuzi Uitgewers)  

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

1e kommentaar op “Briewe aan Suid-Afrika ‘n besonderse publikasie”

  1. Frederik de Jager says:
    24 March 2011 at 08:35

    Dankie aan al die digters wat so entoesiasties meegedoen het, en aan Marlene van Niekerk by wie die hele idee gebore is.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert
  • AVBOB Persverklaring

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  2. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  3. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Oratio obliqua8 January 2026

    Maar dan gaan Claes laer op die dieselfde bladsy (deur my vertaald) soos volg voort: "Elke mens deel met sy…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d