Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
30 March 201129 March 2011

Kuberrowers gedy in Duitsland

Kuberrowers
Kuberrowers

Volgens ‘n berig op Die Welt se webtuiste ondervind die Duitse boekbedryf tans ernstige probleme met die onwettige aflaai en verspreiding van digitale boeke. Hierdie gegewe is gebaseer op die bevindinge van die Ierse maatskappy Lisheennageeha Consulting wat in opdrag van die Duitse uitgewersbedryf die omvang van hierdie probleem moes ondersoek. (Lisheennageeha Consulting spesialiseer in die opspoor en verwydering van onwettige roofkopieë op die internet.)

De Papieren Man berig dat dit veral internasionale blitsverkopers en ook wetenskaplike publikasies is wat deurloop: “Momenteel circuleren er op torrentsites vooral bekende internationale bestsellers en wetenschappelijke boeken. Ook gekraakte luisterboeken en hoogwaardig ingescande tijdschriften en kranten zijn overal en gratis te vinden, tot grote ergernis van uitgevers en auteurs. Er zouden in Duitsland al miljoenen gebruikers van illegaal gekopieerd materiaal zijn.”

Blykbaar is die situasie só erg dat die gewilde tydskrif Der Spiegel byvoorbeeld binne ‘n halfuur reeds gratis op die internet beskikbaar is na dit aan die intekenare daarvan versend is. Die Welt se berig verwys onder andere ook na bepaalde individue, soos die anonieme 2nicegirl wat op haar (?) eentjie reeds verantwoordelik is vir die onwettige beskikbaarstelling van 1,440 publikasies van die wetenskapsuitgewer Thieme Chemistry.

Nou ja, kyk. Indien ‘n tegnologies-begaafde industrie soos die van Duitsland nie in staat is om die kuberrowers hok te slaan nie, kan ‘n mens maar net liggies sidder om te dink watter gevolge dit vir ons eie boekbedryf gaan inhou teen die tyd dat die hele kwessie van digitalisering en beskikbaarheid van elektroniese boeke hier ‘n algemene (en populêre) verskynsel word.

***

Hoe vreemd is die gelyksoortige inhoud nie wat soms op die webblad tussen verskillende bydraes ontstaan nie. Sedert gister het daar twee blogs bygekom, en altwee handel oor bykans dieselfde inhoud: Andries Bezuidenhout skryf oor Radiohead se nuutste plaat en Eben Venter, by Buiteblik, skryf oor Laurie Anderson se nuutste uitreiking.

En dan het Bernard Odendaal ten slotte sy resensie oor Cas Vos se Duskant die donker / Before it darkens (2011: Protea Boekhuis) gelewer.

Lekker lees en geniet die middel-van-die-week-dag.

Mooi bly.

LE

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)
  • Resensie: Vlindervreter ( Melanie Grobler en Christiaan Diedericks)

Nuutste bydraes

  • 100 Duitse Bestes: Jakob van Hoddis (1887-1942)
  • 100 Duitse Bestes: Georg Heym (1887-1912)
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Agterstevoorom
  • Joan Hambidge. Bertolt Brecht in Afrikaans

Nuutste kommentaar

  1. Bernardus Johannes Odendaal on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)15 July 2025

    Gerard, die vertaling van die gedigte was 'n herkennismaking soos min.

  2. Gerard Scharn on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)13 July 2025

    Geweldig dichter, Benn. Toen ik hem leerde kennen werd ik door het lezen van zijn gedichten zelf ook dichter.

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)11 July 2025

    Hierdie vertalers gee vir ons een van die beste projekte nog op hierdie webblad. Ek lees tans Brecht sing Afrikaans…

  4. Jannie Pretorius on Joan Hambidge. Hierdie lewe11 July 2025

    Mooi!

  5. Eugene Vorster on RIV Christiaan Diedericks7 July 2025

    “Live your Truth” vir Chris skielik is dit stil/ byna subliem/ (jy sal verstaan)/ net nou en dan ‘n nat…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d