Desmond Painter. ‘Oh, what a world we live in…’

Rufus Wainwright

Rufus Wainwright

Ek kan nie ophou om na Rufus Wainwright se ‘Oh, what a world we live in’ te luister nie. Ek speel dit oor en oor in die kar op pad werk toe, huis toe, kafee toe, na vriende toe. Dit is al in 2004 uitgereik, maar ek hoor dit nou eers: waar op aarde was ek?!

Ek is nie ‘n verskriklike groot aanhanger van Wainwright nie (ek het nog nooit een van sy albums gekoop nie), maar met hierdie liedjie het hy my oorrompel. Dit is meesterlike popmusiek: toeganklik genoeg om summier in ‘n mens se kop vas te steek, maar musikaal intelligent. Veral die wyse waarop Wainwright sy liedjie op Ravel se Bolero ‘geënt’ het, is regtig kreatief. Dit sou so maklik pretensieus kon gewees het, maar in hierdie geval bied die toonaard sowel as die herhalende motief van die Bolero die perfekte struktuur waarbinne Wainwright sy storie kan vertel…

En watter storie! Ek is mal oor oënskynlik eenvoudige popmusiek met gesofistikeerde, poëtiese lirieke. Wainwright sing: ‘Men reading fashion magazines / Oh what a world it seems we live in / Straight man / Oh what a world we live in… // Why am I always on a plane or a fast train? / Oh what a world my parents gave me / Always traveling, but not in love… // Still I think I’m doing fine / Wouldn’t it be a lovely headline? / “Life is beautiful” on the New York Times…’

Eenvoudige lirieke, ja, maar emosioneel ryk en veelduidig. En net soos in Ravel se Bolero, waar ‘n skynbaar eenvoudige musikale tema herhalend gespeel word, word die betekenismoontlikhede en emosionele nuanses van Wainwright se lirieke ook deur herhaling ontsluit. Gaan luister gerus hier.

(Ek probeer nog uitvind wie se opname van die Bolero deur Wainwright vir sy liedjie ‘gesample’ is. Of was dit dalk spesiaal vir ‘Oh, what a world we live in’ opgeneem? Daar is natuurlik ‘n magdom klassieke opnames van Ravel se bekendste werk. Self verkies ek my EMI opname van Simon Rattle uit die 1980s.)

Bookmark and Share

5 Kommentare op “Desmond Painter. ‘Oh, what a world we live in…’”

  1. Andries Bezuidenhout :

    Lekker tuba. Desmond, jy ken seker die suster Martha se musiek ook?

  2. Desmond :

    A-ja-a, Andries! Hier is ‘n pragtige live opname van Martha se Factory: http://www.youtube.com/watch?v=yzPHHpi1bUA

    Pragtige lirieke, die — ‘n bietjie Dylan, ‘n bietjie Springsteen:

    These are not my people, I should never have come here
    The chick with a dick and the gift for the gab
    I know a place, I’ve seen the face
    And I’ll take the coast from factory to factory
    Ah

    These night’s that I’ve been on the road
    Through my window the moonlight she shone
    And on my walls the fire she danced
    Playing out my very last chance to run, run, run, run
    Don’t look back, you’re moving too fast
    I know a place, I’ve seen the face
    And I’ll take the high road from factory to factory
    Oh yeah
    Oh yeah
    Ah yeah
    Ah yeah

    There are millions and millions of people around
    On my TV, walking my streets, making sounds
    And I can walk with them I love them I need their love
    There are others I have known as poor souls, sores exposed
    The the run-of-the-mill, the destitute, and the cold
    Sores exposed to the blisters and shards
    Where any kind of kindness is as far as the sun, the sun
    The sun, the sun, run, run, run, run
    I know a place, I’ve seen a face
    And I’ll take the coast from factory to factory
    Oh yeah
    Oh yeah
    Ah yeah
    Ah yeah

    Run, run
    Mmmmmmm, mmmmmmm

    These are not my people, I should never have come here
    I know a place, I’ve seen the face
    Take the coast from factory to factory
    Oh yeah
    Oh yeah
    Ah yeah
    Ah yeah
    Oh yeah
    Oh yeah
    Ah yeah
    Ah yeah…

  3. Andries Bezuidenhout :

    Desmond, dit maak nou my dag, so tussendeur die skryf van studiegidse. Ek hou van hoe sy die kitaar sonder ‘n plektrum aandurf, met ‘n rou klou. ‘n Cover van mede-Kanadees L. Cohen:
    http://www.youtube.com/watch?v=Ry25U2gaQio
    Die Wainwrights sit hoog, hoog in die Tower of Song, in my boek.

  4. Desmond :

    Sy het ‘n fantastiese stem. Sy het onlangs ‘n album met Edith Piaf covers uitgereik, maar ek het dit nog nie gehoor nie.

  5. Beatrice Russo :

    ek is ‘n groot fan van martha se liedjie “mother fucking asshole” – op die regte tyd en plek 🙂

    en die tuba in die nommertjie wat jy bespreek is super… laat my verlang na die goeie ou dae toe ek nog (agter) in die marching band was.

  •