
Saam met die poësiefees in Medellin verteenwoordig Poetry International se jaarlikse fees in Rotterdam sekerlik die Olimpiese Spele van die digkuns. Vanjaar se fees, wat van 14 tot 19 Junie in die Rotterdamse Skouburg gaan plaasvind, beloof inderdaad om aan dié verwagting te voldoen. Volgens hul amptelike webblad is hierdie reeds die 42ste fees en gaan dit 21 digters vanoor die hele wêreld betrek: “Dichters zullen op meerdere momenten en locaties voordrachten geven en bovendien hun bijdrage leveren aan tal van debatten en speciale programma’s variërend van intiem tot groots van opzet. Het festivalthema is Chaos & Orde, een thema dat vooral zal worden uitgediept in een aantal speciale programma’s over poëzie en literatuur, maatschappij en actualiteit.”

Digters wat deel gaan vorm van hierdie besonderse geleentheid, is: Admiel Kosman (Israel, 1957), Yan Jun (China, 1973), Daljit Nagra (Engeland, 1966), Doina Ioanid (Roemenië, 1968), Bachyt Kenzjezev (Kazackstan/Kanada, 1950) en ook die jong, meertalige digteres Ann Cotten (Duitsland/VS,1982). Volgens Poetry International is Cotton ‘n uiters opwindende digter wat “na haar debuut in 2007 met Fremdwörterbuchsonette unaniem uitgeroepen (werd) tot dé belofte van de moderne Duitse poëzie. Haar werk wordt even vaak ‘raadselachtig’, ‘experimenteel’ en ‘hermetisch’ als ‘erudiet’, ‘speels’ en ‘grappig’ genoemd.”
Die Nederlandse digkuns sal deur Armando, wie se werk vroeër vanjaar met die VSB Poëzieprijs bekroon is, verteenwoordig.
Vir jou leesplesier plaas ek ‘n gedig van Ann Cotten onder aan die Nuuswekker. En dan, indien dit jou interesseer, kan jy ook die onderhoud lees wat SJ Fowler vir 3:AM Magazine met haar gevoer het. By wyse van verdere prikkel, haar antwoord op Fowler se vraag oor konkrete poësie: “Concrete poetry, abstract art in general, is really the most lively of things because it uses you, the viewer or the artist, as medium. It doesn’t do stuff and let you watch, it only works if you allow it to muck around in you and in your life. But then, that goes for good poetry as well.”
***
Vanoggend fokus ek graag jou aandag op twee resensies wat gedurende die naweek geplaas is: Heilna du Plooy bespreek Louis Jansen van Vuuren se Tempermes, terwyl Zandra Bezuidenhout weer Andries Samuel se Wanpraktyk onder oë kry. Ook is daar nuwe gedigte deur Marlise Joubert en Daniel Hugo in hul onderskeie verskamers geplaas; in die vertaalkamers is daar eweneens ‘n gedig van Yannis Ritsos wat deur Melanie Grobler vertaal is om te geniet en ‘n nuwe blog deur Leon Retief oor strykinstrumente …
En daarmee is die nuwe week op dreef.
Mooi bly.
LE
I, Coleoptile
Love me, love me, run your fingers
from my head all the way down
to where I stand on the ground.
Ask me, ask where I will go
cascade of ideas and lust
do I have the guts to know
what will lie apart and what is just a blow?
Find me, find me, as your playing
ceases to be all, by chance
upon a racing corner,
comet, glance.
© Ann Cotten (Uit: Fremdwörterbuchsonette)
Dag Louis,
kleine correctie ivm gedicht I, coleoptile – dit komt niet uit Fremdwörterbuchsonette, maar uit de gelijknamige Engelstalige foto-poëziebundel I, Coleoptile. Zie bespreking van mij op deReactor.
http://www.dereactor.org/home/detail/de_mystiek_van_de_snijboon/
hartelijke groet
jan