Andries Bezuidenhout. Radiohead se nuwe plaat

ʼn Mens kan dit seker nie meer ʼn plaat noem nie. Ook nie ʼn CD nie. Dalk ʼn album. Binnekort is die CD iets van die verlede. Maar ʼn mens wil iets van die musiek kan sien, in jou hande vashou. Nou het Radiohead ʼn koerant laat druk, om saam met die musiek te gaan. ʼn Heel siniese, dalk ironiese ding om te doen, veral omdat koerante op papier seker ook binnekort iets van die verlede gaan wees, danksy tablette wat gawer met die oë is as rekenaarskerms. Gaan luister gerus hier, op die Guardian se werf, na Radiohead se nuwe plaat. Die band is werklik besig om die musiekbedryf te verander. Die Guardian het toe sommer ook musiek gemaak as antwoord op die musikante se koerant. Dalk kan ons digters iets hier leer.

Bookmark and Share

5 Kommentare op “Andries Bezuidenhout. Radiohead se nuwe plaat”

  1. Desmond Painter :

    Alex Ross het ‘n lekker essay oor Radiohead in sy Listen to This. En ek gaan aanhou CD’s, boeke en koerante koop tot mens regtig nie meer kan nie! All that is solid melts into air, ja, maar nie in MY opgaarkamers nie!! Ek was pas in Bangkok, en die eindelose proliferasie van papier, plastiek en uitlaatgasse daar het my hart sommer weer van humanistiese trots laat swel: in daardie stad van eindelose menslike inisiatief en oorlewing is nie plek vir die geveinsde misantropie van postpolitieke lefties nie. Want soos Breyten Breytenbach geskryf het, ‘die mens het gekom om te leef, nie te laat leef nie’…

  2. Andries Bezuidenhout :

    Skotepetoors, Desmond! Lees gerus ook Danie Marais se stuk in Beeld oor Radiohead en PJ Harvey se nuwe plaat (wat ek nog moet hoor): “Harvey se jongste is ’n sterk, vroeë aanspraakmaker op die album van die jaar-titel – ’n rock ’n roll-Goya wat by jou spook. In vergelyking daarmee is die nuwe Radiohead ’n rol stylvolle, aweregse muurpapier.”
    http://www.beeld.com/Vermaak/Nuus/Harvey-se-nuutste-n-waardige-rockalbum-20110322

  3. Andries Bezuidenhout :

    NS. Ek weet nie of ek met daardie muurpapier in my kamer aan die slaap sal kan raak nie.

  4. Danie Marais :

    He-he. Thom Yorke lyk vir my na ‘n ou wat laas in die vroeë 90’s ‘n oog toegemaak het.
    Maar PJ Harvey se jongste is ook nie wiegeliedjies nie. Gaan kyk en luister byvoorbeeld hier:
    http://www.youtube.com/watch?v=zh41ANc_tMc&feature=relmfu

    Goddamn’ Europeans!
    Take me back to beautiful England
    & the grey, damp filthiness of ages, and battered books,
    fog rolling down behind the mountains,
    & on the graveyards, and dead sea-captains.

    Let me walk through the stinking alleys
    to the music of drunken beatings,
    past the Thames River, glistening like gold
    hastily sold for nothing.

    Let me watch night fall on the river,
    the moon rise up and turn to silver,
    the sky move,
    the ocean shimmer,
    the hedge shake,
    the last living rose quiver.

  5. Andries Bezuidenhout :

    Oe, daai Polly Harvey doen dit vir my. Antieke Romeinse bloed in Engelse are (hare).

  •